Alief, Laam, Raa.1 ’n Boek wat Ons aan u geopenbaar het, sodat u die mense deur die gebooie van hul Heer uit die duisternis na die lig kan bring, op die pad van die Almagtige, die Lofwaardige
Hulle wat die teenswoordige lewe bo die Hiernamaals verkies en afdraai van die weg van Allah, en begeer om dit krom voor te stel. Hulle het ver afgedwaal
Ons stuur elkeen van Ons boodskappers in die taal van sy volk, sodat hy vir hulle ’n duidelike vertolking kan gee. Dan laat Allah in dwaling bly wie Hy wil, en Hy lei wie Hy wil. En Hy is die Almagtige, die Allerwyse
En waarlik, Ons het Moses met Ons tekens gestuur, en gesê: Bring u volk uit die duisternis na die lig, en herinner hulle aan die dade van Allah. Daarin is waarlik tekens vir elkeen wat geduldig en dankbaar is
En toe Moses aan sy volk gesê het: Dink aan die guns van Allah, hoe Hy julle gered het van Farao se volk, wat julle met ’n smartlike foltering gekwel het, julle seuns doodgemaak het en julle vroue gespaar het; daarin was ’n swaar beproewing van jul Heer
Het julle nie gehoor van hulle wat vóór julle was nie, van die volk van Noag en Aad en Thamoed ~ en diegene ná hulle? Niemand behalwe Allah ken hulle nie. Boodskappers het met duidelike bewyse na hulle gegaan, maar hulle het hul hande in hul monde gestop en gesê: Ons glo nie in dít waarmee u gestuur is nie, en ons twyfel aan dít waartoe u ons aanspoor
Hulle boodskappers het geantwoord: Bestaan daar twyfel oor Allah, die Skepper van die hemele en die aarde? Hy roep julle sodat Hy julle sonde kan vergewe en aan julle uitstel kan verleen vir ’n vasgestelde tyd. Hulle het gesê: Julle is slegs sterflinge soos ons; julle wil ons verwyderd maak van wat ons vaders aanbid het. Bring vir ons daarom ’n duidelike bewys
Hulle boodskappers het aan hulle gesê: Ons is inderdaad sterflinge soos julle, maar Allah bewys gunste aan wie Hy wil van Sy dienaars. En dit kom ons nie toe om aan julle gesagheb- bende tekens te toon nie, behalwe as Allah dit beveel. En op Allah moet die gelowiges vertrou
En waarom sou ons nie op Allah vertrou wanneer Hy ons waarlik na die regte weg gelei het nie? En waarlik, ons sal sekerlik al die kwaad wat julle ons aandoen, met geduld dra. En laat diegene wat wil vertrou, hulle vertroue in Allah stel
En die ongelowiges het aan die boodskappers gesê: Ons sal julle waarlik uit die land verdryf, tensy julle na ons godsdiens terug keer. Toe het hulle Heer aan hul geopenbaar: Voorwaar, Ons sal die kwaaddoeners vernietig
Hy drink dit bietjie vir bietjie, en sal dit skaars kan sluk; en die dood sal van alle kante na hom toe aankom, en tog sal hy nie sterf nie. En voor hom is ’n verskriklike straf
Die werke van die ongelowiges is soos as, waaroor die wind op ’n stormagtige dag waai. Hulle sal hul verdienste nie kan vasstel nie. Dit is ’n groot dwaling
Hulle sal almal voor Allah verskyn, dan sal die swakke aan die hoogmoedige sê: Ons was waarlik julle volgelinge; kan julle nie ’n deel van Allah se straf van ons afweer nie? Hulle sal sê: As Allah óns gelei het, sou ons sekerlik vir júlle gelei het. Dit maak nie saak of ons huil of geduldig is nie, want daar is vir ons geen toevlug nie
En wanneer die saak beslis is, sal die duiwel sê: Waarlik Allah het Sy belofte aan julle gestand gedoen, maar ek het belowe en julle toe in die steek gelaat. En ek het geen gesag oor julle nie, behalwe dat ek julle geroep en julle my gehoorsaam het. Verwyt my daarom nie, maar beskuldig julself. Ek kan julle nie bystaan nie, nóg kan julle mý bystaan. Ek ontken dat julle my voorheen met Allah vereenselwig het. Voorwaar, daar sal vir die onregverdiges ’n smartlike straf wees
En hulle wat glo en goeie dade doen, sal toegelaat word in Tuine waardeur riviere stroom, en daarin sal hulle bly deur die bevel van hul Heer. Hulle groet daarin sal wees: Vrede
Allah versterk die gelowiges met die vestigende woord in hierdie wêreld en in die Hiernamaals, en Allah laat die kwaaddoeners dwaal; en Allah doen wat Hy wil
Sê aan My dienaars wat daaraan glo, om die gebed te onderhou en om van dít waarmee ons hulle voorsien het, heimlik en openlik te bestee voordat daar ’n Dag kom wanneer daar nóg handel nóg vriendskap sal wees
Dit is Allah wat die hemele en die aarde geskape het, en water uit die wolke neerstuur, en daarmee vrugte vir julle onderhoud voortbring; en Hy het die skepe vir julle dienstig gemaak sodat hulle oor die see kan vaar deur Sy gebod, en Hy het ook die riviere in julle diens gestel
En Hy gee julle alles wat julle Hom vra. En as julle die gunste van Allah tel, sal julle dit nie kan klaar tel nie. Voorwaar, die mens is baie onregverdig, baie ondankbaar
My Heer! Hulle het waarlik baie mense op ’n dwaalspoor gebring. Wie mý daarom ook volg, hy is stellig ván my; en wie my nie gehoorsaam nie, dan is U voorwaar Vergewensgesind, Genadevol
Ons Heer! Ek het ’n deel van my nageslag in ’n onvrugbare dal digby U Heilige Huis gevestig, sodat hulle die gebed kan onderhou; laat die harte van sommige mense gunstig teenoor hulle gestem wees, en voorsien hulle van vrugte sodat hulle dankbaar kan wees
En waarsku die mense teen ’n Dag wanneer die straf oor hulle sal kom; dan sal die kwaaddoeners sê: Ons Heer! Verleen ons uitstel vir ’n klein rukkie. Ons sal U roep beantwoord en die boodskappers volg. Het julle nie voorheen gesweer dat daar vir julle geen heengaan sal wees nie
En julle woon tans in die huise van diegene wat hulself onreg aangedoen het, en dit is vir julle duidelik hoe Ons met hulle gehandel het en hoe Ons van hulle ’n voorbeeld gemaak het
Dit is ’n boodskap aan die mense, sodat hulle daardeur gewaarsku kan word en dat hulle kan weet dat Hy Een God is, en sodat mense van begrip kennis kan neem