Dit is Hy wat vir die ongeletterdes ’n Boodskapper verwek het, wat Sy tekens aan hulle voordra en hulle louter en hulle in die Boek en die Wysheid onderwys, ofskoon hulle voorheen in openlike dwaling verkeer het
Diegene wat met die Tora belas was, en dit nie nagelewe het nie, is soos ’n esel wat boeke dra. Boos is die volk wat die bood- skappers van Allah verwerp. En Allah lei nie die onregverdige volk nie
Sê: O julle Jode! As julle dink dat julle, met uitsluiting van ander mense, die gunstelinge van Allah is, begeer dan die dood as julle die waarheid spreek
Sê: Die dood waarvoor julle probeer vlug, sal julle sekerlik inhaal; dan sal julle tot die Kenner van die Onsigbare en Sigbare teruggestuur word, en Hy sal julle inlig oor julle dade
O julle gelowiges! Wanneer julle tot die Vrydaggebed opge- roep word, gee dan gehoor, en oordink Allah, en verlaat julle sakebedrywe. Dit is vir julle beter indien julle dit weet
Maar as hulle koopware of enige vermaaklikheid sien, gaan hulle haastig daarheen, en laat u staan. Sê: Wat by Allah is, is verkiesliker as vermaaklikheid en handel, en Allah is die Beste Voorsiener