Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 70 - Al-Maarij
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah Al-Maarij 70:1
’n Ondervraer vra na die straf wat weldra sal kom
Verse 2 — Surah Al-Maarij 70:2
oor die ongelowiges, wat niemand kan weerhou
Verse 3 — Surah Al-Maarij 70:3
van Allah, die Heer van die weë wat omhoog lei
Verse 4 — Surah Al-Maarij 70:4
Die engele en die Gees styg op na Hom in ’n Dag waarvan die maat vyftigduisend jare is
Verse 5 — Surah Al-Maarij 70:5
Wees u dan verdraagsaam met lofwaardige geduld
Verse 6 — Surah Al-Maarij 70:6
Voorwaar, hulle sien dit ver weg
Verse 7 — Surah Al-Maarij 70:7
maar Ons sien dit naby
Verse 8 — Surah Al-Maarij 70:8
Die Dag waarop die hemel soos gesmelte koper sal wees
Verse 9 — Surah Al-Maarij 70:9
en die berge soos wol
Verse 10 — Surah Al-Maarij 70:10
en vriend nie na vriend sal vra nie
Verse 11 — Surah Al-Maarij 70:11
hoewel hulle mekaar kan sien. Die misdadige sal hom op daardie Dag van die straf wil vrykoop deur sy kinders
Verse 12 — Surah Al-Maarij 70:12
en sy vrou en sy broer
Verse 13 — Surah Al-Maarij 70:13
en sy familielede wat aan hom toevlug verleen het
Verse 14 — Surah Al-Maarij 70:14
en almal wat op aarde is, om só homself te verlos
Verse 15 — Surah Al-Maarij 70:15
Volstrek nie! Waarlik, dit is ’n Vlammende Vuur
Verse 16 — Surah Al-Maarij 70:16
wat sy vel sal afskroei
Verse 17 — Surah Al-Maarij 70:17
dit sal hom opeis wat terugdeins en hom die rug toekeer
Verse 18 — Surah Al-Maarij 70:18
en rykdom versamel en dit dan gierig terughou
Verse 19 — Surah Al-Maarij 70:19
Voorwaar, die mens is met ’n ongeduldige natuur geskape
Verse 20 — Surah Al-Maarij 70:20
vol weeklae as die kwaad hom oorval
Verse 21 — Surah Al-Maarij 70:21
maar as dit met hom goed gaan, is hy inhalig
Verse 22 — Surah Al-Maarij 70:22
behalwe diegene wat bid
Verse 23 — Surah Al-Maarij 70:23
en in hulle gebede volhard
Verse 24 — Surah Al-Maarij 70:24
en in wie se rykdom daar ’n vasgestelde deel is
Verse 25 — Surah Al-Maarij 70:25
vir die bedelaar en die behoeftige
Verse 26 — Surah Al-Maarij 70:26
en diegene wat die waarheid van die Oordeelsdag aanneem
Verse 27 — Surah Al-Maarij 70:27
en hulle wat die straf van hulle Heer vrees
Verse 28 — Surah Al-Maarij 70:28
voorwaar, die straf van hulle Heer is iets waarteen daar geen beveiliging is nie
Verse 29 — Surah Al-Maarij 70:29
en diegene wat hulle geslagsdrifte beheers
Verse 30 — Surah Al-Maarij 70:30
behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of van dié wat hulle regterhande besit, want dan sal gewis geen verwyt hulle tref nie
Verse 31 — Surah Al-Maarij 70:31
maar diegene wat hierdie perke oorskry, hulle is die oortreders
Verse 32 — Surah Al-Maarij 70:32
En diegene wat eerlik handel met wat aan hulle toevertrou word, en hulle gelofte nakom
Verse 33 — Surah Al-Maarij 70:33
en hulle wat opreg is in hulle getuienisse
Verse 34 — Surah Al-Maarij 70:34
en diegene wat hulle gebede nastrewe
Verse 35 — Surah Al-Maarij 70:35
Hulle is in Tuine, geëerd
Verse 36 — Surah Al-Maarij 70:36
Maar wat makeer die ongelowiges dat hulle na u toe snel
Verse 37 — Surah Al-Maarij 70:37
van regs en links in verskeie groepe
Verse 38 — Surah Al-Maarij 70:38
Verwag hulle almal om die Tuin van Verrukking binne te gaan
Verse 39 — Surah Al-Maarij 70:39
Volstrek nie! Waarlik, Ons het hulle geskape uit wat hulle weet
Verse 40 — Surah Al-Maarij 70:40
Maar nee! Ek sweer, as die Heer van die Ooste en die Weste, dat Ons sekerlik Allermagtig is
Verse 41 — Surah Al-Maarij 70:41
om in hulle plek beter volkere as hulle voort te bring, en Ons kan daarin nie verhinder word nie
Verse 42 — Surah Al-Maarij 70:42
Laat hulle hul aan ydele gesprekke oorgee en hulself vermaak totdat hulle die Dag wat aan hulle belowe word, tegemoetgaan
Verse 43 — Surah Al-Maarij 70:43
die Dag wanneer hulle inderhaas uit hulle grafte sal opstaan, asof hulle na ’n bepaalde doelwit moet snel
Verse 44 — Surah Al-Maarij 70:44
met hulle oë neergeslaan; skande sal hulle bedek. Sodanig is die Dag wat aan hulle belowe word