Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 78 - An-Naba
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah An-Naba 78:1
Wat vra hulle vir mekaar
Verse 2 — Surah An-Naba 78:2
Van die verskriklike aankondiging
Verse 3 — Surah An-Naba 78:3
waaromtrent hulle verskil
Verse 4 — Surah An-Naba 78:4
Nee, hulle sal weldra weet
Verse 5 — Surah An-Naba 78:5
Nee, nogmaals, hulle sal weldra weet
Verse 6 — Surah An-Naba 78:6
Het Ons nie die aarde wyd gemaak
Verse 7 — Surah An-Naba 78:7
en die berge soos penne daarop geplaas nie
Verse 8 — Surah An-Naba 78:8
En Ons het julle in pare geskape
Verse 9 — Surah An-Naba 78:9
en aan julle die slaap vir rus geskenk
Verse 10 — Surah An-Naba 78:10
en Ons het die nag soos ’n mantel gemaak
Verse 11 — Surah An-Naba 78:11
en die dag om ’n lewensonderhoud in te soek
Verse 12 — Surah An-Naba 78:12
Ons het sewe hemele bo-oor julle gestel
Verse 13 — Surah An-Naba 78:13
en ’n skitterende lamp daartussen-in geplaas
Verse 14 — Surah An-Naba 78:14
En Ons stuur stortreën in oorvloed uit die wolke neer
Verse 15 — Surah An-Naba 78:15
waarmee Ons graan en plante laat uitspruit
Verse 16 — Surah An-Naba 78:16
en weelderige tuine
Verse 17 — Surah An-Naba 78:17
Voorwaar, die Dag van Afrekening is reeds bepaal
Verse 18 — Surah An-Naba 78:18
die Dag waarop die basuin geblaas sal word, en julle as ’n skare bymekaar sal kom
Verse 19 — Surah An-Naba 78:19
en die hemel geopen sal word soos deure
Verse 20 — Surah An-Naba 78:20
en die berge verwyder sal word, en net ’n skynsel daarvan sal oorbly
Verse 21 — Surah An-Naba 78:21
Voorwaar, die Hel wag soos ’n hinderlaag
Verse 22 — Surah An-Naba 78:22
dis ’n oord vir die opstandiges
Verse 23 — Surah An-Naba 78:23
waarin hulle baie lank sal vertoef
Verse 24 — Surah An-Naba 78:24
Hulle sal daarin geen verkwikking hê nie, en geen drank sal oor hulle lippe gaan nie
Verse 25 — Surah An-Naba 78:25
behalwe kokende water en die ekskresie van wondinflamasie nie
Verse 26 — Surah An-Naba 78:26
’n Paslike vergelding
Verse 27 — Surah An-Naba 78:27
Waarlik, hulle het die Afrekening nie gevrees nie
Verse 28 — Surah An-Naba 78:28
en het Ons tekens as leuens verwerp
Verse 29 — Surah An-Naba 78:29
Maar Ons het alles geboekstaaf
Verse 30 — Surah An-Naba 78:30
Neem dit dan, want Ons sal niks daarby voeg nie as net straf
Verse 31 — Surah An-Naba 78:31
Voorwaar, daar is ’n beloning vir die godvresendes
Verse 32 — Surah An-Naba 78:32
Beskutte tuine en wingerde
Verse 33 — Surah An-Naba 78:33
en jeugdige, geronde geselle, ewe oud
Verse 34 — Surah An-Naba 78:34
en ’n gevulde beker
Verse 35 — Surah An-Naba 78:35
Daarin sal geen ydele gesprek of leuen gehoor word nie
Verse 36 — Surah An-Naba 78:36
’n beloning van u Heer, ’n toereikende gawe
Verse 37 — Surah An-Naba 78:37
die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, die Barmhartige ~ niemand is in staat om Hom aan te spreek nie
Verse 38 — Surah An-Naba 78:38
Die Dag waarop die gees van die mense, en die engele, in rye staan, sal niemand kan praat nie, behalwe diegene aan wie die Barmhartige dit sal gun, en wie se woorde geskik sal wees
Verse 39 — Surah An-Naba 78:39
Daardie is die Ware Dag; laat hom, wat wil toevlug by sy Heer soek
Verse 40 — Surah An-Naba 78:40
Voorwaar, Ons waarsku julle teen ’n straf wat op hande is ~ die Dag waarop die mens sal sien wat hy met sy hande voor- uitgestuur het, en die ongelowiges sal sê: O, was ek maar stof