Dink aan Moses, hoe hy aan sy gesin gesê het: Voorwaar, ek sien ’n vuur. Ek sal julle daarvan tyding bring, of dalk nog ’n brandende kool, sodat julle jul kan warm maak
En hoe, toe hy daarby kom, ’n stem aan hom gesê het: Geseënd is hy wat na die vuur soek, en geseënd is hy wat naby daaraan is. Eer aan Allah, die Heer van die Wêrelde
Werp daarom u staf neer. Maar toe hy sien dat dit soos ’n slang beweeg, het hy omgedraai en agteruitgegaan en nie weer terug- gekeer nie. O Moses! Moenie vrees nie. Voorwaar, die bood- skappers is nie bevrees in My teenwoordigheid nie
Steek u hand in u boesem, en dit sal sonder enige skade deurskynend te voorskyn kom, as een van die nege tekens vir Farao en sy volk. Gewis, hulle is ’n sondige volk
En hulle het dit ten onregte en met hoogmoed verwerp terwyl hulle siele van die waarheid daarvan oortuig was. Kyk dan hoe was die einde van die booswigte
En Salomo was Dawid se erfgenaam, en hy het gesê: O mense! Die taal van die voëls is aan ons onderrig, en van alles is daar aan ons gegee. Voorwaar, dit is ’n guns van Allah
Toe hulle in die dal van die rooimiere gekom het, het ’n rooimier gesê: O rooimiere! Gaan julle wonings binne, sodat Salomo en sy leërskare julle nie verpletter sonder om dit agter te kom nie
Toe het hy geglimlag en was verbaas oor haar woord, en het gesê: My Heer! Laat my dankbaar wees vir die guns wat U aan my en my ouers bewys het, sodat ek kan goeddoen soos dit U behaag, en laat my deur U barmhartigheid onder u opregte dienaars toe
En hy het nie lank weggebly nie, en toe gesê: Ek het dinge gade- geslaan waarvan u nie weet nie, en ek het van Skeba na u gekom met betroubare inligting
Ek het gevind dat sy en haar volk die son in plaas van Allah aanbid, en die duiwel het hulle dade vir hulle skoonskynend gemaak en hulle van die weg afgekeer, sodat hulle geen regte leiding volg nie
Toe die gesant tot Salomo kom, het hy gesê: Wil u my help met rykdom? Maar dít wat Allah aan my geskenk het, is beter as wat Hy u gegee het. Nee, u roem op ’n geskenk
Keer terug na hulle, want waarlik, ons sal hulle besoek met ’n leërskare waarteen hulle nie weerstand sal kan bied nie; Ons sal hulle sekerlik eerloos uit die stad verdryf, en hulle sal verneder word
Iemand wat kennis van die Boek gehad het, het gesê: Ek kan dit vir u bring in ’n oogwink. Toe Salomo dit dan langs hom geplaas sien, het hy gesê: Dit is deur die genade van my Heer, sodat Hy my kan beproef of ek dankbaar of ondankbaar is. En wie dankbaar is, is slegs dankbaar vir die welsyn van sy eie siel, maar wie ondankbaar is, dan is my Heer Selfgenoegsaam, Barmhartig
En toe sy gekom het, is daar gesê: Was u troon soos hierdie? Sy het geantwoord: Dit lyk asof dit dieselfde is; en ons is voorheen daarvan in kennis gestel en ons is reeds onderdanig
Aan haar is gesê: Gaan die paleis binne. Maar toe sy dit sien, het sy gedink dat dit ’n watermassa was, en het haar voorberei om hierdie probleem die hoof te bied. Hy het gesê: Dit is waarlik ’n paleis, met glas geplavei. Sy het gesê: My Heer! Ek het my siel inderdaad onreg aangedoen, en ek onderwerp my met Salomo aan Allah, die Heer van die Wêrelde
En sekerlik het Ons na Thamoed hulle broer Salieg gestuur, wat gesê het: Aanbid Allah. Maar kyk! hulle het in twee partye verdeel wat met mekaar geargumenteer het
Hy het gesê: O my volk! Waarom begeer julle die kwaad en nie die goeie nie? Waarom vra julle Allah nie om vergifnis, sodat aan julle genade bewys kan word nie
Hulle het geantwoord: Ons voorspel kwaad vir u, asook vir diegene wat saam met u is. Hy het gesê: Wat julle voorspel, berus alleen by Allah. Nee, julle is ’n volk wat beproef word
Hulle het gesê: Sweer vir mekaar by Allah dat ons hom en sy familie gedurende die nag sal aanval, en dat ons daarna aan sy erfgenaam sal sê: Ons was nie getuie van die vernietiging van sy familie nie, en ons is waarlik betroubaar
Maar die antwoord van sy volk was niks anders nie as dat hulle gesê het: Verdryf Lot se volgelinge uit julle stad, want hulle is mense wat hulself rein wil hou
Of, Wie het die hemele en die aarde geskape, en stuur vir julle water uit die wolke af? Dan laat Ons pragtige tuine daarmee groei ~ dit is onmoontlik vir julle om die bome daarvan te laat groei. Is daar ’n god naas Allah? Nee, hulle is ’n afwykende volk
Of, Wie het die aarde ’n rusplek gemaak, en daarin riviere geplaas, en berge daarop geplaas, en tussen die twee seë ’n versperring geplaas? Is daar ’n god naas Allah? Nee, die meeste van hulle weet nie
Of, Wie beantwoord die wanhopige wanneer hy Hom aanroep, en die kwaad verwyder, en julle opvolgers op die aarde maak. Is daar ’n god naas Allah? Hoe min dink julle daaraan
Of, Wie lei julle in die duisternis van die land en die see, en Wie stuur die winde as draers van blye tyding voor Sy barmhartig- heid uit? Is daar ’n god naas Allah? Verhewe is Allah bo wat hulle met Hom vereenselwig
Of, Wie laat die skepping ontstaan, en bring dit voort, en Wie gee julle lewensmiddele uit die hemel en die aarde? Is daar ’n god naas Allah? Sê: Bring julle bewyse indien julle opreg is
En wanneer die woord teen hulle waar sal word, sal Ons vir hulle ’n dier uit die aarde te voorskyn bring wat met hulle sal praat; omdat die mense nie in Ons tekens geglo het nie
En die Dag waarop die basuin geblaas sal word, sal almal in die hemel en op aarde met vrees vervul word, behalwe diegene vir wie Allah wil spaar. En verneder sal almal na Hom kom
En u sal die berge sien ~ wat u gedink het onbeweegbaar is ~ terwyl hulle soos wolke sal verbygaan: die werk van Allah se hande! Hy wat alles volmaak geskape het. Voorwaar, Hy is Bewus van julle dade
Sê: Ek is beveel om slegs die Heer van hierdie stad2 te aanbid, Hý wat dit heilig verklaar het en aan Wie alle dinge behoort, en ek is beveel om ook een van die onderdaniges te wees