Back to Languages
Afrikaans - Chapter 15
Translation by Imam M. A. Baker
Verse 1
Alief, Laam, Raa.1 Dít is die verse van die Boek, en van ’n Qur’ãn wat verduidelik
Verse 2
Dikwels sal die ongelowiges wens dat hulle Moesliems was
Verse 3
Laat hulle eet en hulself vermaak, en laat valse hoop hulle bedrieg, want hulle sal weldra beter weet
Verse 4
En nooit het Ons ’n stad verwoes nie, of die besluit daartoe is eers bekend gemaak
Verse 5
Geen volk kan hulle lot bespoedig nie, ook kan hulle dit nie vertraag nie
Verse 6
En hulle sê: O, jy aan wie die vermaning geopenbaar is! Jy is voorwaar besete
Verse 7
Waarom bring u ons nie die engele nie, as u opreg is
Verse 8
Ons stuur geen engele nie behalwe met die waarheid, en dan sou geen uitstel aan hulle verleen word nie
Verse 9
Voorwaar, Ons het die Vermaning geopenbaar, en Ons is gewis die Bewaker daarvan
Verse 10
En vóór u het Ons reeds boodskappers na die volkstamme van die ou tyd gestuur
Verse 11
En daar het nooit ’n boodskapper na hulle gekom nie, of hulle het hom bespot
Verse 12
So laat Ons dit die harte van die misdadigers binnedring
Verse 13
hulle glo nie daarin nie, hoewel hulle weet wat met die ou volkere gebeur het
Verse 14
En al sou Ons ook ’n deur na die hemel vir hulle oopmaak, en hulle styg aanhoudend daarin op
Verse 15
sou hulle sê: Ons oë was slegs beneweld, of liewers: Ons was betower
Verse 16
En voorwaar, Ons het groot sterre in die hemel geplaas, en Ons het dit is aanloklik gemaak vir wie dit aanskou
Verse 17
En Ons beskerm dit teen elke vervloekte duiwel
Verse 18
Maar indien iemand steelsgewys luister, sal ’n helder vlam hom navolg
Verse 19
En Ons het die aarde uitgesprei en magtige berge daarop geplaas, en Ons laat geskikte plante daarop groei
Verse 20
En Ons het daar lewensmiddele geplaas vir julle en vir diegene wie julle nie onderhou nie
Verse 21
En daar is niks waarvan die seëninge nie by Ons berus nie, en Ons stuur dit slegs in bekende mate af
Verse 22
En Ons stuur bevrugtende winde, en daarna stuur Ons water neer uit die wolke, en gee dit vir julle om te drink, en dit is nie julle wat dit opgaar nie
Verse 23
En voorwaar, dit is Ons wat die lewe gee en die dood veroorsaak, en Ons is die Erfgename
Verse 24
En sekerlik weet Ons wie van julle vooruitgaan en nie agterbly nie
Verse 25
Voorwaar, sy Heer sal hulle almal bymekaar bring. Waarlik, Hy is Allerwys, Alleswetend
Verse 26
En gewis het Ons die mens uit klei geskape, uit veranderde modder in ’n patroon gevorm
Verse 27
En die djien het Ons voorheen uit rooklose, vlammende vuur geskape
Verse 28
En toe u Heer die engele toegespreek het: Ek gaan die mens uit klei skep, uit veranderde modder in ’n patroon vorm
Verse 29
Wanneer ek hom daaruit gevorm en My gees in hom geblaas het, prostreer dan voor hom
Verse 30
Die engele het almal saam geprostreer
Verse 31
maar net Iblies nie; Hy het geweier om saam met die onderdaniges te wees
Verse 32
Hy het gesê: O Iblies! Waarom is jy nie saam met die onderdaniges nie
Verse 33
Hy het geantwoord: Ek gaan my nie aan die mens wat U uit klei geskape het, en uit veranderde modder in ’n patroon gevorm het, prostreer nie
Verse 34
Hy het gesê: Gaan dan weg hiervandaan; u is vervloek
Verse 35
En voorwaar, My vloek sal op u rus tot op die Oordeelsdag
Verse 36
Hy het gesê: My Heer! Skenk my dan uitstel tot op die Dag wanneer hulle opgewek sal word
Verse 37
Hy het gesê: Aan u word uitstel verleen
Verse 38
tot die Dag van die aangewese tyd
Verse 39
Hy het gesê: My Heer! Aangesien U my as dwalende veroordeel het, sal ek die bose aantreklik aan hulle voorstel, en ek sal veroorsaak dat hulle afdwaal
Verse 40
behalwe U dienaars tussen hulle, die gesuiwerdes
Verse 41
Hy het gesê: Dit is die regte weg wat na My lei
Verse 42
Wat my dienaars betref, u het geen gesag oor hulle nie, behalwe die dwalendes wat u volg
Verse 43
En die Hel is voorwaar die beloofde plek vir hulle almal
Verse 44
Dit het sewe deure. Vir elke deur is ’n vasgestelde klas (sondaar)
Verse 45
Voorwaar, hulle wat bewus is van Allah, sal middein tuine en fonteine wees
Verse 46
Betree dit in vrede en veiligheid
Verse 47
En Ons sal alle bitterheid en wraak uit hulle harte uitroei, en as broers op verhewe trone sal hulle teenoor mekaar sit
Verse 48
Vermoeidheid sal hulle daarin nie aantas nie, ook sal hulle nie daaruit verdryf word nie
Verse 49
Stel My dienaars in kennis dat Ek die Vergewensgesinde, die Barmhartige, is
Verse 50
en dat My straf ’n pynlike straf is
Verse 51
En stel hulle in kennis van die gaste van Abraham
Verse 52
Toe hulle by hom binnegetree het, het hulle gesê: Vrede! Hy het geantwoord: Ons vrees julle
Verse 53
Hulle het geantwoord: Moenie vrees nie; ons bring u die goeie tyding van ’n seun wat baie kennis en wysheid sal besit
Verse 54
Hy het gesê: Bring julle my goeie nuus terwyl die ouderdom my reeds ingehaal het? Waarom gee julle my dan dié nuus
Verse 55
Hulle het gesê: Ons bring ’n blye tyding met waarheid; wees u dan nie een van die wanhopiges nie
Verse 56
Hy het gesê: Wie anders wanhoop aan die genade van Sy Heer, behalwe die dwalendes
Verse 57
Hy het gsê: Wat is julle taak dan, o boodskappers
Verse 58
Hulle het geantwoord: Ons is na ’n misdadige volk gestuur
Verse 59
Behalwe die volk van Lot. Ons sal hulle almal red, met die uitsondering
Verse 60
van sy vrou. Ons het verorden dat sy voorwaar met die agtergeblewenes sal wees
Verse 61
En toe die boodskappers by die volgelinge van Lot gekom het
Verse 62
en hy gesê het: Waarlik, julle is onbekendes
Verse 63
het hulle geantwoord: Nee, ons kom na u met dít waaroor hulle twyfel
Verse 64
en ons bring aan u die waarheid. U kan ons glo
Verse 65
Vertrek daarom met u volgelinge gedurende die nag, en bly altyd in hul agterhoede. En moenie dat iemand omkyk nie, en gaan waarheen julle beveel word
Verse 66
En Ons het dit aan hom bekend gemaak dat die wortels hiervan in die oggend afgesny sal word
Verse 67
En toe die inwoners van die stad jubelend nader gekom het
Verse 68
het hy gesê: Hulle is my gaste; moenie my in die skande steek nie
Verse 69
en vrees Allah, en moet my nie in die skande steek nie
Verse 70
Maar hulle het geantwoord: Het ons julle nie belet om iemand te herberg nie
Verse 71
Toe het hy gesê: Hier is my dogters, as julle dan iets wil doen
Verse 72
Waarlik, hulle het blindelings gedwaal
Verse 73
En teen sonop het die straf hulle oorval
Verse 74
Ons het die stad omgekeer en harde klippe daarop laat reën
Verse 75
Waarlik, hierin is tekens vir hulle wat uit die lot van ander ’n les wil leer
Verse 76
En dit is ’n weg wat nog begaanbaar is
Verse 77
Voorwaar, hierin is ’n teken vir die gelowiges
Verse 78
En die Bewoners van die Woud was net so sondig
Verse 79
Daarom het Ons ook húlle getref ~ En hierdie plekke lê albei aan die grootpad
Verse 80
En die Bewoners van die Rots3 het waarlik die boodskappers verloën
Verse 81
En Ons het Ons tekens aan hulle oorgedra, maar hulle het die rug daarop gedraai
Verse 82
En hulle het wonings van veiligheid in die berge uitgekap
Verse 83
en tog het die straf hulle in die môre oorval
Verse 84
En wat hulle verwerf het, het hul niks gebaat nie
Verse 85
En Ons het die hemele en die aarde en alles wat daartussen is, met die waarheid geskape. En die Uur sal gewis kom; wees daarom sagmoedig
Verse 86
Voorwaar, u Heer ~ Hy is die Skepper, die Alleswetende
Verse 87
En Ons het waarlik aan u die sewe herhaalde verse en die verhewe Qur’ãn gegee
Verse 88
Staar u oë nie moeg na wat Ons aan sommige groepe gegee het om van te geniet nie, en treur ook nie oor hulle nie, en wees sagmoedig teenoor die gelowiges
Verse 89
En sê: Voorwaar, ek is die waarskuwer
Verse 90
Ons het ook boodskappers gestuur na hulle wat die eed afgelê het
Verse 91
en na hulle wat die Qur’ãn wou opdeel
Verse 92
By u Heer! Ons sal hulle almal gewis ondervra
Verse 93
oor wat hulle gedoen het
Verse 94
Verkondig daarom openlik wat u beveel word, en draai weg van die heidene af
Verse 95
Ons bied u voldoende beskerming teen die spotters
Verse 96
wat ander gode met Allah vereenselwig ~ Maar weldra sal hulle dit te wete kom
Verse 97
En Ons weet ook dat u hart benoud word oor wat hulle sê
Verse 98
Verheerlik u Heer met die lof wat Hom toekom, en wees saam met hulle (wat voor hul Heer) prostreer
Verse 99
En dien u Heer tot op die tyd van u afsterwe