Back to Languages

Afrikaans - Chapter 2 - Al-Baqarah

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Al-Baqarah 2:1

Verse 2 — Surah Al-Baqarah 2:2

Hierdie Boek, waarin geen twyfel is nie, is ’n leiding vir die godvresende

Verse 3 — Surah Al-Baqarah 2:3

wat in die onsigbare dinge glo, die wie gereeld hulle gebede onderhou, en wat spandeer (in die Weg van Allah) van dit waar- mee Ons hulle begunstig het

Verse 4 — Surah Al-Baqarah 2:4

en glo in dít wat aan u2 en aan hulle vóór u geopenbaar is, en wat onwrikbaar in die Hiernamaals glo

Verse 5 — Surah Al-Baqarah 2:5

Hulle wat die weg van hul Here bewandel en wat daarom voor- spoedig sal wees

Verse 6 — Surah Al-Baqarah 2:6

Hulle wat nie wíl glo nie sal waarlik nooit glo nie, of u hulle nou waarsku aldan nie

Verse 7 — Surah Al-Baqarah 2:7

Allah het hulle harte en hul ore verseël en daar is ’n sluier voor hul oë; op húlle wag ’n ontsettende straf

Verse 8 — Surah Al-Baqarah 2:8

En daar is sommige mense wat sê: Ons glo in Allah en aan die Oordeelsdag, maar hulle glo inderwaarheid nie

Verse 9 — Surah Al-Baqarah 2:9

Hulle wil Allah en die gelowiges mislei, maar hulle bedrieg slegs hulleself, maar besef dit nie

Verse 10 — Surah Al-Baqarah 2:10

In hul harte is ’n siekte, en Allah vererger dit; op hulle wag ’n smartlike straf omdat hulle leuens versprei

Verse 11 — Surah Al-Baqarah 2:11

En wanneer aan hulle gesê word: Rig geen onheil aan nie, dan antwoord hulle: Ons is maar net vredemakers

Verse 12 — Surah Al-Baqarah 2:12

Gewis, hulle ís die onheilmakers, maar hulle besef dit nie

Verse 13 — Surah Al-Baqarah 2:13

En wanneer aan hulle gesê word: Glo soos die regverdiges glo, dan antwoord hulle: Sal ons glo wat die dwase glo? Maar weet dan dat húlle die dwase is, al besef hulle dit nie

Verse 14 — Surah Al-Baqarah 2:14

En wanneer hulle die gelowiges ontmoet, sê hulle: Ons glo. Maar wanneer hulle alleen met hul duiwels is, sê hulle: Ons is beslis saam met júlle; ons het maar net die spot gedryf

Verse 15 — Surah Al-Baqarah 2:15

Allah sal hulle hul spottery vergeld en Hy sal hulle in hul oortredings blindelings laat afdwaal

Verse 16 — Surah Al-Baqarah 2:16

Dit is húlle wat dwaling vir leiding aankoop, maar hul sake- bedrywe lewer geen wins op nie, ook word hulle nie reg gelei nie

Verse 17 — Surah Al-Baqarah 2:17

Hulle is soos ’n man wat ’n vuur aansteek, en wanneer die gloed daarvan alles rondom hom verlig het, verdoof Allah die lig en laat hulle in die duisternis bly sodat hulle nie kan sien nie

Verse 18 — Surah Al-Baqarah 2:18

Doof, stom en blind is hulle, en sal daarom nie (na die Regte Weg) terugkeer nie

Verse 19 — Surah Al-Baqarah 2:19

Of soos mense gevange in ’n storm uit n reënwolk waaruit duisternis, donder en bliksemstrale kom: Hulle steek die vingers in die ore vanweë die groot geluid en uit vrees vir die dood. Allah omring die ongelowiges

Verse 20 — Surah Al-Baqarah 2:20

Die weerligstrale ontneem hulle byna die gesig. Telkens met ’n blits, loop hulle in die lig daarvan, maar wanneer dit rondom hulle donker word, staan hulle stil. En as dit Allah behaag, kan Hy hul gehoor en hulle gesig wegneem. Waarlik, Allah het mag oor alles

Verse 21 — Surah Al-Baqarah 2:21

O mensdom! Dien julle Heer (Allah) wat julle en jul voorsate geskape het, sodat julle godvresend kan word

Verse 22 — Surah Al-Baqarah 2:22

Dit is Hy wat die aarde as ’n rusplek vir julle gemaak het, en die hemel as ’n gewelf, wat reën uit die wolke afstuur om vir julle vrugte as voedsel te laat voortspruit. Aanbid geen ander gode naas Allah nie, terwyl julle hierdie dinge weet

Verse 23 — Surah Al-Baqarah 2:23

En as julle twyfel aan die dinge wat Ons aan Ons dienaar3 ge- openbaar het, bring dan ’n soorgelyke Hoofstuk voort, en roep jul helpers behalwe Allah aan, as julle die waarheid liefhet

Verse 24 — Surah Al-Baqarah 2:24

Maar as julle dit nie kan doen nie ~ waak dan teen die Vuur waarvan die brandstof mense en klippe is; dit is vir die ongelowiges voorberei

Verse 25 — Surah Al-Baqarah 2:25

En gee ’n blye tyding aan hulle wat glo en goeie dade doen, dat daar vir hulle Tuine is waardeur riviere vloei. Telkens as hulle met ’n deel van die vrugte daarvan begunstig word, sal hulle sê: Dít is waarmee ons reeds voorheen gevoed is ~ want ’n soortgelyke deel word hulle toebedeel. En daar sal vir hulle rein metgeselle wees om saam daarin te vertoef

Verse 26 — Surah Al-Baqarah 2:26

Voorwaar, Allah ag dit Hom nie onwaaridg om ’n muskiet, of enigiets groters, as ’n gelykenis voor te hou nie. Wat die gelowi- ges betref, hulle weet dat dit die waarheid van hul Heer (Allah) is; en aangaande die ongelowiges, hulle vra: Wat bedoel Allah met so ’n gelykenis? Baie (mense) laat Hy daardeur verdwaal, en baie (mense) lei Hy op die Regte Weg. En Hy laat slegs die oortreders daardeur verdwaal

Verse 27 — Surah Al-Baqarah 2:27

wat die verbond met Allah verbreek nadat dit bekragtig is, en van mekaar skei wat Allah gebied het om verenig te bly, en wat op die aarde onheil bewerk. Húlle sal die verloorders wees

Verse 28 — Surah Al-Baqarah 2:28

Hoe kan julle Allah verloën, aangesien julle leweloos was en Hy aan julle die lewe geskenk het? Hy sal julle laat sterwe en julle weer lewendig maak, en julle sal na Hom terugkeer

Verse 29 — Surah Al-Baqarah 2:29

Dit is Hý wat alles op aarde vir julle geskape het, waarna Hy homself na die hemel gekeer en dit tot sewe hemele vervolmaak het. Want Hy alleen het kennis van alles

Verse 30 — Surah Al-Baqarah 2:30

En toe jul Heer aan die engele gesê het: Ek gaan ’n heerser oor die aarde stel, het hulle gereageer Wil U iemand daarin plaas wat kwaad sal aanrig, terwyl ons U verheerlik met die lof wat U toekom en U heiligheid prys? Daarop het Hy geantwoord: Ek het kennis van dinge wat vir julle verborge is

Verse 31 — Surah Al-Baqarah 2:31

En Hy het Adam die name van alle dinge geleer, en hierdie dinge toe aan die engele getoon en gesê: Gee vir My die name van hierdie dinge, as julle reg is

Verse 32 — Surah Al-Baqarah 2:32

En hulle het geantwoord: Heilig is U! Ons besit geen kennis nie, behalwe wat U aan ons geopenbaar het. Voorwaar, U is die Alwetende, die Alwyse

Verse 33 — Surah Al-Baqarah 2:33

Hy het daarop gesê: O Adam, gee jý vir hulle die name van hierdie dinge. En nadat hy die name vir hulle genoem het, het Allah gesê: Het ek nie vir julle gesê dat Ek die geheimenisse van die hemele en die aarde ken nie? En Ek weet wat julle openbaar en wat julle verberg

Verse 34 — Surah Al-Baqarah 2:34

En toe Ons aan die engele gesê het: Onderwerp julle aan Adam, het almal voor hom neergebuig behalwe Iblies.4 Hy het geweier, want hy was hoogmoedig en van die ongelowiges

Verse 35 — Surah Al-Baqarah 2:35

En Ons het gesê: O Adam! Bewoon die tuin, jy en jou vrou, en eet van die oorvloedige vrugte daarvan, net waar julle verkies. Maar moenie naby hierdie boom kom nie, sodat julle nie versoek word nie

Verse 36 — Surah Al-Baqarah 2:36

Maar Satan het hulle daardeur laat struikel, sodat hulle afstand moes doen van die staat van geluk waarin hulle vroeër verkeer het. Ons het gesê: Gaan weg van hier, want sommige van julle is die vyand van die ander. Die aarde sal vir julle ’n woonplek bied en voedsel vir ’n tyd

Verse 37 — Surah Al-Baqarah 2:37

Toe het Adam woorde van openbaring van sy Heer (Allah) ontvang, en Hy het Hom weer uit genade tot hom gekeer. Voorwaar, Hy is Vergewendsgesind, Genadevol

Verse 38 — Surah Al-Baqarah 2:38

Ons het gesê: Gaan weg van hier, julle almal! Voorwaar, Ek sal My leiding weer aan julle gee, en wie dit dán volg, sal nooit vrees of droefheid ken nie

Verse 39 — Surah Al-Baqarah 2:39

Maar hulle wat weier om te glo en Ons boodskappe verwerp, sal die bewoners van die Vuur wees; húlle sal daarin woon

Verse 40 — Surah Al-Baqarah 2:40

O Kinders van Israel! Dink aan die weldade wat Ek aan julle bewys het; en kom julle verbond met My na, en Ek sal My ver- bond met júlle nakom; vrees My en My alleen

Verse 41 — Surah Al-Baqarah 2:41

En glo in wat Ek geopenbaar het tot bevestiging van wat julle reeds besit,5 en wees nie van hulle wat die geloof daarin ontken nie; verruil ook nie My boodskappe vir ’n omkoopsom nie; Julle moet slegs vir my aanbid en dien

Verse 42 — Surah Al-Baqarah 2:42

En moenie die waarheid met ’n leuen verwar, of teen julle beter- wete die waarheid verswyg nie

Verse 43 — Surah Al-Baqarah 2:43

En onderhou die daaglikse gebed en betaal die Zakaat,6 en buig julle hoofde saam met dié wat buig in gebed

Verse 44 — Surah Al-Baqarah 2:44

Spoor julle ander aan om goed te doen, maar vergeet julle eie siele? ~ Al lees julle die Boek (Tora) ~ Sal julle dan nie verstaan nie

Verse 45 — Surah Al-Baqarah 2:45

En soek hulp deur geduld en gebed; dit is ’n moeilike weg, behalwe vir die ootmoediges

Verse 46 — Surah Al-Baqarah 2:46

wat waarlik weet dat hulle hul Heer sal ontmoet, en dat hulle tot Hom sal terugkeer

Verse 47 — Surah Al-Baqarah 2:47

O Kinders van Israel! Dink aan die gunste wat Ek aan julle bewys het, hoe Ek julle bo die volkere verhef het

Verse 48 — Surah Al-Baqarah 2:48

Waak dan teen die Dag waarop geen siel ’n ander van nut sal wees nie, geen voorspraak kan doen, of namens ’n ander kan intree, of van enige hulp kan wees nie

Verse 49 — Surah Al-Baqarah 2:49

En dink daaraan dat Ons julle gered het van Farao, wat julle gekasty het deur julle seuns te vermoor en julle dogters te spaar; en daarin was ’n sterk beproewing van jul Here

Verse 50 — Surah Al-Baqarah 2:50

En hoe Ons die see vir julle verdeel en julle gered het; en hoe Farao se volk voor julle oë verdrink het

Verse 51 — Surah Al-Baqarah 2:51

En toe Ons met Moses ’n afspraak van veertig nagte lank gehad het, het julle in sy afwesigheid ’n kalf vir ’n afgod geneem, en gesondig

Verse 52 — Surah Al-Baqarah 2:52

Daarna het Ons julle vergewe, sodat julle dankbaar kan wees

Verse 53 — Surah Al-Baqarah 2:53

En toe het Ons aan Moses die Boek en die onderskeidingsver- moë (kriterion) gegee, sodat julle na die waarheid gelei kan word

Verse 54 — Surah Al-Baqarah 2:54

En toe Moses aan sy volk gesê het: O my volk! Julle het kwaad aan julself gedoen deur die kalf te neem; keer dan terug tot jul Skepper met berou en blus julle hartstogte; dit sal jul Skepper welgeval

Verse 55 — Surah Al-Baqarah 2:55

En toe julle gesê het: O Moses! Nooit sal ons u glo voordat ons Allah nie van aangesig tot aangesig gesien het nie, het die straf julle getref, terwyl julle toegekyk het

Verse 56 — Surah Al-Baqarah 2:56

Toe het Ons julle weer bygebring nadat julle bewusteloos was, sodat julle dankbaar kan wees

Verse 57 — Surah Al-Baqarah 2:57

En toe het Ons julle met wolke beskadu, en vir julle manna en kwartels gestuur, en gesê: Eet van die goeie dinge waarvan Ons julle voorsien. En hulle het Ons nie geskaad nie, maar skade aan hulle eie siele berokken

Verse 58 — Surah Al-Baqarah 2:58

En toe het Ons gesê: Gaan hierdie stad in en eet na hartelus, waarvan julle ook al wil; betree die poort eerbiediglik en smeek om vergifnis; Ons sal julle sondes vergewe en nog meer skenk aan hulle wat glo en goed doen

Verse 59 — Surah Al-Baqarah 2:59

Maar die ongelowiges het die woorde wat Ons tot hul gespreek het, verruil vir ander; en vir die oortreders se onthalwe het Ons uit die hemel ’n plaag neergestuur

Verse 60 — Surah Al-Baqarah 2:60

En toe Moses om water vir sy volk gebid het, het Ons gesê: Slaan op die rots met jou staf. Toe het daar twaalf strome uit gevloei. Elke stam het sy drinkplek geken. Eet en drink van die lewensmiddele wat Allah voorsien en rig geen kwaad aan op die aarde nie

Verse 61 — Surah Al-Baqarah 2:61

En toe julle gesê het: O Moses! Ons kan nie meer een soort voed- sel verduur nie; om óns ontwil, smeek dan u Here om vir ons van die opbrengs van die aarde te gee: komkommers en knoffel en lensies en uie. Toe het hy geantwoord: Wil julle die minder- waardige in ruil hê vir die goeie? Neem eers ’n stad in, dan sal julle daar kry wat julle begeer. En vernedering en armoede het oor hulle gekom, en hulle het Allah se toorn gewek. En dit was omdat hulle Allah se boodskappe verwerp en Sy profete ten onregte doodgemaak het. Hulle was ongehoorsaam en het telkens weer oortree

Verse 62 — Surah Al-Baqarah 2:62

Voorwaar, die gelowiges7 en die Jode en die Christene en die Sabiërs wat aan Allah en in die Oordeelsdag glo, en goeie dade doen, se beloning is by hul Here; geen vrees of berou sal oor hulle kom nie

Verse 63 — Surah Al-Baqarah 2:63

En toe Ons ’n verbond met julle aan die voet van die berg8 gesluit, en Ons gesê het: Hou vas aan wat Ons julle gegee het, en onthou wat daarin staan, sodat julle teen die sonde mag waak

Verse 64 — Surah Al-Baqarah 2:64

Nogtans het julle daarvan afgewend; en was Allah nie genadig en goedgunstelik nie, sou julle sekerlik ondergegaan het

Verse 65 — Surah Al-Baqarah 2:65

En julle het geweet wie van julle die Sabbat ontheilig; daarom het Ons vir hulle gesê: Wees soos die ape, verag en verwerp

Verse 66 — Surah Al-Baqarah 2:66

En Ons het van hulle ’n voorbeeld gemaak vir julle en die geslagte ná julle; en ’n les vir hulle wat teen die sonde waak

Verse 67 — Surah Al-Baqarah 2:67

En toe Moses aan sy volk gesê het: Voorwaar, Allah gebied julle om ’n koei te offer, het hulle gesê: Dryf u die spot met ons? Hy het geantwoord: Ek neem my toevlug tot Allah, sodat ek nie ook een van die onkundiges word nie

Verse 68 — Surah Al-Baqarah 2:68

Hulle het gesê: Roep u Heer aan, om ons ontwil, sodat Hy ons kan verduidelik hoe sy moet lyk. Moses het geantwoord: Hy sê sy moet ’n koei van gemiddelde ouderdom wees, nie te jonk of te oud nie; doen dan nou wat julle beveel is

Verse 69 — Surah Al-Baqarah 2:69

Hulle het gesê: Roep u Heer om ons ontwil aan, om te verduidelik wat haar kleur moet wees. En Moses het geantwoord: Hy sê sy is ’n geel koei, warm van kleur en aangenaam vir die oog

Verse 70 — Surah Al-Baqarah 2:70

Hulle het gesê: Roep u Here aan om ons ontwil, om ons te verduidelik watter sóórt koei sy is, want vir ons lyk al die koeie eenders; en as dit Allah behaag sal ons waarlik reg gelei word

Verse 71 — Surah Al-Baqarah 2:71

Moses het geantwoord: Hy sê sy is ’n koei wat nog voor geen ploeg getrek of die akkers benat het nie, ’n koei sonder gebreke en onbevlek. Hulle het geantwoord: Nou het u die waarheid aan ons gebring. En hulle het haar geslag, ofskoon hulle dit liewer nie wou doen nie

Verse 72 — Surah Al-Baqarah 2:72

En toe julle byna ’n man gedood, en onder mekaar daaroor geredetwis het, was dit Allah wat openbaar gemaak het wat julle wou verberg

Verse 73 — Surah Al-Baqarah 2:73

Toe het Ons gesê: Slaan hom met ’n deel daarvan.9 Sodoende gee Allah lewe aan die dooie, en daardeur openbaar Hy Sy tekens sodat julle mag verstaan

Verse 74 — Surah Al-Baqarah 2:74

Daarna het julle harte verhard, sodat dit soos klip geword het, en selfs harder. En voorwaar, daar is sommige rotse waaruit strome vloei; en daar is sommige rotse wat vanmekaar skei sodat hulle water gee; en daar is sommige wat neerval uit vrees vir Allah. Allah is nie onbewus van julle dade nie

Verse 75 — Surah Al-Baqarah 2:75

Koester julle dan die hoop dat hulle in julle sal glo, terwyl ’n gedeelte in werklikheid die woord van Allah gehoor en dit teen hul beterwete verdraai, nadat hulle dit verstaan het

Verse 76 — Surah Al-Baqarah 2:76

En wanneer hulle die gelowiges ontmoet, sê hulle: Ons glo, maar wanneer hulle alleen by mekaar is, sê hulle: Praat julle met hulle oor wat Allah aan julle geopenbaar het, sodat hulle met julle kan redetwis by julle Here? Verstaan julle dan nie

Verse 77 — Surah Al-Baqarah 2:77

Besef julle dan nie dat Allah weet wat hulle verberg en wat hulle openbaar nie

Verse 78 — Surah Al-Baqarah 2:78

En sommige van hulle kan nie lees of skryf nie; hulle ken nie die Boek nie, behalwe deur hoorsê, en slegs deur wat hulle vermoed

Verse 79 — Surah Al-Baqarah 2:79

Wee hulle wat self ’n boek skryf en dan sê: Dit is van Allah, sodat hulle ’n nietige prys daarvoor sal verdien! Wee hulle vir wat hul hande geskrywe het, en ook wat hulle daardeur verdien

Verse 80 — Surah Al-Baqarah 2:80

En hulle sê: Vuur sal ons nie aanraak nie, behalwe vir ’n paar dae. Maar sê aan hulle: Het julle ’n gelofte met Allah gesluitsodat Allah nooit daardie gelofte verbreek nie? Of sê julle dalk iets téén Allah waarvoor julle geen gronde het nie

Verse 81 — Surah Al-Baqarah 2:81

Voorwaar, diegene wat sonde doen sodat dit hulle omring, is vir die Vuur bestem; hulle sal verewig daarin woon

Verse 82 — Surah Al-Baqarah 2:82

En hulle wat glo en goeie dade doen, sal die Hemel beërwe; en hulle sal verewig daarin woon

Verse 83 — Surah Al-Baqarah 2:83

En toe Ons ’n verbond met die Kinders van Israel gesluit en gesê het: Behalwe Allah mag julle niemand aanbid nie; en doen goed aan julle ouers, en aan julle familie, en aan die weeskinders en die behoeftiges; en praat nie sleg van ander nie, en betaal die Zakaat;10 en toe het julle weggedraai en afvallig geword

Verse 84 — Surah Al-Baqarah 2:84

En Ons het ’n verbond met julle gesluit: Julle mag nie jul eie bloed vergiet en ook nie jul volk uit hul huise verdryf nie, en julle het dit toe bekragtig en julle het daarvan getuig

Verse 85 — Surah Al-Baqarah 2:85

Tog is dit júlle wat mekaar doodgemaak het en wat ’n deel van die volk uit hulle huise gedwing het, en julle het hulle vyande teen hulle gesterk in sonde en oortreding. En as hulle na julle as gevangenes sou terugkeer, sou julle ’n losprys vir hul aanbied, terwyl dit juis hulle uitsetting is wat vir jul verbode was. Glo julle dan in ’n gedeelte van die Boek en verwerp die res? Maar wat anders sal die beloning wees vir dié van julle wat hierdie dinge doen, as skande in hierdie lewe, en om op die Dag van Wederopstanding verskriklike kastyding te ondergaan? En Allah is nie onbewis van julle dade nie

Verse 86 — Surah Al-Baqarah 2:86

Dit is húlle wat die aardse lewe teen die prys van die Hiernamaals gekoop het. Daarom sal hulle straf nie verlig word nie, en sal hulle ook geen hulp ontvang nie

Verse 87 — Surah Al-Baqarah 2:87

Voorwaar, Ons het die Boek aan Moses gegee, en Ons boodskap- pers het hom die een na die ander opgevolg; en aan Jesus, die seun van Maria, het Ons duidelike tekens gegee en hom versterk met die Heilige Gees. Is dit so dat wanneer ’n boodskapper na julle gekom het met iets wat teen julle sin en wil is, julle dan verwaand geword het? Sommige het julle verwerp en sommige het julle doodgemaak

Verse 88 — Surah Al-Baqarah 2:88

En hulle het gesê: Ons harte is skatkamers van wysheid! Nee, Allah het hulle oor hul ongeloof vervloek; daarom sal daar min wees wat glo

Verse 89 — Surah Al-Baqarah 2:89

En toe daar van Allah ’n Boek tot hulle gekom het, met beves- tiging van wat hulle reeds besit, en hulle dit kon herken, het hulle dit verwerp ~ hoewel hulle vantevore vir oorwinning teen die ongelowiges gebid het. Daarom rus die vloek van Allah op diegene wat die waarheid verwerp

Verse 90 — Surah Al-Baqarah 2:90

Hulle siele het hul vir onheil verkoop ~ sodat hulle Allah se openbaring kan ontken, omdat hulle jaloers was dat Allah Sy gunste aan Sy dienaars wat guns in Sy oë verwerf het sal gee; só het hulle toorn op toorn uitgelok. En op die ongelowiges wag daar ’n vernederende straf

Verse 91 — Surah Al-Baqarah 2:91

En toe aan hulle gesê is: Glo aan die openbaringe van Allah, het hulle geantwoord: Ons glo in wat vir ons geopenbaar is. En hulle verwerp dit wat daarop gevolg het, terwyl dit die waarheid is met bevestiging van wat hulle reeds besit. Sê dan: As julle gelowiges is, waarom het julle dan vroeër die profete van Allah doodgemaak

Verse 92 — Surah Al-Baqarah 2:92

En voorwaar, Moses het na julle gekom met duidelike woorde, maar in sy afwesigheid het julle die kalf aanbid en gesondig

Verse 93 — Surah Al-Baqarah 2:93

En aan die voet van die berg het Ons met julle ’n verbond gesluit: Hou stewig vas aan wat Ons aan julle gegee het! Toe het hulle in hulle harte gesê: Ons hoor, maar ons gehoorsaam nie. En hulle harte was vervul met liefde vir die kalf vanweë hulle ongeloof. Sê aan hulle: Julle geloof dwing jul tot sonde, as julle werklik gelowiges is

Verse 94 — Surah Al-Baqarah 2:94

Sê: As die Huis van Allah in die Hiernamaals alleen vir julle bedoel is, en as dit ander uitsluit, dan moet julle, indien julle waarlik glo, na die dood verlang

Verse 95 — Surah Al-Baqarah 2:95

Maar, voorwaar, hulle sal na die dood nie uitsien nie, omdat hulle hande vroeër kwaad aangerig het; en omdat Allah die boosdoeners ken

Verse 96 — Surah Al-Baqarah 2:96

Voorwaar, julle sal vind dat hulle, in ’n groter mate nog as die afgodedienaars, die lewe begeer. Almal van hulle begeer selfs ’n duisendjarige lewe, maar al word dit aan hulle vergun, sal hulle daardeur nie die straf ontkom nie. Allah sien wat hulle doen

Verse 97 — Surah Al-Baqarah 2:97

Sê: Wie ook al ’n vyand van Gabriël is ~ want voorwaar hy openbaar, met ’n opdrag van Allah, aan u hart ’n bevestiging van wat u reeds besit, en ’n leiding en ’n blye tyding aan die gelowiges

Verse 98 — Surah Al-Baqarah 2:98

Wie ook al ’n vyand is van Allah, en van Sy engele, en Sy boodskappers, en Gabriël en Migiel is, dan is Allah voorwaar ’n vyand van sulke ongelowiges

Verse 99 — Surah Al-Baqarah 2:99

En voorwaar, Ons het duidelike tekens aan u geopenbaar en niemand verwerp dit nie, behalwe die wie teen Allah rebelleeer

Verse 100 — Surah Al-Baqarah 2:100

Hoe is dit dan dat, wanneer hulle ’n verbond sluit, sommige van hulle dit verwerp? Nee, die meerderheid van hulle glo nie

Verse 101 — Surah Al-Baqarah 2:101

En toe van Allah ’n boodskapper na hulle gekom het, met bevestiging van wat hulle reeds weet, het sommige aan wie die Boek geskenk is, die rug daarop gekeer, asof hulle dit nooit besit het nie

Verse 102 — Surah Al-Baqarah 2:102

En hulle doen wat die opstandige mense teen die koningskap van Salomo versin het. En Salomo was geen ongelowige nie, maar die opstandiges was ongelowig en het die mense allerlei bedrog geleer. En dit was nooit aan die twee engele in Babilon, Haroet en Maroet, geopenbaar nie. Nog minder het hulle dit aan iemand geopenbaar, sodat hul eintlik moet sê: Ons is maar ’n beproewing; wees daarom nie ongelowig nie. Maaar die ongelowiges leer uit hierdie twee bronne dít waarmee hulle ’n wig tussen ’n man en ’n vrou indryf. En hulle leer wat hul tot nadeel strek en wat geen wins inbring nie. En hulle weet voorwaar dat diegene wat dit aankoop, in die Hiernamaals geen voordeel sal hê nie. Hoe sleg is dit gewis waarvoor hulle hul siele verkoop het; indien hulle dit maar geweet het

Verse 103 — Surah Al-Baqarah 2:103

En indien hulle geglo en hulle pligte nagekom het, sou Allah hulle voorwaar ryklik beloon het. Het hulle dit maar geweet

Verse 104 — Surah Al-Baqarah 2:104

O, julle wat glo, moenie sê: Rã-i-nã nie,11 maar sê eerder: Unzur- nã,12 en luister. Vir die ongelowiges is daar ’n smartlike straf

Verse 105 — Surah Al-Baqarah 2:105

Die ongelowiges onder die Mense van die Boek, net soos die dienaars van afgode, verlang dat u Heer geen guns aan u sal bewys nie, maar Allah kies vir sy barmhartigheid wie Hy wil; en Allah is ’n Heer van Groot Gunste

Verse 106 — Surah Al-Baqarah 2:106

Watter boodskap Ons ook al ophef of laat vergeet, altyd bring Ons iets beter of iets soortgelyk. Weet u dan nie dat Allah mag het oor alle dinge nie

Verse 107 — Surah Al-Baqarah 2:107

Weet u dan nie dat die koninkryk van die hemel en van die aarde aan Allah behoort nie; en dat julle behalwe Allah geen beskermer of helper het nie

Verse 108 — Surah Al-Baqarah 2:108

Julle sou liewer die Boodskapper wou ondervra, soos Moses voorheen ondervra is. Maar wie geloof vir ongeloof verruil, het waarlik die weg na die waarheid kwytgeraak

Verse 109 — Surah Al-Baqarah 2:109

Baie van die Mense van die Boek wens dat julle, nou dat die waarheid tot julle gekom het, weer sal terugval in die afgode- diens; dit is uit jaloesie, omdat die waarheid vir hulle duidelik geword het. Maar vergeef en wees vergewensgesind, totdat Allah Sy bevel voltrek het. Voorwaar, die mag van Allah oortref alles

Verse 110 — Surah Al-Baqarah 2:110

En onderhou die gebed, en betaal die Zakaat.13 En watter goeie dade julle ook vir julself vooruitstuur, julle sal dit by Allah vind. Voorwaar, Allah sien wat julle doen

Verse 111 — Surah Al-Baqarah 2:111

En hulle sê: Niemand behalwe die Jode, of die Christene, sal die hemel binnegaan nie. Dit is ydele wense. Sê: Toon jul bewyse, indien julle die waarheid liefhet

Verse 112 — Surah Al-Baqarah 2:112

Nee, wie homself ten volle aan Allah onderwerp en goed doen, sal sy beloning by sy Heer vind; en hulle sal geen vrees ken of treur nie

Verse 113 — Surah Al-Baqarah 2:113

En die Jode sê: Die Christene het geen ware grondslag nie, en die Christene sê: Die Jode het geen ware grondslag nie, terwyl hulle dieselfde Boek lees. Dieselfde goed word deur die onkundiges gesê. Maar op die Dag van Opstanding sal Allah uitspraak gee in hulle geskil

Verse 114 — Surah Al-Baqarah 2:114

En wie is onregverdiger as diegene wat mense verbied om Allah se Naam te verheerlik in die plekke van aanbidding, en diegene wat hom aktief vir hulle vernietiging beywer? Is dit dan nie gepas dat sodanige persone ook ingang tot die aanbiddingsplekke verbied word nie, behalwe wanneer vrees hulle oorneem. Vir hulle is skande in hierdie wêreld toebedeel, en ’n verskriklike straf in die Hiernamaals

Verse 115 — Surah Al-Baqarah 2:115

En die Ooste en die Weste behoort aan Allah, en waarheen julle julle ook mag wend, daar sal die aangesig van Allah wees. Allah is die Voorsiener, Alwetend

Verse 116 — Surah Al-Baqarah 2:116

En hulle sê: Allah het vir Homself ’n seun verwek ~ Heilig is Hy! Sê eerder: Alles in die hemele en op die aarde is Syne; aan Hom is almal onderdanig

Verse 117 — Surah Al-Baqarah 2:117

Wonderbaarlike Skepper van hemel en aarde! En wanneer Hy iets besluit, sê Hy slegs: Wees, en dit sal wees

Verse 118 — Surah Al-Baqarah 2:118

En die onkundiges sê: Waarom spreek Allah nie tot ons, of stuur ons ’n teken nie? Dieselfde dinge het ook diegene vóór hulle gesê. Hulle harte is almal eenders. Voorwaar, Ons het die tekens verduidelik vir ’n volk wat standvastig glo

Verse 119 — Surah Al-Baqarah 2:119

Voorwaar, Ons het u met die waarheid gestuur, as ’n draer van blye tyding en ook as ’n waarskuwer; en u sal nie opgeroep word om vir die inwoners van die Vlammende Vuur in die bresse te tree nie

Verse 120 — Surah Al-Baqarah 2:120

En die Jode en die Christene sal u nie goedgesind wees voordat u hulle geloof gevolg het nie. Sê aan hulle: Die leiding van Allah is die volkome leiding. En indien u húlle sou volg, nadat die kennis tot u gekom het, sal Allah vir u geen vriend of helper wees nie

Verse 121 — Surah Al-Baqarah 2:121

Hulle aan wie Ons die Boek14 gegee het, volg dit na soos dit gevolg behoort te word. Dit is húlle wat glo. En wie nie glo nie, sal onder die verloorders wees

Verse 122 — Surah Al-Baqarah 2:122

O Kinders van Israel! Dink aan die guns wat Ek julle bewys het, en hoe Ek julle bo die volkere verhef het

Verse 123 — Surah Al-Baqarah 2:123

En waak dan teen die Dag wanneer een siel die ander van geen nut sal wees nie, want geen losprys sal aangeneem word, en geen bemiddeling sal baat nie, en julle sal ook geen hulp ontvang nie

Verse 124 — Surah Al-Baqarah 2:124

En toe sy Heer Abraham met sekere opdragte beproef en hy dit uitgevoer het, het Hy gesê: Voorwaar, Ek sal u ’n leier van mense maak! Abraham het gesê: En my nageslag? Hy het geantwoord: My verbond sluit die kwaaddoeners nie in nie

Verse 125 — Surah Al-Baqarah 2:125

En toe Ons die Huis15 ’n vergaderplek van mense en ’n toevlugsoord gemaak het, het Ons gesê: Neem die plek van Abraham as ’n plek van gebed! En Ons het Abraham en Ismael gebied en gesê: Reinig My Huis vir hulle wat daar sal omloop in die bedevaartsbesoek, en hulle wat daar vertoef vir aanbidding, en hulle wat vooroorbuig en hul hoofde op die grond eerbiedig neerlê

Verse 126 — Surah Al-Baqarah 2:126

En toe Abraham gesê het: My Heer! Maak dit ’n veilige vesting, en voorsien sy bewoners van vrugte, om die onthalwe van hulle wat in Allah en in die Laaste Dag glo. En wie ook al weier om te glo, vir ’n kort tydjie sal Ek hom die genot daarvan gun. Daarna sal Ek hom aandryf na die straf en die Vuur. En dit is ’n gedoemde bestemming

Verse 127 — Surah Al-Baqarah 2:127

Toe het Abraham en Isma-eel die fondamente van die Huis gelê, terwyl hulle bid: O Heer, aanvaar die diens van ons; voorwaar, U is Alhorend, Alwetend

Verse 128 — Surah Al-Baqarah 2:128

O Heer, maak ons albei aan U onderhorig, en van ons nageslag ’n volk wat U sal dien, en leer ons hoe ons U moet aanbid, en aanvaar ons smeking om vergifnis. Voorwaar, U is diegene wat ons berou aanvaar, U is Genadevol

Verse 129 — Surah Al-Baqarah 2:129

O Heer, en laat daar ’n boodskapper onder hulle opstaan, wat U boodskappe aan hul sal oordra en die Boek en die wysheid vir hul sal uitlê, en hulle sal louter. Voorwaar, U is die Almagtige, die Alwyse

Verse 130 — Surah Al-Baqarah 2:130

En wie verwerp die geloof van Abraham behalwe hy wat ’n dwaas van homself maak. Voorwaar, Ons het hom16 vir hierdie wêreld uitverkies, en in die Hiernamaals sal hy gewis onder die regverdiges verskyn

Verse 131 — Surah Al-Baqarah 2:131

Toe sy Heer vir hom gesê het: Onderwerp jou, het hy ge- antwoord: Aan die Heer van die wêrelde onderwerp ek myself

Verse 132 — Surah Al-Baqarah 2:132

En Abraham het ook sy seuns dit opgelê, en Jakob het dieselfde gedoen: My seuns, voorwaar, Allah het hierdie geloof vir julle uitverkies; en sterf daarom nie voordat julle julself aan Hom onderwerp het nie

Verse 133 — Surah Al-Baqarah 2:133

Of was julle getuies by Jakob se sterfbed toe hy aan sy seuns gesê het: Wat sal julle aanbid as ek dood is? Toe hulle geantwoord het: U God sal ons aanbid, en die God van u vaders ~ Abraham en Isma-eel en Isak ~ een God alleen, en aan Hom onderwerp ons ons

Verse 134 — Surah Al-Baqarah 2:134

Dít is die volk wat gesterwe het; vir hulle sal toekom wat hul verdien het, en vir júlle wat julle verdien het; en julle sal nie afgevra word oor wat húlle gedoen het nie

Verse 135 — Surah Al-Baqarah 2:135

En hulle sê: Wees Jode en Christene, dan sal julle op die regte weg wees. Sê: Nee, vir óns die geloof van Abraham die opregte, en hy was nie een van die afgodedienaars nie

Verse 136 — Surah Al-Baqarah 2:136

Sê: Ons glo in Allah en in dit wat aan ons geopenbaar is, en in dit wat aan Abraham, Isma-eel, Isak en Jakob, en aan die stamme, geopenbaar is; en in dit wat aan Moses en Jesus geskenk is; en in dit wat aan die profete van hul Heer geskenk is ~ Ons maak geen onderskeiding tussen enigeen van hulle nie, en ons onderwerp ons aan Hom

Verse 137 — Surah Al-Baqarah 2:137

En as hulle glo soos júlle glo, is hul, voorwaar, op die regte weg; maar as hulle hul daarvan wegkeer, is hulle slegs in verset. Maar Allah sal vir julle voldoende wees teen hulle; en Hy is die Alhorende, die Alwetende

Verse 138 — Surah Al-Baqarah 2:138

Ons neem die kleur van Allah aan. En wie kleur die hart beter as Allah? En Hom alleen aanbid ons

Verse 139 — Surah Al-Baqarah 2:139

Sê: Redetwis julle met ons aangaande Allah? Hy is ons Heer en ook julle Heer; en vir ons is ons dade en vir julle, julle s’n; en Hom dien ons in opregtheid

Verse 140 — Surah Al-Baqarah 2:140

Of sê julle dat Abraham en Isma-eel en Isak en Jakob en die stamme, Jode of Christene was? Sê: Weet júlle beter as Allah? En wie is meer goddeloos as hy wat die getuienis wat hy van Allah ontvang het, verberg? En Allah is nie onbewus van hulle dade nie

Verse 141 — Surah Al-Baqarah 2:141

Dít is die volk wat reeds heengegaan het: aan hulle kom toe wat hul verdien het, en aan julle wat jul verdien; en oor húlle dade sal julle nie afgevra word nie

Verse 142 — Surah Al-Baqarah 2:142

Die dwase onder die volk sal sê: Wat het hul laat wegdraai van die Kiebla17 wat hul vroeër gehad het? Sê: Slegs aan Allah behoort die Ooste en die Weste; Hy lei op die regte weg wie Hy wil

Verse 143 — Surah Al-Baqarah 2:143

En so het Ons van julle ’n uitverkore volk gemaak, sodat julle getuies kan wees teen die mense, en die Boodskapper getuie kan wees teen júlle. En Ons het nie julle mense in ag geneem by die vasstelling van die Kiebla nie, behalwe dat Ons mag onderskei tussen iemand wat die Boodskapper volg en hy wat hom die rug toekeer. En dit was inderdaad ’n swaar beproewing, behalwe vir hulle wat deur Allah reg gelei is. En dit is nie die wens van Allah om julle geloof onvrugbaar te maak nie. Voorwaar, Allah is Medelydend, Genadevol teenoor die mensdom

Verse 144 — Surah Al-Baqarah 2:144

Waarlik, Ons sien u het die aangesig na die hemel gewend, daarom sal Ons u sekerlik aanstel as meester van watter Kiebla u ook mag geval; wend dan u aangesig na die Heilige Moskee. En waar julle ook al mag wees, wend julle aangesig daarheen. En hulle aan wie die Boek gegee is, weet waarlik dat dit die waarheid van hul Heer is. En Allah is nie onbewus van wat hulle doen nie

Verse 145 — Surah Al-Baqarah 2:145

Selfs al sou u aan hulle aan wie die Boek gegee is, elke teken toon, sal hulle u Kiebla nog nie volg nie; nog minder sal hulle mekaar se Kiebla volg. En indien u, nadat kennis tot u gekom het, húlle wense sou volg, sal ook u onder die onregverdiges gereken word

Verse 146 — Surah Al-Baqarah 2:146

Hulle aan wie Ons die Boek geskenk het, herken hom soos hulle hul seuns herken. En voorwaar, ’n deel van hulle verberg die waarheid terwyl hulle kennis daarvan het

Verse 147 — Surah Al-Baqarah 2:147

Die waarheid is van u Heer; skaar u dus nie by die twyfelaars nie

Verse 148 — Surah Al-Baqarah 2:148

En vir elke nasie is daar ’n rigting waarin hulle moet draai (in gebed). Wedywer daarom onder mekaar in goeie dade. Waar julle ook al mag wees, Allah sal julle weer bymekaar bring. Voorwaar, die mag van Allah oortref alles

Verse 149 — Surah Al-Baqarah 2:149

En van waar u ook al mag kom, wend u aangesig na die Heilige Moskee. En voorwaar, dit is die waarheid van u Heer. En Allah is nie onbewus van julle dade nie

Verse 150 — Surah Al-Baqarah 2:150

En van waar u ook al mag kom, wend u aangesig na die Heilige Moskee. En waar julle julle ook al mag bevind, wend die aangesig daarheen, sodat die mense geen beswaar teen julle kan inbring nie ~ behalwe natuurlik die onregverdiges. Vrees hulle nie, maar vrees My ~ sodat Ek My gunste aan julle mag volbring, en julle deur die waarheid gelei kan word

Verse 151 — Surah Al-Baqarah 2:151

Net so het Ons ’n Boodskapper uit jul midde na julle gestuur om Ons boodskappe aan julle oor te dra, en julle te louter en in die Boek en die wysheid te onderrig, en julle te leer wat julle nie geweet het nie

Verse 152 — Surah Al-Baqarah 2:152

Onthou My daarom; Ek sal júlle onthou. En loof My, en wees nie ondankbaar teenoor My nie

Verse 153 — Surah Al-Baqarah 2:153

O julle wat glo, soek hulp in geduld en gebed. Voorwaar, Allah is met die geduldiges

Verse 154 — Surah Al-Baqarah 2:154

En praat nie van hulle wat in die diens van Allah gesterf het asof hulle dood is nie. Nee, hulle lewe, maar julle neem dit nie waar nie

Verse 155 — Surah Al-Baqarah 2:155

En Ons het julle voorwaar beproef met dinge soos vrees en hongersnood en verlies van besittings of die lewe of lewensmiddele. Maar verkondig ’n blye tyding aan die geduldiges

Verse 156 — Surah Al-Baqarah 2:156

wie, wanneer ’n beproewing oor hulle kom, sê: Voorwaar, ons is van Allah en tot Hom sal ons terugkeer

Verse 157 — Surah Al-Baqarah 2:157

Dit is húlle op wie die seëninge en barmhartigheid van hul Heer sal rus; dit is húlle wat op die regte weg wandel

Verse 158 — Surah Al-Baqarah 2:158

Voorwaar, Safã en Marwa is van die tekens van Allah; daarom sal hy wat ’n bedevaart na die Huis18 onderneem, of ’n besoek daar gaan aflê, sonder blaam wees as hy rondom albei van hulle gaan. En wie vrywillig goeie dade doen ~ laat hy weet: Allah is Erkentlik, Alwetend

Verse 159 — Surah Al-Baqarah 2:159

Voorwaar, hulle wat die duidelike bewyse en leiding wat Ons geopenbaar het verberg, nadat Ons dit aan die mense van die Boek verduidelik het, vir hulle vervloek Allah; en dié wat vervloek, is ook vervloek

Verse 160 — Surah Al-Baqarah 2:160

behalwe hulle wat berou betoon en verbeter, en die waarheid verkondig ~ tot hulle wend Ek My genadiglik; en Ek aanvaar berou, en is Genadig

Verse 161 — Surah Al-Baqarah 2:161

Hulle wat weier om te glo en as ongelowige sterf ~ op hulle rus die vloek van Allah en die engele en die mense almal tesame

Verse 162 — Surah Al-Baqarah 2:162

Daarin sal hulle vertoef; hulle straf sal nie verlig word, en geen uitstel sal aan hulle verleen word nie

Verse 163 — Surah Al-Baqarah 2:163

En julle God is Een God; behalwe Hom is daar geen ander God nie! Hy is Barmhartig, Genadig

Verse 164 — Surah Al-Baqarah 2:164

In die skepping van die hemel en die aarde; en die wisselling van dag en nag; in die skepe wat die see bevaar tot voordeel van die mens; in water wat Allah uit die hemel neerstuur en die aarde daarmee laat herleef nadat dit dood was, en allerhande diere daarop laat voortkom; en in die verandering van die winde en die wolke wat tussen die hemel in diens gestel is, is voorwaar tekens vir ’n volk wat verstaan

Verse 165 — Surah Al-Baqarah 2:165

Tog is daar sommiges wat behalwe Allah voorwerpe tot aanbidding neem en dit liefhet soos hulle Hom lief behoort te hê. Maar hulle wat glo, se liefde vir Allah is meer standvastig. En wee! As die onregverdiges maar, wanneer hulle die straf ervaar, kan sien dat alle mag aan Allah behoort en dat Allah ’n streng Tugmeester is

Verse 166 — Surah Al-Baqarah 2:166

Wanneer die leiers wat hul volgelinge in die steek gelaat het, die tugtiging sal bemerk, en hulle bande verbreek sal word

Verse 167 — Surah Al-Baqarah 2:167

en die volgers sal sê: As ons maar kon terugkeer, sou ons hulle versaak het soos hulle ons versaak het. So sal Allah hul werke vertoon tot hulle skande, en hulle sal die Vuur nie ontwyk nie

Verse 168 — Surah Al-Baqarah 2:168

O Mensdom! Eet van die geoorloofde en heilsame goed wat die aarde bied, en volg nie in die voetstappe van die duiwel nie. Voorwaar, hy is vir julle ’n openlike vyand

Verse 169 — Surah Al-Baqarah 2:169

Hy spoor julle aan tot die skadelike en die onreine, en om vir Allah teë te gaan oor goed waarvan julle niks weet nie

Verse 170 — Surah Al-Baqarah 2:170

En wanneer aan hulle gesê word: Volg wat Allah geopenbaar het, dan sê hulle: Nee, ons volg slegs dit wat ons ons voorouers sien doen het. Hoe dan? Selfs al het hulle voorouers hoegenaamd geen begrip gehad, en ook nie die regte weg bewandel het nie

Verse 171 — Surah Al-Baqarah 2:171

En die gelykenis van die ongelowiges is soos ’n man wat roep na iets wat niks anders verstaan as ’n uitroep en ’n geskreeu nie. Doof, stom en blind is hulle, en begryp daarom niks nie

Verse 172 — Surah Al-Baqarah 2:172

O gelowiges! Eet van die heilsame goed waarvan Ons julle voorsien het, en betuig dank aan Allah, indien julle Hom alleen aanbid

Verse 173 — Surah Al-Baqarah 2:173

Hy weerhou julle slegs van dooie diere, en van die bloed en die vleis van varke, en van dit (wat geslag is en) waaroor ’n ander naam as dié van Allah uitgeroep is. Maar diegene wat deur nood daartoe gedwing is, en dit nie begeer het nie, en dus geen oortreder is nie, rus daar geen blaam nie! Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol

Verse 174 — Surah Al-Baqarah 2:174

Hy wat enigiets van die Boek wat Allah geopenbaar het, verberg, en dit vir ’n geringe prys verruil, sal sy buik met niks anders as vuur vul nie; en op die Heropstandingsdag sal Allah nie met hulle praat nie, en ook nie louter nie; op hulle wag ’n smartlike straf

Verse 175 — Surah Al-Baqarah 2:175

Dit is húlle wat dwaling vir leiding verruil en kastyding vir vergifnis; hoe groot is hulle baldadigheid om die Vuur uit te daag

Verse 176 — Surah Al-Baqarah 2:176

Dit is omdat Allah die Boek met waarheid geopenbaar het. En voorwaar, hulle wat met die Boek verskil, dwaal slegs verder weg in die verset

Verse 177 — Surah Al-Baqarah 2:177

Dit is geen deug as julle die aangesig na die Ooste en na die Weste draai nie; maar deugdelikheid is om te glo in Allah en in die Laaste Dag en aan die engele en aan die Boek en die profete, en wat van sy rykdom uit liefde afstaan aan sy familiegenote, en aan die wesies en die behoeftiges, en aan die reisiger en vir diegene wat vra; en vir die vrykoop van slawe, en die gebed onderhou, en die Zakaat19 betaal, en hy wat sy woord gestand doen nadat hy ’n belofte gemaak het; en deugdelik is die geduldiges wat in ellende en kwelling en in tyd van moeilikheid moed hou. Hulle is die mense van die waarheid; dit is hulle wat pligsgetrou is

Verse 178 — Surah Al-Baqarah 2:178

O julle wat glo, (Qisas) die Wet van Gelykheid in Straf kan toegepas geëis word in die geval van moord: vrygeborene teen vrygeborene, slaaf teen slaaf, vrou teen vrou. Maar indien die moordenaar kwytgeskeld word deur die bedroefde broer(of gesinsgenote), dan moet die bloedgeld geëis word en die uitbetaling daarvan moet met geregtigheid en in ’n goeie gees geskied. Dit is versagting en barmhartigheid van julle Heer. Wie hierdie perke oorskry, sal ’n smartlike straf ontvang

Verse 179 — Surah Al-Baqarah 2:179

En deur Qisas (Wet van Gelykheid in Straf ) is daar lewe vir julle, o mense met insig, sodat julle godvresend mag bly

Verse 180 — Surah Al-Baqarah 2:180

Dit is vir julle voorgeskryf dat wanneer die dood nader kom, en ’n nalatenskap word na gelaat, daar in ’n testament vir ouers en naasbestaandes, op ’n billike wyse na gelaat moet word; hierdie plig rus op die godvresendes

Verse 181 — Surah Al-Baqarah 2:181

Wie ook al dit (die erflating) verander nadat hy dit gehoor het, die skuld sal alleen rus op hom wat dit verander het. Voorwaar, Allah is Alhorend, Alwetend

Verse 182 — Surah Al-Baqarah 2:182

Maar hy wat vrees dat daar onreg of onbillikheid aan die kant van die erflater bestaan, en tussen die erfdelers ’n skikking teweegbring, sal sonder blaam wees. Waarlik, Allah is Ver- gewensgesind, Genadevol

Verse 183 — Surah Al-Baqarah 2:183

O julle wat glo, vir julle is die vas voorgeskryf, soos dit ook voorgeskryf was vir hulle wat vóór julle was, sodat julle godvresendheid mag bereik

Verse 184 — Surah Al-Baqarah 2:184

Dit geld vir ’n vasgestelde aantal dae. Maar dié van julle wat siek of op reis is, moet vir ’n gelyke aantal ander dae (later) vas. En hulle wat dit baie moeilik vind, mag ’n losprys betaal deur ’n arm persoon te voed. Maar hy wat vrywillig goeie dade doen, vir hom sal dit toegereken word; dit is beter dat julle vas, aangesien julle hierdie dinge weet

Verse 185 — Surah Al-Baqarah 2:185

Dit is (gedurende) die maand van Ramadaan, dat die Qur’ãn geopenbaar is as ’n leiding vir mense, en as duidelike tekens van die leiding en die maatstaf. Wie van julle ook al in hierdie maand mag lewe, laat hy vas; en wie siek of op reis is, moet ’n gelyke aantal ander dae vas. Allah begeer gemak vir julle en geen ongemak nie, en Hy wil dat julle die aantal dae sal voltooi, en dat julle die grootheid van Allah sal prys omdat Hy jul gelei het, en dat julle dankbaar sal wees

Verse 186 — Surah Al-Baqarah 2:186

En as My dienaars u oor My uitvra, voorwaar, Ek is naby. Ek reageer op die gebed van die smekeling wanneer hy My aanroep; daarom moet hulle aan My oproep gehoor gee sodat hulle die regte weg kan bewandel

Verse 187 — Surah Al-Baqarah 2:187

Dit is julle veroorloof om op die aande van die vastyd geslagtelik met jul vroue te verkeer. Hulle is ’n gewaad vir julle en julle is ’n gewaad vir hulle. Allah weet dat julle onregverdig was teenoor julle self, en het Hom met barmhartigheid tot julle gewend en die las van julle verwyder. Daarom mag julle nou met hulle verkeer en soek wat Allah julle veroorloof het; en eet en drink totdat julle met die lumier die wit lint van die dag van die duisternis van die nag kan onderskei, voltooi die vas totdat die nag weer daal, en weerhou julleself van geslagtelike verhoudings met (hulle vroue) terwyl julle die Ie’tiekaaf20 hou in die Moskees. Dít is die beperkinge wat deur Allah op julle geplaas is; raak hulle dus nie aan nie. So openbaar Allah Sy tekens aan die mense, sodat hulle godvresend mag word

Verse 188 — Surah Al-Baqarah 2:188

En moenie mekaar se eiendom wederregtelik opeis terwyl julle hierdie dinge weet nie, en gaan ook nie hiermee na die regters om daardeur ten onregte ’n gedeelte van die mense te kan inpalm nie

Verse 189 — Surah Al-Baqarah 2:189

En hulle vra u uit omtrent die nuwe mane (hilaal). Sê: Hulle is tydsbepalers vir die mensdom en vir die bedevaart. Dit is nie deugdelik vir julle om die huise van die agterkant af in te gaan nie, maar deugsaam is hy wat te alle tye bewus is van Allah. En gaan die huise binne by hulle deure; en wees bewus van Allah, sodat julle suksesvol kan wees

Verse 190 — Surah Al-Baqarah 2:190

En veg in die weg van Allah teen hulle wat julle die stryd aansê, maar moenie die wette soos neergelê, oortree nie. Voorwaar, Allah het geen liefde vir die oortreders nie

Verse 191 — Surah Al-Baqarah 2:191

En bring hul om waar julle hulle ook al mag vind, en verdryf hulle van waar hulle julle verdryf het; want vervolging is erger as slagting. En baklei nie met hulle binne die heiligdom van die Moskee nie, tensy hulle julle daarin die stryd aansê; en as hulle dit doen, bring hul dan om. So is die vergelding vir die ongelowiges

Verse 192 — Surah Al-Baqarah 2:192

Maar as hulle dit staak, voorwaar, dan is Allah Vergewensgesind, Genadevol

Verse 193 — Surah Al-Baqarah 2:193

En beveg hulle totdat die vervolging verby is, en die aanbidding slegs vir Allah is. Maar as hulle ophou, moet julle ook ophou, behalwe teen die onderdrukkers

Verse 194 — Surah Al-Baqarah 2:194

Die heilige maand vir die heilige maand, en vergelding is ge- oorloof in heilige dinge. Wie ook al aggressief teen julle mag optree, vergeld hom vir wat hy gedoen het en straf met die straf wat hy julle oplê; en weet dat Allah met hulle is wat te alle tye bewus is van Hom

Verse 195 — Surah Al-Baqarah 2:195

En bestee van julle rykdom in die weg van Allah, en werp julself nie eiehandig in die verderf nie, maar doen goed aan ander. Voorwaar, Allah het die weldoeners lief

Verse 196 — Surah Al-Baqarah 2:196

En voltooi die groot en klein bedevaartsreis ter wille van Allah. Maar as julle verhinder word, stuur dan enige offerande wat julle kan bekostig; en skeer nie julle hoofde voordat die offerande sy bestemming bereik het nie. En dié van julle wat siek is, of aan ’n kwaal aan die hoof ly, moet ’n losprys bied deur te vas, of deur die gee van aalmoese, of deur offerande. En wanneer julle veilig is, moet hy wat die groot en klein bedevaart saam uitvoer, enige offerande neem soos wat hy kan bekostig. Maar hy wat dit nie kan bekostig nie, moet tydens die bedevaart vir drie dae lank vas, en vir sewe dae na sy tuiskoms. Altesaam is dit dan tien dae. Dit is vir hóm wie se familie nie naby die Heilige Moskee woon nie. En wees bewus van Allah, en weet dat Allah streng is in die vergelding van die kwaad

Verse 197 — Surah Al-Baqarah 2:197

Die maande van die bedevaart is goed bekend; daarom, wie be- sluit om daarin die bedevaart te onderneem, moet daartydens wegbly van seksuele omgang met sy vrou, van sonde en van stryery en skeltaal. En watter goeie dade julle ook al doen, Allah weet daarvan. En maak voorsiening vir julleself, en watter voorsiening kan beter wees as Bewustheid van Allah. Wees bewus van My, o mense met begrip

Verse 198 — Surah Al-Baqarah 2:198

En dit sal julle nie as ’n sonde toegereken word om die oorvloed van jul Here te soek nie. Daarom, wanneer julle van die vergaderplek van Arafaat verlaat, dink dan aan Allah naby Masariel Garaam21 en dink aan Hom omdat Hy julle reg gelei het, al was julle vroeër onder die verdwaaldes

Verse 199 — Surah Al-Baqarah 2:199

En vertrek van waar die volk vertrek, en soek vergifnis by Allah. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadevol

Verse 200 — Surah Al-Baqarah 2:200

En wanneer julle die rituele van die groot bedevaart voltooi het, loof Allah, soos julle jul voorvaders geloof het, en selfs nog meer. En daar is sommige mense wat sê: Ons Heer, skenk aan ons baie in hierdie wêreld, maar in die Hiernamaals sal daar vir hulle geen deel wees nie

Verse 201 — Surah Al-Baqarah 2:201

En daar is sommige onder hulle wat sê: Ons Heer, skenk die goeie in hierdie lewe, en so ook in die toekomstige lewe, en behoed ons van die marteling van die Vuur

Verse 202 — Surah Al-Baqarah 2:202

Vir hulle sal daar ’n aandeel wees, omdat hulle dit verdien. En Allah is gou met die vereffening

Verse 203 — Surah Al-Baqarah 2:203

En dink aan en loof Allah gedurende die vasgestelde aantal dae. Maar wie haastig is om binne twee dae te vertrek, vir hom sal dit geen sonde wees nie; en wie daarna wil agterbly, ook vir hulle sal dit nie ongeoorloof wees nie. En kom jul plig teenoor Allah na, en weet dat Hy julle voor Hom sal versamel

Verse 204 — Surah Al-Baqarah 2:204

En daar is iemand wie se praatjies oor die lewe in hierdie wêreld u mag behaag, en hy roep Allah as getuie in van wat in sy hart omgaan, tog is hy die twissoekerigste van al die teenstanders

Verse 205 — Surah Al-Baqarah 2:205

En wanneer hy gesag uitoefen, gaan hy in die land rond om wanorde te saai en verwoes die ploeglande en die vee, en Allah hou nie van dié ongeregtigheid nie

Verse 206 — Surah Al-Baqarah 2:206

En wanneer aan hom gesê word: Vrees Allah; dan spoor die trots hom aan tot verdere ongeregtigheid ~ daarom sal die Hel vir hom goed genoeg wees. En voorwaar, dit is ’n bose rusoord

Verse 207 — Surah Al-Baqarah 2:207

En daar is iemand wat homself verloor om die welbehae van Allah te soek. En Allah is goed teenoor Sy dienaars

Verse 208 — Surah Al-Baqarah 2:208

O julle wat glo! Gaan die volmaakte vrede in, en volg nie in die voetstappe van die duiwel nie. Voorwaar, hy is julle openlike vyand

Verse 209 — Surah Al-Baqarah 2:209

Maar as julle struikel nadat duidelike tekens tot julle gekom het, weet dan dat Allah Almagtig en vol Wysheid is

Verse 210 — Surah Al-Baqarah 2:210

Hulle wag op niks anders nie, as dat Allah en die engele in die skadu van die wolke na hulle sal kom, maar die saak is alreeds beslis. En tot Allah sal alle dinge teruggebring word

Verse 211 — Surah Al-Baqarah 2:211

Vra vir die Kinders van Israel hoeveel duidelike bewyse Ons hulle gegee het! En wie dan ook die guns van Allah verwerp nadat dit tot hom gekom het, laat hom weet dat Allah ’n streng tugmeester is

Verse 212 — Surah Al-Baqarah 2:212

Die lewe in hierdie wêreld is vir die ongelowiges aanloklik ge- maak, en hulle spot met die gelowiges. Maar hulle wat hul plig nougeset nakom, sal op die Dag van Herrysenis bó hulle verhef word. En Allah skenk aan wie Hy verkies, sy Guns sonder enige beperking

Verse 213 — Surah Al-Baqarah 2:213

Die mensdom is één gemeenskap. Daarom het Allah profete gestuur as draers van blye tydings en as waarskuwers, en deur hulle het Hy die Boek en die waarheid geopenbaar om onder die mense reg te spreek in sake waaroor hulle verskil. En niemand behalwe hulle aan wie dit oorspronklik geskenk is, het daarvan verskil nadat daar duidelike argumente tot hulle gekom het nie; en daarby was hulle jaloers, die een op die ander. So het Allah deur Sy gebod leiding gegee aan die gelowiges oor die waarheid waarin hulle onder mekaar verskil het. En Allah lei op die regte weg wie Hy wil

Verse 214 — Surah Al-Baqarah 2:214

Dink julle dat jul die Paradys sal binnegaan terwyl julle nog nie eens dieselfde lot gedra het as hulle wat vóór julle heengegaan het nie? Teenslae en rampspoede het hul getref, en hulle is so hewig geskok sodat die Boodskapper en hulle wat saam met hom geglo het, moes aanroep: Wanneer sal Allah se hulp opdaag? Ja, waarlik, die hulp van Allah is naby

Verse 215 — Surah Al-Baqarah 2:215

En as hulle u vra wat hul moes bestee, sê: Watter deel van julle rykdom jul nou ook al weggee, dit moet gaan aan jul ouers, aan die weeskinders, en die behoeftiges, en aan die reisigers. En watter goeie dade julle ook mag doen, waarlik, Allah weet daarvan

Verse 216 — Surah Al-Baqarah 2:216

Julle word beveel om te veg hoewel julle ’n afkeer daarvan het; maar dit kan wees dat julle teësin het in iets wat vir julle heilsaam is, en dit kan wees dat julle ’n behae het in iets wat vir julle skadelik is; en Allah weet hierdie dinge, hoewel julle daarvan onbewus is

Verse 217 — Surah Al-Baqarah 2:217

Hulle vra u omtrent gevegte gedurende die heilige maande! Sê: ’n Geveg in daardie tyd is ’n ernstige oortreding. Maar om mense in die diens van Allah te hinder en Hom en die Heilige Moskee te verloën en die volk daaruit te verdrywe, is ’n erger oortreding; en vervolging is erger as slagting. En as hulle kan, sal hul nie ophou om julle te vervolg voordat julle van jul geloof afvallig geword het nie. En dié van julle wat die rug op julle geloof draai en as ongelowiges sterwe ~ hulle werk sal tevergeefs wees in hierdie wêreld, én in die Hiernamaals. En hulle sal die bewoners van die Vuur wees; daarin sal hul vertoef

Verse 218 — Surah Al-Baqarah 2:218

Waarlikwaar, hulle wat glo, en wat noodgedwonge moes emigreer, en wat in die weg van Allah strewe ~ hulle kan die barmhartigheid van Allah verwag. En Allah is Vergewensgesind, Genadevol

Verse 219 — Surah Al-Baqarah 2:219

En as hulle u uitvra omtrent alkoholiese drank en dobbelary, sê: In albei van hulle is groot nadele, en vir sommige mense ook voordeel, maar die nadele daarvan is meer en groter as die voordeel. En hulle vra u uit oor wat hulle moet bestee, sê: Net wat julle kan afstaan. So maak Allah Sy wette en tekens aan julle duidelik sodat julle daaroor kan nadink

Verse 220 — Surah Al-Baqarah 2:220

En as hulle u uitvra omtrent die weeskinders, sê: Die bevordering van hulle welsyn is ’n goeie saak. En as julle met hulle omgaan, dan is hulle jul broers. En Allah ken die kwaadstigters én die vredemakers. En as Allah dit wou, kan Hy julle baie moeite berokken; waarlik, Allah is Almagtig, vol van Wysheid

Verse 221 — Surah Al-Baqarah 2:221

En trou nie met afgodedienaresse voordat hulle nie ook glo nie; waarlik, ’n gelowige slavin is beter as ’n dienares van afgode, al behaag sy jou ook. En gee ’n gelowige vrou nie in die huwelik uit aan ’n aanbidder van afgode voordat hy nie ook glo nie; waarlik, ’n gelowige slaaf is beter as ’n dienaar van afgode, al behaag hy u ook. Hulle lok julle na die Vuur; en Hy maak Sy boodskappe duidelik aan die mense, sodat hulle daaruit kan leer

Verse 222 — Surah Al-Baqarah 2:222

En hulle vra u uit omtrent die maandstonde van ’n vrou, sê: Dit is iets skadeliks; bly weg van vroue gedurende hul maandstonde, en gaan nie by hulle in voordat sy gereinig is nie. Maar as hulle gereinig is, gaan dan in by hulle soos Allah julle beveel het. Voorwaar, Allah bemin hulle wat hulself tot Hom wend, en Hy bemin die gereinigdes

Verse 223 — Surah Al-Baqarah 2:223

Julle vrouens is vir julle ’n akker; gaan daarom na julle akkers soos dit jul betaam, en stuur vir julself goeie dade vooruit. En kom jul plig teenoor Allah na, en weet dat julle Hom sal ontmoet. En verkondig ’n blye tyding aan die gelowiges

Verse 224 — Surah Al-Baqarah 2:224

En moenie agter Allah skuil wanneer julle onder eed sweer nie wat jul van die goeie weerhou en wat julle belet om jul plig na te kom en om vrede tussen mense te bevorder nie. Allah is Alhorend, Alwetend

Verse 225 — Surah Al-Baqarah 2:225

Allah sal julle nie verantwoordelik hou vir jul ydele ede nie, maar Hy vergeld elkeen na wat sy hart verdien. En Allah is Vergewensgesind, Verdraagsaam

Verse 226 — Surah Al-Baqarah 2:226

Hulle wat ’n eed neem om nie by hul vrouens in te gaan nie, moet vier maande wag; en as hulle terugkeer, dan is Allah voorwaar Vergewinsgesind, Genadevol

Verse 227 — Surah Al-Baqarah 2:227

En as hulle op egskeiding besluit, dan is Allah voorwaar Alhorend, Alwetend

Verse 228 — Surah Al-Baqarah 2:228

Geskeie vroue moet wagtende wees vir die tydperk van drie maandstondes. En as hulle in Allah en in die Laaste Dag glo, is dit hul nie veroorloof om te verberg wat Allah in hulle baarmoeders verwek het nie. En hulle mans het die reg om hulle intussen terug te neem, indien hulle ’n versoening begeer. En vroue het regte soortgelyk aan dié teenoor hulle, op ’n billike wyse; en die mans het ’n voorrang bo hulle. En Allah is Almagtig, vol Wysheid

Verse 229 — Surah Al-Baqarah 2:229

Egskeiding mag twee maal uitgespreek word; behou hulle dan op ’n behoorlike wyse, of laat hulle met minsaamheid gaan. En dit is julle nie veroorloof om hulle iets te ontneem wat jul vroeër aan hulle gegee het (as bruidskat) nie, behalwe as albei vrees dat hulle nie die bepalinge van Allah kan nakom nie. En as julle familielede vrees dat hulle Allah se bepalinge nie kan nakom nie, dan is hulle twee sonder blaam met betrekking tot dit wat sy teruggee om daardeur vry te word. Hierdie dinge is beperkinge wat deur Allah daargestel is; oorskry hulle dus nie; en hulle wat die perke wat Allah stel, oorskry, hulle is die sondaars

Verse 230 — Surah Al-Baqarah 2:230

As hy haar vir die derde maal skei,22 is sy hom nie meer geoorloof voordat sy met ’n ander eggenoot in die huwelik tree nie. En as hy23 van haar skei, sal dit geen oortreding wees as hulle weer na mekaar terugkeer nie, mits hul oortuig is dat hulle die beperkinge wat Allah voorskryf, in ag kan neem. Dít is die beperkinge van Allah wat Hy openbaar aan ’n volk wat verstaan

Verse 231 — Surah Al-Baqarah 2:231

En wanneer jul van vroue skei en hul bereik die einde van die voorgeskrewe tydperk, neem hulle terug op ’n behoorlike manier, of stuur hulle op ’n betaamlike wyse weg. Maar moenie hulle terugneem tot hulle skade nie, sodat julle nie die voorgeskrewe grense oorskry nie. En wie dít doen, pleeg sekerlik ’n onreg teenoor homself aan. En drywe nie die spot met Allah se gebooie nie; en dink aan Allah en aan Sy gunste aan julle, en aan dít wat Hy julle deur die Boek geopenbaar het, en aan die wysheid waarmee Hy julle vermaan. En kom julle plig teenoor Allah na, en weet Hy is die Kenner van alles

Verse 232 — Surah Al-Baqarah 2:232

En wanneer julle van vroue skei en hul bereik die einde van hul wagtyd, verhinder hul dan nie om met ander mans in die huwelik te tree nie, as hulle tussen mekaar op ’n wettige wyse daartoe ooreengekom het. Dit is ’n vermaning vir diegene wat in Allah en aan die Laaste Dag glo. Dit is deugsamer en reiner vir julle. Allah is kundig, en julle is onkundig

Verse 233 — Surah Al-Baqarah 2:233

Moeders moet hulle kinders vir twee volle jare soog, vir húlle wat die soogtyd wil voltooi. En hulle onderhoud en voeding sal volgens gebruik deur die vader onderneem word. Geen siel moet met meer as sy vermoë belas word nie. En ’n moeder mag geen leed aangedoen word weens haar kind nie, ook mag ’n vader nie leed aangedoen word omrede sy kind nie; en ’n soortgelyke plig rus op die vader se erfgenaam. Maar indien albei, na onderlinge ooreenkoms en oorleg besluit om die kind te speen, sal hulle sonder skuld wees. En indien julle verkies om ’n soogmoeder vir julle kinders in diens te neem, sal julle sonder blaam wees, mits julle betaal wat julle belowe het, volgens gebruik. En wees bewus van Allah, en weet dat Allah sien wat julle doen

Verse 234 — Surah Al-Baqarah 2:234

En dié van julle wat sterf en vroue agterlaat ~ sulke vroue sal ’n wagtyd van vier maande en tien dae hê; en as hul die einde van hul wagtyd bereik het, sal hulle sonder blaam wees vir wat hulle vir hulself op ’n behoorlike wyse doen. En Allah is welbewus van julle dade

Verse 235 — Surah Al-Baqarah 2:235

En daar sal op julle geen blaam rus as julle nie regstreeks met sulke vrouens oor die huwelik praat nie, of as julle dit in jul gedagte verborge hou. Allah weet dat julle dit wel sal doen, maar belowe hulle niks in die geheim nie behalwe as dit met ’n eerlike gesindheid gedoen word. En besluit nie op ’n huwelik voor die einde van die voorgeskrewe wagtyd nie. En weet dat Allah bewus is van wat in julle gedagtes omgaan, en vrees Hom daarom, en weet dat Allah Vergewensgesind en Verdraagsaam is

Verse 236 — Surah Al-Baqarah 2:236

Daar sal geen skuldlas op julle rus as julle van vroue skei wat julle nog nie aangeraak het, of vóór julle nie vir hulle ’n bruidskat vasgesel het nie. Maar maak voorsiening (deur ’n geskenk) vir hulle: die ryk persoon ooreenkomstig sy vermoë, en die arm persoon ooreenkomstig syne, ’n voorsiening volgens gebruik ~ dit is ’n verpligting vir die deugsame

Verse 237 — Surah Al-Baqarah 2:237

En as julle van hul skei voordat julle hul aangeraak het, maar reeds ’n bruidskat vasgestel het, skenk dan die helfte daarvan, tensy hulle dit kwytskeld, of hy wat die huweliksband in sy hand het daarvan afstand doen en die volle bruidskat skenk. En om die bruidskat te skenk is nader aan geregtigheid en Godvresendheid. Vergeet ook nie om geskenke van goedgesindheid24 aan mekaar te gee nie. Voorwaar, Allah sien wat julle doen

Verse 238 — Surah Al-Baqarah 2:238

Waak oor julle gebede en veral die middelste gebed, en stel julself met eerbied voor Allah

Verse 239 — Surah Al-Baqarah 2:239

Maar as julle in gevaar verkeer, doen die rituele gebed terwyl julle loop of ry, maar wanneer julle veilig is, dink dan aan Allah soos Hy julle geleer het toe julle nie geweet het nie

Verse 240 — Surah Al-Baqarah 2:240

En dié van julle wat sterf en vroue agterlaat, moet in jul testament voorsiening maak vir lewensonderhoud en verblyf vir een jaar. En as hulle vanself weggaan dan sal julle sonder skuld wees, omdat hulle dit aan hulself op ’n wettige wyse gedoen het. En Allah is Almagtig, vol Wysheid

Verse 241 — Surah Al-Baqarah 2:241

En vir geskeide vroue moet daar billike voorsiening gemaak word. Dit is ’n verpligting vir die godvresendes

Verse 242 — Surah Al-Baqarah 2:242

Allah maak Sy tekens op hierdie wyse aan julle bekend, sodat jul mag verstaan

Verse 243 — Surah Al-Baqarah 2:243

Weet julle nie van hulle ~ en hulle was duisende ~ wat uit vrees vir die dood hul huise verlaat het nie? Allah het vir hulle gesê: Sterf! Daarna het Hy vir hulle lewendig gemaak. Voorwaar, Allah verleen genade aan mense, maar die meeste van hulle is ondankbaar

Verse 244 — Surah Al-Baqarah 2:244

En veg in die weg van Allah, en weet dat Allah Alhorend, Al- wetend is

Verse 245 — Surah Al-Baqarah 2:245

Wie ’n goeie daad aan Allah afstaan, vir Hom sal Hy dit veeltallig vermenigvuldig. En Allah verminder en vermeerder, en na Hom sal julle teruggebring word

Verse 246 — Surah Al-Baqarah 2:246

Weet julle nie van die leiers van die Kinders van Israel ná Moses nie? Hoe hulle aan een van hul profete gesê het: Stel oor ons ’n koning aan sodat ons vir die saak van Allah kan veg. Hy het geantwoord: Kan dit nie wees dat julle onwillig sal wees om te veg wanneer julle daartoe beveel word nie? Hulle het gesê: Waarom sal ons nie vir die saak van Allah veg nie, noudat ons reeds van ons huise en ons kinders beroof is? Maar toe hul tot die stryd beveel is, het hulle weggedraai behalwe ’n klein groepie. Allah ken kwaadstokers baie goed

Verse 247 — Surah Al-Baqarah 2:247

En hul profeet (Samuel) het aan hulle gesê: Voorwaar, Allah het Ta’loet25 as koning oor julle aangestel. Toe het hulle gesê: Hoe kan hy die koningskap oor ons hê terwyl ons meer aanspraak daarop het as hy, en terwyl daar nie groot rykdom aan hom gegee is nie? Hy het gesê: Waarlik, Allah het hom bó julle verkies en hom toegerus met groot wysheid en krag. En Allah gee Sy heerskappy aan wie Hy wil. En Allah is Algenoegsaam, Alwetend

Verse 248 — Surah Al-Baqarah 2:248

Verder het hul profeet gesê: Voorwaar, die teken van sy koningskap is dat daar aan julle ’n hart gegee sal word waarin die vrede van jul Here is, en die uitnemendste van wat die volge- linge van Moses en Aaron nagelaat het, en die engele sal dit dra. Waarlik, hierin is ’n teken vir die gelowiges

Verse 249 — Surah Al-Baqarah 2:249

En toe Ta’loet met sy weermag opgeruk het, het hy gesê: Voorwaar, Allah sal julle met ’n rivier beproef. Diegene wat daarvan drink, hoort nie by my nie; maar wie daarvan nie drink nie, hy sal met mý wees, behalwe as hy maar net ’n handvol daarvan neem. Maar hulle het daarvan gedrink, behalwe ’n klein groepie onder hulle. En toe hy en die gelowiges wat saam met hom was die rivier oorsteek, het hulle gesê: Vandag het ons geen krag teen Dja’loet26 en sy weermag nie. Maar hulle wat seker was dat hulle hul Here sal ontmoet, het geantwoord: Hoeveel keer het klein groepie nie al onder aanvoering van hul Here oor ’n groter mag geseëvier nie? En Allah is met die geduldiges

Verse 250 — Surah Al-Baqarah 2:250

En toe hulle uittrek om Dja’loet en sy magte te ontmoet, het hulle gesê: Ons Heer! Gee aan ons geduld, en maak ons voetstappe ferm, en help ons teen hierdie ongelowige volk

Verse 251 — Surah Al-Baqarah 2:251

So het hulle dan hul teëstanders deur die gebod van Allah op vlug gejaag. En Dawid het Dja’loet gedood, en Allah het aan hom die koninkryk en die wysheid gegee, en hom onderrig in waarin Hy wou. En was dit nie dat Allah sommige mense deur ander laat terugdryf nie, sou die aarde sekerlik in ’n wanorde verkeer het ~ maar Allah is Genadig teenoor die bewoners van die wêrelde

Verse 252 — Surah Al-Baqarah 2:252

Hierdie dinge is tekens van Allah ~ Ons dra hulle oor aan u met waarheid; en voorwaar, u (Moegammad) is een van die boodskappers

Verse 253 — Surah Al-Baqarah 2:253

Sommige van hierdie boodskappers het ons bó andere verhef. En met sommige het Allah gepraat, en ander het Hy trapsgewys verhef. En aan Jesus, seun van Maria, het Ons duidelike tekens en bewyse gegee en hom met die Heilige Gees versterk. En het dit Allah behaag, sou hulle mekaar nie beveg het nadat duidelike bewyse na hulle gekom het nie. Maar hulle het getwis; daarom het sommige geglo, terwyl ander ongelowig gebly het. En het dit Allah behaag, sou hulle nooit met mekaar geveg het nie, maar Allah doen wat Hy wil

Verse 254 — Surah Al-Baqarah 2:254

O julle wat glo! Spandeer van wat Ons aan julle gegee het, voordat die Dag kom waarop daar geen handel, geen vriendskap en geen voorspraak meer sal wees nie. En die ongelowiges is die kwaaddoeners

Verse 255 — Surah Al-Baqarah 2:255

Allah! ~ daar is geen god behalwe Hy nie, die Ewiglewende, die Onafhanklike deur wie alles bestaan. Hy sluimer of slaap nie. Alles wat in die hemele en op die aarde is behoort aan Hom. Wie kan by Hom intree sonder toestemming? Hy weet wat vóór hul was en wat agter hulle is. En hulle kan geen deel van Sy ken- nis omvat nie, behalwe waartoe Hy toestem. Sy kennis strek oor die hemele en oor die aarde, en die instandhouding van albei vermoei Hom nie. Hy is die Verhewende, die Grootste

Verse 256 — Surah Al-Baqarah 2:256

Daar is geen dwang in die godsdiens nie ~ die ware weg is inderdaad duidelik te skei van die dwaling. Wie dan die duiwel verloën en in Allah glo, het ’n sterk greep wat nooit sal meegee nie. En Allah is Alhorend, Alwetend

Verse 257 — Surah Al-Baqarah 2:257

Allah is die Vriend van hulle wat glo. Hy lei hulle uit die duisternis na die lig. Die duiwel is die vriend van die ongelowiges, wat hulle verplaas uit die lig na die duisternis. Hulle is die bewoners van die Vuur; daarin sal hulle verewig vertoef

Verse 258 — Surah Al-Baqarah 2:258

Het julle nie van die man gehoor wat met Abraham geredetwis het oor sy Here, omdat Allah aan hom die koninkryk geskenk het nie? Toe Abraham gesê het: My Here is Hy wat lewe gee en laat sterwe, het hy geantwoord: Ek gee lewe en laat sterf. Abraham het gesê: Waarlik, Allah laat die son in die ooste opkom; laat u dit dan in die weste opkom. So was die ongelowige dus totaal verstom. En Allah lei nie die sondaars nie

Verse 259 — Surah Al-Baqarah 2:259

Of soos ’n man wat langs ’n stad verbykom waarvan die dakke ingetuimel het, en uitgeroep het: Hoe sal Allah daaraan lewe gee nadat dit reeds dood is? Toe laat Allah hom vir ’n honderd jaar lank sterf, waarna Hy hom weer opgewek het. Hy het gesê: Hoe lank het jy hier getalm? Hy het geantwoord: Ek het maar ’n dag of ’n gedeelte van ’n dag hier oorgebly. Hy het gesê: Nee, jy was ’n honderd jaar lank hier; maar kyk na jou voedsel en jou drank ~ die jare het hulle nie aangetas nie. En kyk na jou esel. Dit is omdat Ons jou as ’n bewys aan die mense voorhou. En kyk na die beendere, hoe Ons hulle bymekaarbring en dit met vlees bedek. En toe dit alles vir hom duidelik geword het, het hy geantwoord: Ek weet dat Allah gesag oor alles het

Verse 260 — Surah Al-Baqarah 2:260

En toe Abraham gesê het: My Heer! Toon aan my hoe U lewe aan die gestorwenes skenk. Toe het Hy gesê: Glo jy dan nie? Daarop het Abraham gesê: Ja, maar slegs sodat my hart gerus kan wees. Hy het geantwoord: Neem vier voëls en maak hulle geheg aan jou. Sit elkeen op ’n heuwel en roep na hulle ~ hulle sal na jou aangevlieg kom; en weet dat Allah Almagtig en vol wysheid is

Verse 261 — Surah Al-Baqarah 2:261

En hulle wat hul welvaart in die weg van Allah bestee, is soos ’n graankorrel wat sewe are voortbring, met ’n honderd korrels in elke aar. En Allah vermeerder vir wie Hy wil. En Allah is die Goeie Gewer, Alomvattend, Alwetend

Verse 262 — Surah Al-Baqarah 2:262

En hulle wat hul welvaart in die weg van Allah bestee, en die besteding nie met verwyt of herinneringe van hul goedheid opvolg nie, sal hul beloning by hul Here vind, en hulle sal geen vrees ken nie, ook sal hulle nie treur nie

Verse 263 — Surah Al-Baqarah 2:263

’n Vriendelike woord en vergifnis is beter as liefdadigheid gevolg deur bitterheid. En Allah is Selfgenoegsaam, Verdraagsaam

Verse 264 — Surah Al-Baqarah 2:264

O julle wat glo! Maak julle welwillendheid nie waardeloos deur verwyt en bitterheid nie, soos hý wat sy rykdom weggee om in die guns van mense te kom, terwyl hy nie in Allah en die Laaste Dag glo nie. Hy is soos ’n gladde rots wat met ’n stoflaag bedek is, waarop ’n stortreën val wat dit kaal agterlaat. Hulle is nie in staat om enige voordeel te trek uit wat hulle verdien nie. En Allah lei nie die ongelowige volk nie

Verse 265 — Surah Al-Baqarah 2:265

En hulle wat hul rykdom weggee om die welbehae van Allah en die versterking van hul siele te soek, is soos ’n tuin op hooggeleë grond, waarop swaar reëns neersak wat tweevoudig vrugte laat voortspruit; maar as swaar reëns nie val nie, is ’n ligte reën voldoende. En Allah sien wat julle doen

Verse 266 — Surah Al-Baqarah 2:266

Sal een van julle wat ’n tuin het met dadelpalms en wingerde daarin, wat vir hom baie vrugte dra ~ terwyl hy self reeds krank van ouderdom is en swak kinders het ~ wens dat ’n warrelwind met vuur daarin kom en dit verskroei? So maak Allah Sy tekens aan julle duidelik, sodat julle kan nadink

Verse 267 — Surah Al-Baqarah 2:267

O julle wat glo! Spandeer van die goeie dinge wat julle verdien, en van wat Ons vir julle uit die aarde laat voortkom het, en moenie gee van dit wat nie goed is om te spandeer nie, en wat julle vir julself nie sou aanvaar nie, behalwe deur vergissing. En weet dat Allah Selfgenoegsaam is, Prysenswaardig

Verse 268 — Surah Al-Baqarah 2:268

Die duiwel dreig julle met armoede en verplig julle om suinig te wees, terwyl Allah julle Sy vergifnis en oorvloed belowe. En Allah is Alomvattend, Alwetend

Verse 269 — Surah Al-Baqarah 2:269

Hy skenk wysheid aan wie Hy wil. En aan wie wysheid geskenk word, is oorvloedig geseën. En niemand verstaan daar iets van nie, behalwe die verstandiges

Verse 270 — Surah Al-Baqarah 2:270

En weet verseker dat Allah bewus is van alles wat julle in Sy Weg spandeer en van alle plegtige beloftes wat julle aflê. En daar sal geen hulp wees vir die kwaaddoeners nie

Verse 271 — Surah Al-Baqarah 2:271

As julle openlik aalmoese gee, dan is dit goed; maar as julle dit in die geheim aan die behoeftiges skenk, dan sal dit vir julle beter wees, en dit sal sommige van julle skuld aflaat. En Allah is bewus van wat julle doen

Verse 272 — Surah Al-Baqarah 2:272

Om hulle te lei is nie u plig nie, maar Allah gee leiding aan wie Hy wil. Watter goeie dinge julle ook al weggee, dit sal julle ten goede gereken word. En doen dit slegs om die welbehae van Allah daarin te verkry. En watter goeie dinge jul ook mag weggee, dit sal ten volle terugbetaal word en julle sal geen onreg aangedoen word nie

Verse 273 — Surah Al-Baqarah 2:273

Aalmoese is vir die armes wat gebind is deur hul diens aan Allah, en wat daarom nie in die land kan rondtrek nie; die onwetendes mag hulle as ryk beskou omdat hulle beskeie is. Julle sal hulle aan hul werke uitken ~ hulle bedel nie op ’n opdringerige wyse nie. En watter goeie dinge julle ook al skenk, waarlik, Allah weet daarvan

Verse 274 — Surah Al-Baqarah 2:274

Diegene wat van hul rykdom in die dag of nag, in die geheim of in die openbaar spandeer, sal hulle beloning van hul Heer ontvang; hulle sal geen vrees of droefheid ken nie

Verse 275 — Surah Al-Baqarah 2:275

Diegene wat rente verbruik sal nie op die Dag van Afrekening opstaan nie, behalwe soos iemand wat deur die duiwel geklap is nie. Dit is omdat hulle sê: Handeldryf is gelyk aan rente, terwyl Allah handeldryf wettig en rente onwettig verklaar het. Wie dan ’n vermaning van sy Heer kry, en die verbruik van rente staak, sal nie vir die verlede sonde gestraf word nie. En sy saak is by Allah. En wie ook al daarna terug val, hulle is die bewoners van die Vuur; daarin sal hulle woon

Verse 276 — Surah Al-Baqarah 2:276

Allah sal die rente uitwis en die barmhartigheid laat toeneem. Allah hou nie van die ondankbare sondaars nie

Verse 277 — Surah Al-Baqarah 2:277

Voorwaar, hulle wat glo en goeie dade doen, die gebed onderhou en die Zakaat27 betaal, sal hulle beloning by hul Heer vind; en vrees en droefheid sal hulle nie aantas nie

Verse 278 — Surah Al-Baqarah 2:278

O julle wat glo! Kom jul plig teenoor Allah na, en ~ as julle gelowiges is ~ doen afstand van die rente wat hierna nog uitstaande is

Verse 279 — Surah Al-Baqarah 2:279

Maar as julle dit nie doen nie, berei julle dan voor vir die stryd met Allah en Sy boodskapper; en as julle berou het, is die oor- spronklike kapitaal nog jul bate. Doen geen onreg aan nie, dan sal daar teenoor julle geen onreg aangedoen word nie

Verse 280 — Surah Al-Baqarah 2:280

En as die skuldenaar in verleentheid verkeer, verleen aan hom ’n uitstel wat vir hom sal pas. En dit sal vir julle beter wees om daarvan as liefdadigheid afstand te doen, het julle dit maar geweet

Verse 281 — Surah Al-Baqarah 2:281

En waak teen die Dag waarop julle na Allah teruggebring sal word. Dan sal aan elke siel na sy verdienste ten volle uitbetaal word; hulle sal geen onreg aangedoen word nie

Verse 282 — Surah Al-Baqarah 2:282

O julle wat glo! Wanneer julle vir ’n vasgestelde periode van mekaar leen, skryf dit dan op. Laat ’n skrywer dit tussen julle met regverdigheid aanteken; en laat geen skrywer weier om te skryf nie, want dit is Allah se bevel. En laat die skuldenaar dit dan voorsê, en laat hy sy plig teenoor Allah, sy Heer, nakom en niks daarvan verminder nie. Maar as die skuldenaar swaksinnig of fisies swak is en nie in staat is om vir homself te praat nie, laat sy voog dan vir hom met regverdigheid intree. En roep as getuie twee mans onder julle; maar as daar nie twee mans te vinde is nie, neem een man en twee vroue onder julle tot getuie, sodat as die een van die twee haar vergis, die ander een haar dan kan vergewis. En die getuies mag nie weier as hulle gedagvaar word nie. En moenie nalaat om die bedrag op te skryf nie, of dit groot of klein is, én die vervaldatum nie. Dit is regverdiger in die oë van Allah; dit maak die getuienis sekerder, en is ook die beste manier om twyfel uit te skakel. Maar as dit onmiddellike handel is wat julle onder mekaar dryf, dan is julle sonder blaam as julle dit nie aanteken nie. En laat daar getuies wees as julle aan mekaar verkoop. En geen leed mag die skrywer of die getuies aangedoen word nie. En ás julle so iets doen, dan is dit sekerlik ’n oortreding. En kom jul plig teenoor Allah na. En Allah onderrig julle. Waarlik, Allah weet alle dinge

Verse 283 — Surah Al-Baqarah 2:283

En as julle op reis is en geen skrywer kan vind nie, dan mag ’n verband daarvoor geneem word. En as julle iets aanmekaar toevertrou het, laat hy aan wie iets toevertrou is, die toe- vertroude dit teruggee waarmee hy toevertroud was, en laat hy sy plig teenoor Allah, sy Heer, nakom. En moenie die getuienis versteek nie. En wie ook al dít versteek, sy hart is sekerlik sondig. En Allah is bekend met dit wat julle doen

Verse 284 — Surah Al-Baqarah 2:284

Aan Allah behoort alles wat in die hemele en op aarde is. En of julle openbaar maak wat in jul gedagtes omgaan, of dit verberg, Allah sal julle rekenskap daaroor vra; dan sal Hy vergewe wie Hy wil en straf wie Hy wil. Allah het mag oor alle dinge

Verse 285 — Surah Al-Baqarah 2:285

Die Boodskapper glo in wat sy Heer aan hom geopenbaar het en so glo ook die gelowiges. Almal van hulle glo in Allah en Sy engele en Sy Boeke en Sy Boodskappers. En hulle sê: Ons maak geen onderskeiding tussen Sy Boodskappers nie. En hulle sê: Ons het gehoor en ons gehoorsaam; onse Heer! ons vra U om vergifnis; en tot U is ons terugkeer

Verse 286 — Surah Al-Baqarah 2:286

Allah belas geen siel bo sy vermoë nie. Vir hom is wat hy verdien, en téén hom is wat hy verdien. Ons Heer! Straf ons nie as ons vergeet het of as ons ’n fout begaan het nie. Heer! En belas ons nie soos U hulle vóór ons belas het nie. Ons Heer! Straf ons nie met kwellings wat ons nie kan uitstaan nie. En vergewe ons ons skulde. En beskerm ons! En wees ons genadig! U is ons Beskermheer; skenk ons daarom die oorwinning oor die ongelowiges