Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 81 - At-Takwir
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah At-Takwir 81:1
Wanneer die son opgevou
Verse 2 — Surah At-Takwir 81:2
en die sterre dof sal word
Verse 3 — Surah At-Takwir 81:3
wanneer die berge sal verdwyn
Verse 4 — Surah At-Takwir 81:4
en wanneer die dragtige kamele ver nalaat sal wees
Verse 5 — Surah At-Takwir 81:5
en die wilde diere versamel sal word
Verse 6 — Surah At-Takwir 81:6
en wanneer die riviere leeg sal loop
Verse 7 — Surah At-Takwir 81:7
en al die mense verenig sal word
Verse 8 — Surah At-Takwir 81:8
en wanneer die kind wat lewend begrawe is, sal vra
Verse 9 — Surah At-Takwir 81:9
vir watter misdaad sy doodgemaak is
Verse 10 — Surah At-Takwir 81:10
en wanneer die geskrifte versprei
Verse 11 — Surah At-Takwir 81:11
en wanneer die hemel blootgelê word
Verse 12 — Surah At-Takwir 81:12
en wanneer die Hel aangesteek
Verse 13 — Surah At-Takwir 81:13
en die Paradys nader gebring sal word
Verse 14 — Surah At-Takwir 81:14
dan sal elke siel weet wat dit voorberei het
Verse 15 — Surah At-Takwir 81:15
Ek roep tot getuie die planete wat terugwyk
Verse 16 — Surah At-Takwir 81:16
hulle koers volg en ondergaan
Verse 17 — Surah At-Takwir 81:17
en die nag wanneer dit heengaan
Verse 18 — Surah At-Takwir 81:18
en die daeraad wanneer dit aanbreek
Verse 19 — Surah At-Takwir 81:19
dit is sekerlik die woord van ’n edele Boodskapper
Verse 20 — Surah At-Takwir 81:20
die besitter van mag, en bevestig in die aanwesigheid van die Heer van die Troon
Verse 21 — Surah At-Takwir 81:21
een aan wie gehoorsaamheid toekom, die getroue
Verse 22 — Surah At-Takwir 81:22
en julle metgesel is nie kranksinnig nie
Verse 23 — Surah At-Takwir 81:23
En waarlik, hy het hom self op die uithoeke van die wêreld gesien
Verse 24 — Surah At-Takwir 81:24
En hy is nie suinig met kennis aangaande die Onsigbare nie
Verse 25 — Surah At-Takwir 81:25
Ook is dit nie die woord van ’n vervloekte duiwel nie
Verse 26 — Surah At-Takwir 81:26
Waarheen gaan julle dan
Verse 27 — Surah At-Takwir 81:27
Dit is niks anders nie as ’n Vermaning vir die nasies
Verse 28 — Surah At-Takwir 81:28
vir hom onder julle wat opreg wil wandel
Verse 29 — Surah At-Takwir 81:29
En julle sal nie wil nie, behalwe hulle vir wie Allah dit beskik; die Heer van die Wêrelde