Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 23 - Al-Muminun
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah Al-Muminun 23:1
Voorspoeding inderdaad is die gelowiges
Verse 2 — Surah Al-Muminun 23:2
wat ootmoedig in hulle gebede is
Verse 3 — Surah Al-Muminun 23:3
en wat ydelhede vermy
Verse 4 — Surah Al-Muminun 23:4
en wat na reinheid strewe
Verse 5 — Surah Al-Muminun 23:5
en hulle geslagsdrifte beteuel
Verse 6 — Surah Al-Muminun 23:6
behalwe in die aanwesigheid van hulle vroue of dié wat hulle regterhande besit, want dan sal hulle sekerlik nie verwyt kan word nie
Verse 7 — Surah Al-Muminun 23:7
Maar diegene wat die perke oorskry, is oortreders
Verse 8 — Surah Al-Muminun 23:8
En wie sorgsaam is met wat aan hulle toevertrou word, en so ook met hul verbond
Verse 9 — Surah Al-Muminun 23:9
en wat hulle gebede in ag neem
Verse 10 — Surah Al-Muminun 23:10
hulle is die erfgename
Verse 11 — Surah Al-Muminun 23:11
wat die Paradys sal erwe. Daarin sal hulle bly
Verse 12 — Surah Al-Muminun 23:12
Voorwaar, Ons het die mens geskape uit ’n ekstrak van klei
Verse 13 — Surah Al-Muminun 23:13
daarna het Ons hom as ’n klein sperm in ’n veilige plek besorg
Verse 14 — Surah Al-Muminun 23:14
Vervolgens vorm Ons die sperm tot ’n bloedstolsel; daarna vorm Ons die gestolde bloed tot ’n stuk vleis; dan vorm Ons in die stuk vleis beendere; dan beklee Ons die beendere met vleis; en so ontwikkel Ons dit tot ’n nuwe skepping. Geseënd is Allah, die Beste skepper
Verse 15 — Surah Al-Muminun 23:15
Daarna sal julle sekerlik sterf
Verse 16 — Surah Al-Muminun 23:16
en op die Dag van Herrysenis weer opgewek word
Verse 17 — Surah Al-Muminun 23:17
En bo julle het Ons sewe hemele gemaak ~ en nooit verontag- saam Ons die skepping nie
Verse 18 — Surah Al-Muminun 23:18
En Ons stuur water uit die wolk in bepaalde hoeveelheid, en Ons laat dit in die aarde insink, en Ons is sekerlik in staat om dit weer weg te neem
Verse 19 — Surah Al-Muminun 23:19
Ons laat tuine van dadelpalms en wingerde vir julle daarmee groei. Daarin het julle baie vrugte, en daarvan eet julle
Verse 20 — Surah Al-Muminun 23:20
en ’n boom wat uit die berg Sinai groei, wat olie en voedsel vir die eters verskaf
Verse 21 — Surah Al-Muminun 23:21
En waarlik, in die vee is daar ’n les vir julle: Ons laat julle drink van wat uit hulle buik kom, en talryke voordele kry julle uit hulle, en van hulle eet julle
Verse 22 — Surah Al-Muminun 23:22
En op hulle, en op die skepe, word julle vervoer
Verse 23 — Surah Al-Muminun 23:23
En Ons het Noag na sy volk gestuur, waar hy gesê het: O my volk! Aanbid Allah. Julle het geen ander God as Hom nie. Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie
Verse 24 — Surah Al-Muminun 23:24
En die ongelowige hoofmanne van sy volk het gesê: Hy is maar net ’n sterfling soos julle, maar hy verlang voortreflikheid bó julle. En as Allah dit wou, kon Hy engele gestuur het. Van so ’n boodskapper het ons ons vaders nooit hoor praat nie
Verse 25 — Surah Al-Muminun 23:25
Hy is slegs ’n kranksinnige; duld hom maar vir ’n tydjie
Verse 26 — Surah Al-Muminun 23:26
Hy het gesê: O my Heer! Help my omdat hulle my verloën
Verse 27 — Surah Al-Muminun 23:27
Toe het Ons aan hom geopenbaar: Bou die Ark onder Ons oë en in ooreenstemming met Ons openbaring. Wanneer Ons bevel dan kom, en die water stromende uit die vallei kom, neem dan van elke soort ’n paar aan boord, en ook u volk, behalwe diegene onder hulle teen wie die woord reeds uitgevaardig is; en praat nie met My oor die onregverdiges nie; waarlik, hulle sal verdrink word
Verse 28 — Surah Al-Muminun 23:28
Wanneer u veilig in die Ark sit ~ u en diegene saam met u ~ sê dan: Alle lof behoort aan Allah, wat ons van ’n bose volk verlos het
Verse 29 — Surah Al-Muminun 23:29
En sê: My Heer, laat my landing geseënd wees; u is die Beste Landingshulp
Verse 30 — Surah Al-Muminun 23:30
Voorwaar, hierin is tekens; en waarlik, Ons stel die mense op die proef
Verse 31 — Surah Al-Muminun 23:31
Toe het Ons ’n ander geslag ná hulle verwek
Verse 32 — Surah Al-Muminun 23:32
En Ons het ’n boodskapper uit hulle midde gestuur, wat gesê het: Dien Allah ~ julle het geen ander God as Hom nie. Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie
Verse 33 — Surah Al-Muminun 23:33
En die ongelowige hoofde van sy volk, wat die ontmoeting in die Hiernamaals verloën en aan wie Ons ’n oorvloed geskenk het om in hierdie lewe te geniet, het gesê: Hy is net so ’n sterfling soos julle. Hy eet waarvan julle eet, en drink waarvan julle drink
Verse 34 — Surah Al-Muminun 23:34
As julle iemand gehoorsaam wat net so ’n sterfling is soos julle, sal julle sekerlik veloorders wees
Verse 35 — Surah Al-Muminun 23:35
Belowe hy dat wanneer julle dood is en stof en beendere geword het, julle weer opgewek sal word
Verse 36 — Surah Al-Muminun 23:36
Ver, baie ver, is dít wat julle beloof word
Verse 37 — Surah Al-Muminun 23:37
Daar is geen ander lewe buiten hierdie lewe nie; ons sterf en ons lewe, en ons sal nie weer opgewek word nie
Verse 38 — Surah Al-Muminun 23:38
Hy is niemand anders nie as ’n man wat ’n leuen teen Allah versin het; ons sal in hom nie glo nie
Verse 39 — Surah Al-Muminun 23:39
Hy het gesê: O my Heer! Help my; hulle verloën my
Verse 40 — Surah Al-Muminun 23:40
Hy, Allah, het gesê: Binnekort sal hulle sekerlik spyt wees
Verse 41 — Surah Al-Muminun 23:41
Toe het ’n regverdige straf hulle ingehaal, en Ons het opdrifsels van hulle gemaak. Weg dan met die onregverdige volk
Verse 42 — Surah Al-Muminun 23:42
Toe het Ons ander geslagte ná hul opgewek
Verse 43 — Surah Al-Muminun 23:43
Geen volk kan sy verdoemenis verhaas nie, nog minder kan hulle dit uitstel
Verse 44 — Surah Al-Muminun 23:44
Toe het Ons Ons boodskappers die een na die ander gestuur. Telkens wanneer ’n boodskapper by ’n volk kom, het hulle hom verloën. So het Ons hulle die een na die ander laat opvolg, en hulle legendes gemaak. Weg dan met ’n volk wat nie glo nie
Verse 45 — Surah Al-Muminun 23:45
Daarna het Ons Moses en sy broer Aäron met Ons tekens en duidelike gesag gestuur
Verse 46 — Surah Al-Muminun 23:46
na Farao en sy owerstes, maar hulle was hoogmoedig en ’n aanmatigende volk
Verse 47 — Surah Al-Muminun 23:47
Hulle het gesê: Moet ons in twee sterflinge soos onsself glo, terwyl hulle volk ons dien
Verse 48 — Surah Al-Muminun 23:48
Derhalwe het hulle die twee ook verloën, en daarom het hulle later tot die vernietigdes behoort
Verse 49 — Surah Al-Muminun 23:49
En Ons het Moses die Boek geskenk sodat hulle die leiding kon volg
Verse 50 — Surah Al-Muminun 23:50
En Ons het die seun van Maria, en sy moeder, tot ’n teken gemaak, en Ons het albei van hulle toevlug verleen op ’n hoë plato met weivelde en vloeiende strome
Verse 51 — Surah Al-Muminun 23:51
O boodskappers! Eet van die heilsame voedsel, en verrig goeie dade. Voorwaar, Ek weet wat julle doen
Verse 52 — Surah Al-Muminun 23:52
En waarlik, hierdie gemeenskap van julle is één gemeenskap, en Ek is julle Heer; so vrees my
Verse 53 — Surah Al-Muminun 23:53
Maar hulle het in sektes verdeel; elke party is verheug oor dít wat hulle besit
Verse 54 — Surah Al-Muminun 23:54
Laat hulle daarom ’n tyd lank aan hulle onkunde oor
Verse 55 — Surah Al-Muminun 23:55
Dink hulle, vanweë die rykdom en kinders waarmee Ons hulle bedeel
Verse 56 — Surah Al-Muminun 23:56
dat Ons Ons haas om aan hulle goed te doen? Nee, hulle begryp nie
Verse 57 — Surah Al-Muminun 23:57
Voorwaar, diegene wat uit vrees ontsag koester vir hulle Heer
Verse 58 — Surah Al-Muminun 23:58
en diegene wat in die tekens van hulle Heer glo
Verse 59 — Surah Al-Muminun 23:59
en hulle wat niemand anders met hulle Heer vereenselwig nie
Verse 60 — Surah Al-Muminun 23:60
en diegene wat bestee wat hulle kan afstaan, terwyl hulle harte met vrees vervul is, omdat hulle tot hul Heer moet terugkeer
Verse 61 — Surah Al-Muminun 23:61
dit is húlle wat hul inspan om goed te doen, en hierin neem hulle ook altyd die voortou
Verse 62 — Surah Al-Muminun 23:62
Ons belas geen siel bo haar vermoë nie; en by Ons is ’n boek wat die waarheid spreek, daarom sal hulle geen onreg aangedoen word nie
Verse 63 — Surah Al-Muminun 23:63
Nee, hulle harte is onverskillig teenoor die Boek en buitendien het hulle ander take wat hulle aandag aflei
Verse 64 — Surah Al-Muminun 23:64
Totdat Ons diegene wat luilekker lewe met straf vergeld, Kyk! dan skree hulle om hulp
Verse 65 — Surah Al-Muminun 23:65
Skreeu nie om hulp op daardie Dag nie, want Ons sal julle tog nie bystaan nie
Verse 66 — Surah Al-Muminun 23:66
My tekens is inderdaad aan julle voorgedra, dog julle het op die plek omgedraai
Verse 67 — Surah Al-Muminun 23:67
met hoogmoed, en snags daarmee gespot
Verse 68 — Surah Al-Muminun 23:68
Het hulle dan nie oor die Woord nagedink nie? Of het daar iets na hulle gekom wat nie aan hulle voorvaders gestuur is nie
Verse 69 — Surah Al-Muminun 23:69
Of erken hulle nie hul boodskapper, sodat hulle hom nie aanvaar nie
Verse 70 — Surah Al-Muminun 23:70
Of sê hulle: Hy is kranksinnig? Nee, hy het hulle die Waarheid gebring, en die meeste van hulle haat die Waarheid
Verse 71 — Surah Al-Muminun 23:71
En indien die Waarheid hom na húlle wens moes skik, sou die hemele en die aarde en alles wat daarin is, in wanorde verval het. Nee, Ons het hulle vermaning vir hulle gebring, maar hulle minag die vermaning
Verse 72 — Surah Al-Muminun 23:72
Of vra u enige beloning van hulle? Die beloning van u Heer is beter, en Hy is die beste Voorsiener
Verse 73 — Surah Al-Muminun 23:73
En u roep hulle waarlik tot die regte weg
Verse 74 — Surah Al-Muminun 23:74
Maar hulle wat nie in die Hiernamaals glo nie, dwaal inderdaad van die weg af
Verse 75 — Surah Al-Muminun 23:75
En as Ons Ons oor hulle ontferm en hule kwelling verlig, sal hulle tog maar blindelings in hulle oortredinge volhard
Verse 76 — Surah Al-Muminun 23:76
En Ons het hulle alreeds met straf besoek, maar hulle was hulle Heer nie onderdanig nie; en ook was hulle nie ootmoedig nie
Verse 77 — Surah Al-Muminun 23:77
Totdat Ons vir hulle die deur tot streng straf oopmaak; kyk! dan verkeer hulle in wanhoop
Verse 78 — Surah Al-Muminun 23:78
En dit is Hy wat die ore en die oë en die harte vir julle gemaak het, maar julle dank is maar min
Verse 79 — Surah Al-Muminun 23:79
En dit is Hy wat julle op die aarde laat vermenigvuldig het, en tot wie julle versamel sal word
Verse 80 — Surah Al-Muminun 23:80
En dit is Hy wat die lewe skenk, en die dood veroorsaak; en die wisseling van die nag en die dag is Syne. Wíl julle dan nie verstaan nie
Verse 81 — Surah Al-Muminun 23:81
Nee, hulle sê dieselfde dinge wat die ou volkere gesê het
Verse 82 — Surah Al-Muminun 23:82
Hulle sê: Sal ons, wanneer ons dood is en tot stof en beendere vergaan het, dan weer opgewek word
Verse 83 — Surah Al-Muminun 23:83
Dit word inderdaad aan ons belowe, net soos voorheen aan ons voorvaders, maar dit is slegs fabels van die ou volke
Verse 84 — Surah Al-Muminun 23:84
Sê: Aan wie behoort die aarde en alles wat daarop is? Sê as julle dit weet
Verse 85 — Surah Al-Muminun 23:85
Hulle sal sê: Aan Allah. Sê: Sal julle dan nie ag gee nie
Verse 86 — Surah Al-Muminun 23:86
Sê: Wie is die Heer van die sewe hemele, en die Heer van die Groot, Almagtige Troon
Verse 87 — Surah Al-Muminun 23:87
Hulle sal sê: Allah. Sê: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie
Verse 88 — Surah Al-Muminun 23:88
Sê: Wie is dit in Wie se hand die koninkryk van alle dinge is: Hy wat beskerm, en teen wie niemand beskerm word nie? Sê, as julle dit weet
Verse 89 — Surah Al-Muminun 23:89
Hulle sal antwoord: Dit behoort aan Allah. Sê: Waarom word julle dan mislei
Verse 90 — Surah Al-Muminun 23:90
Nee, Ons het hulle die Waarheid gebring en hulle is sekerlik leuenaars
Verse 91 — Surah Al-Muminun 23:91
Allah het vir Hom geen seun verwek nie, ook is daar geen ander god naas Hom nie, anders sou elke god probeer vernietig wat hy geskape het; en sommige van hulle sou andere sekerlik oorwin het. Verhewe is Allah bo alles wat hulle beweer
Verse 92 — Surah Al-Muminun 23:92
Die Kennisdraer van die Onsigbare en die Sigbare. Hy is verhewe bo dít waarmee hulle Hom vereenselwig
Verse 93 — Surah Al-Muminun 23:93
Sê: My Heer! As U my daardie dinge sou laat sien, waarmee hulle bedreig word
Verse 94 — Surah Al-Muminun 23:94
my Heer, plaas my dan nie te midde van die onregverdige volk nie
Verse 95 — Surah Al-Muminun 23:95
En voorwaar, Ons is gewis in staat om u te laat sien waarmee Ons hulle bedreig
Verse 96 — Surah Al-Muminun 23:96
Verdryf die kwaad met die goeie. Ons weet die beste wat hulle beweer
Verse 97 — Surah Al-Muminun 23:97
En sê: My Heer! Ek neem toevlug tot U teen die bose voorstelle van die duiwels
Verse 98 — Surah Al-Muminun 23:98
en ek neem toevlug tot U, my Heer, ingeval hulle my sou besoek
Verse 99 — Surah Al-Muminun 23:99
Maar wanneer die dood tot een van hulle kom, sê hy smekend: My Heer! Stuur my terug
Verse 100 — Surah Al-Muminun 23:100
sodat ek kan vergoed vir wat ek nagelaat het om te doen. Geensins! Dit is slegs ’n woord wat hy uiter. En voor hulle is ’n versperring tot die Dag wanneer hulle opgewek sal word
Verse 101 — Surah Al-Muminun 23:101
Wanneer die basuin dan geblaas word, sal daar op daardie Dag geen familiebande tussen hulle wees nie, ook sal die een na die ander nie uitvra nie
Verse 102 — Surah Al-Muminun 23:102
Diegene dan, wie se goeie dade swaar weeg, sal suksesvol wees
Verse 103 — Surah Al-Muminun 23:103
En diegene wie se goeie dade lig sal weeg, dit is húlle wat hulle siele verloor het; in die Hel sal hulle bly
Verse 104 — Surah Al-Muminun 23:104
Die Vuur sal hulle gesigte verskroei en hulle sal daarin swaar kwellings ondergaan
Verse 105 — Surah Al-Muminun 23:105
Daar sal gesê word: Is My tekens nie aan julle voorgedra, en het julle dit nie verwerp nie
Verse 106 — Surah Al-Muminun 23:106
Hulle sal antwoord: O, ons Heer! Ons teëspoed het ons oorweldig, en ons was ’n dwalende volk
Verse 107 — Surah Al-Muminun 23:107
Ons Heer, neem ons daaruit; indien ons terugkeer na die kwaad, sal ons waarlik onregverdig wees
Verse 108 — Surah Al-Muminun 23:108
Hy sal sê: Gaan, verneder, daarin en spreek My nie aan nie
Verse 109 — Surah Al-Muminun 23:109
Waarlik, daar was sommige van My dienaars wat gesê het: Ons Heer! Ons glo; vergewe ons daarom, en wees ons barmhartig, en U is die Beste van hulle wat Genade betoon
Verse 110 — Surah Al-Muminun 23:110
Maar julle het die spot met hulle gedryf, totdat hulle die oorsaak was dat julle My vergeet het, omdat julle hulle uitgelag het
Verse 111 — Surah Al-Muminun 23:111
Maar Ek het hulle vandag waarlik vir hulle geduld beloon. Voorwaar, hulle is die oorwinnaars
Verse 112 — Surah Al-Muminun 23:112
Hy sal vra: Hoeveel jaar het julle op die aarde gebly
Verse 113 — Surah Al-Muminun 23:113
Hulle sal antwoord: Ons het ’n dag gebly of ’n deel van ’n dag, maar vra diegene wat rekening hou
Verse 114 — Surah Al-Muminun 23:114
Hy sal sê: Julle het maar ’n klein rukkie vertoef ~ as julle dit maar geweet het
Verse 115 — Surah Al-Muminun 23:115
Het julle dan gedink dat Ons julle tevergeefs geskape het, en dat julle nie na Ons teruggebring sal word nie
Verse 116 — Surah Al-Muminun 23:116
Verhewe is Allah, die ware Koning! Geen god is daar buiten Hom nie, die Heer van die Voortreflike Troon
Verse 117 — Surah Al-Muminun 23:117
En wie dan naas Allah ’n ander god aanroep ~ hy het geen bewys daarvan nie ~ sy afrekening is slegs by sy Heer. Voorwaar, die ongelowiges sal nie slaag nie
Verse 118 — Surah Al-Muminun 23:118
En sê: O my Heer! Vergewe en wees genadig, want U is die Beste van hulle wat Barmhartigheid betoon