Slaan elke egbreekster en egbreker met honderd strafhoue, en laat medelye met hulle julle nie van die gehoorsaamheid aan Allah weerhou nie, indien julle in Allah en die Laaste Dag glo, en laat van die gelowiges getuie wees van hulle straf
Die egbreker sal nie gemeenskap hê nie, behalwe met ’n egbreek- ster of ’n heidin; en die egbreekster sal nie gemeenskap hê nie, behalwe met ’n egbreker of ’n heiden; en dit is vir die gelowiges verbode
En hulle wat kuise vroue beskuldig en teen hulle nie vier getuies kan inbring nie, slaan hulle tagtig houe, en neem hulle getuienis nooit weer aan nie, want húlle is die oortreders
En diegene wat hulle vrouens beskuldig en geen getuies buiten hulself het nie, laat elkeen van hulle vier maal in die naam van Allah sweer dat hy waarlik die waarheid praat
En was dit nie vir die goedertierenheid van Allah oor julle, en Sy barmhartigheid nie, sou julle verlore gegaan het. Voorwaar, Allah is Berouaanvarend, Allerwys
Waarlik, in julle midde is daar ’n groep wat laster. Beskou dit nie as ’n bedreiging vir julle nie; inteendeel, dit is goed vir julle. Vir elkeen van húlle is die sonde wat hy verdien het; en hy, onder hulle, wat die grootste deel daarvan op homself geneem het, sal ’n smartlike straf ontvang
Waarom het die gelowige mans en die gelowige vroue, toe julle dit gehoor het, nie goed gedink van hulle eie mense nie, en gesê: Dit is ’n openlike valsheid
En was dit nie vir die goedertierenheid van Allah oor julle, en Sy barmhartigheid in hierdie wêreld en die Hiernamaals nie, sou ’n smartlike straf julle sekerlik getref het weens die praatjies waaraan julle jul oorgee
Toe julle dit met julle tonge verwelkom het en met julle monde gepraat het ~ dít waarvan julle geen kennis besit het nie ~ het julle dit as ’n kleinigheid geag, terwyl dit by Allah ernstig was
Diegene wat daarvan hou dat die gelowiges beskinder word, sal in hierdie wêreld en in die Hiernamaals ’n smartlike straf onder- gaan. En Allah weet, terwyl julle nie weet nie
En was dit nie vir die goedertierenheid van Allah oor julle, en Sy Barmhartigheid, en dat Allah Liefderyk, Genadevol is nie, sou julle verlore gegaan het
O julle gelowiges! Volg nie die voetstappe van die duiwel nie. En wie ook al die voetstappe van die duiwel volg, aan hulle sal hy sekerlik beveel om onsedelikheid en kwaad te bedryf. En was dit nie vir die goedertierenheid van Allah oor julle, en Sy barmhartigheid nie, sou niemand van julle ooit rein gewees het nie; maar Allah reinig wie Hy wil. En Allah is Alleshorend, Alleswetend
En laat hulle wat rykdom en oorvloed onder julle besit, nie sweer om hulle gawes van die familie en behoeftiges en diegene wat in die weg van Allah gevlug het, terug te hou nie; en verskoon en sien oor die hoof. Hou julle nie daarvan dat Allah júlle moet vergewe nie? En Allah is Vergewensgesind, Genadevol
Voorwaar, diegene wat kuise, gelowige, vroue wat onbewus is van enige kwaad, beskuldig, word in hierdie wêreld en in die Hiernamaals vervloek. Vir hulle is daar ’n smartlike straf
Onreine vroue is vir onreine mans, en onreine mans is vir onreine vroue. Maar goeie vroue is vir goeie mans, en goeie mans is vir goeie vroue; diegene is vry van wat ander sê. Vir hulle is daar vergifnis en ’n eerbare voorsiening
O julle gelowiges! Gaan geen ander huis as julle eie binne sonder om toestemming te vra en die inwoners daarvan te groet nie. Dit is beter vir julle, sodat julle mag onthou
Maar indien julle niemand daarin vind nie, gaan dit nie binne voordat toestemming aan julle verleen word nie; en indien aan julle gesê word: Gaan terug! Gaan dan terug, want dit is pasliker vir julle. En Allah is die Weter van wat julle doen
En dit is vir julle geen sonde om onbewoonde huise waarin julle benodigdhede is, binne te gaan nie. En Allah weet wat julle openlik doen en wat julle verberg
Sê aan die gelowige mans dat hulle nie moet staar nie, maar hulle oë moet neerslaan, en dat hulle hul geslagsdrifte moet beheer. Dit is pasliker vir hulle. Voorwaar, Allah is Bewus van wat hulle doen
En sê aan die gelowige vroue dat hulle húl oë moet neerslaan en hulle geslagsdrifte moet beheer, en nie hulle skoonheid tentoon- stel nie, behalwe wat geoorloof is om sigbaar te bly. En laat ’n deel van hulle hooftooisels hul borste bedek. En laat hulle hul skoonheid nie vertoon nie, behalwe aan hul eggenote, of vaders, of die vaders van hul eggenote, of hulle seuns, of die seuns van hulle eggenote, of hulle broers of die seuns van hulle broers, of die seuns van hulle susters, of hulle vroue; of hulle slawe, of manlike bediendes wat geen geslagsdrang het nie; of die kinders wat nog niks van die naaktheid van vroue weet nie. En laat hulle nie met hul voete stamp nie, sodat die skoonheid wat hulle bedek nie blootgestel sal word nie. En bekeer julle almal tot Allah, o gelowiges, sodat julle mag slaag
En tree in die huwelik met die onverbondenes onder julle, en diegene wat geskik is onder julle manlike slawe en julle vroulike slawe. Indien hulle behoeftig is, sal Allah hulle uit Sy oorvloed voorsien. En Allah is Barmhartig, Alleswetend
En laat hulle wat geen huweliksmaat kan vind nie, hulself kuis hou totdat Allah hulle uit Sy oorvloed van gebrek vrystel. En diegene onder julle slawe wat ’n akte van vrystelling verlang, voorsien hulle daarvan as julle iets goeds in hulle opmerk, en gee hulle van die rykdom van Allah wat Hy julle geskenk het. En dwing julle slavinne nie tot ontug as hulle verlang om kuis te bly, om die verganklike goedere van hierdie wêreld se lewe te soek nie. Maar indien iemand hulle dwing, dan sal Allah ná die dwang vir hulle Vergewensgesind, Barmhartig wees
En Ons het sekerlik duidelike tekens na julle gestuur, en ’n beskrywing van diegene wat vóór julle heengegeaan het, en ’n waarskuwing vir diegene wat teen kwaad waak
Allah is die Lig van die hemele en die aarde. Die gelykenis van Sy Lig is soos ’n pilaar waarop ’n lamp is. Die lamp is in ’n glas; die glas is soos ’n skitterende ster. Dit word aan die brand gesteek met olie van die geseënde olyfboom, wat nóg van die Ooste nóg van die Weste is, waarvan die olie lig gee ofskoon die vuur dit nie aanraak nie ~ Lig op Lig. Allah lei tot Sy Lig wie Hy wil. Allah stel gelykenisse vir die mense voor, en Allah is die Weter van alle dinge
mense wat nie deur handelsware of deur sakebedrywe agteloos geword het in die aanbidding van Allah, of die onderhouding van die gebed, of die gee van offergawes nie. Hulle vrees die Dag waarop harte en oë sal ronddraai
En die ongelowiges, hulle dade is soos ’n lugspieëling in ’n woestyn wat vir die dorstige man soos water lyk, totdat, wanneer hy daar kom, hy niks vind nie, en hy Allah by hom vind, wat hom sy rekening ten volle vereffen; en Allah is vlug met die afrekening
Of soos duisternis in ’n diep see, waar golf bo golf hom oorstelp, en waarbo ’n wolk is met duisternis bo duisternis ~ wanneer hy sy hand uitstrek, kan hy dit skaars sien. En die een aan wie Allah geen lig gegee het nie, vir hom ís daar geen lig nie
Sien u nie dat alles in die hemele en op die aarde, ook die voëls met hul uitgespreide vlerke, Allah verheerlik nie? Elkeen ken sy gebed en lofsang. En Allah is die Weter van wat hulle doen
Sien u nie dat Allah die wolke voortdryf, hulle dan bymekaar versamel en daarna ophoop, sodat u reën uit hulle sien voort- kom nie? En van die hemel stuur Hy wolke soos berge, waarin hael is, en Hy tref daarmee wie Hy wil en keer dit weg van wie Hy wil. Die glans van Sy blitsstraal ontneem mens byna die gesig
En Allah het elke dier uit water geskape. Sommige van hulle beweeg op hulle buik, ander loop op twee pote en ander loop op vier pote. Allah skep wat Hy wil. Voorwaar, Allah het mag oor alle dinge
En hulle sê: Ons glo in Allah en in die Boodskapper, en ons is gehoorsaam. Maar daarna draai sommige van hulle daarvan weg. Diesulkes is geen gelowiges nie
Is daar ’n siekte in hulle harte, of verkeer hulle in twyfel, of vrees hulle dat Allah en Sy Boodskapper onregverdig met hulle sal handel? Nee! Hulle is kwaaddoeners
Die antwoord van die gelowiges wanneer hulle tot Allah en Sy Boodskapper geroep word, sodat hy tussen hulle mag reg spreek, is slegs: Ons hoor en is gehoorsaam. En dit is húlle wat sal slaag
En hulle sweer by Allah hulle plegtigste beloftes dat indien u hulle gebied, hulle sekerlik sal opruk. Nie plegtige beloftes nie, maar werklike gehoorsaamheid is nodig. Voorwaar, Allah is Bewus van wat julle doen
Sê: Gehoorsaam Allah en gehoorsaam die Boodskapper. Maar indien julle wegdraai, is hy slegs verantwoordelik vir dít waarmee hy belas is, en julle is slegs verantwoordelik vir dít waarmee júlle belas is. En indien julle hom gehoorsaam, sal julle die regte weg inslaan. En die plig van die Boodskapper is slegs om die boodskap duidelik af te lewer
Allah het aan diegene onder julle wat glo en goeie werke doen, belowe dat Hy hulle stellig as regeerders op die aarde sal aanstel, soos Hy diegene vóór hulle tot regeerders gemaak het, en dat Hy die godsdiens wat Hy vir hulle verkies het, sekerlik sal bevestig, en dat Hy hulle, ná hulle vrees, veiligheid sal gee. Hulle sal My aanbid en niks met My vereenselwig nie. En wie daarna ondankbaar is, hulle is die oortreders
O julle gelowiges! Laat diegene wat julle regterhand besit en hulle wat nog nie geslagsrypheid bereik het nie, drie maal julle toestemming vra: Vóór die oggendgebed, en wanneer julle jul klere aflê weens die middaghitte, en ná die aandgebed. Hierdie drie tye is vir julle privaatheid. Op ander tye is dit nóg vir julle nóg vir hulle sleg om rond te gaan en die een die ander op te soek. So maak Allah vir julle die tekens duidelik. En Allah is Alleswetend, Allerwys
En wanneer die kinders onder julle gelsagsrypheid bereik, moet hulle ook verlof vra, soos diegene vóór hulle om toestemming moes vra. So maak Allah Sy tekens aan julle duidelik. En Allah is Alleswetend, Allerwys
En bejaarde vroue wat reeds verby die oorgangsjare is en geen hoop op ’n huwelik meer koester nie ~ op hulle rus geen skuld nie as hulle, sonder om hulle sierade te toon, hulle van hul kledingstukke ontdoen. Maar as hulle fatsoenlik is, is dit vir hulle beter. En Allah is Alleshorend, Alleswetend
Dit sal vir die blindes nie as kwaad gereken word, nóg is dit kwaad vir die parapleeg of vir die sieke, nóg vir julle dat julle in jul eie huise eet, of in die huise van julle vaders, of in die huise van julle moeders, of in die huise van julle broers, of in die huise van julle ooms van vaderskant, of in die huise van julle tantes van vaderskant, of in die huise van julle ooms van moederskant, of in die huise van julle tantes van moederskant, of huise waarvan julle die sleutel in julle besit het, of in die huise van julle vriende. Dit sal vir julle nie as kwaad gereken word om saam of afsonderlik te eet nie. Wanneer julle die huise binnetree, groet dan mekaar met ’n groet van Allah, geseënd en goedgesind. So maak Allah die tekens vir julle duidelik, sodat julle dit mag verstaan
Hulle alleen is gelowiges wat in Allah en Sy Boodskapper glo, en wanneer hulle by hom is oor ’n allerbelangrike saak, dan gaan hulle nie weg voordat hulle nie eers om sy toestemmming gevra het nie. Hulle wat u om verlof vra, is diegene wat werklik in Allah en sy Boodskapper glo. Wanneer hulle daarom u toestemming vra ter wille van hulle sake, gee dan toestemming aan wie van hulle u wil, en vra vir hulle vergifnis van Allah. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Barmhartig
Behandel die uitnodiging van die Boodskapper onder julle nie soos julle mekaar se uitnodigings behandel nie. Allah ken diegene van julle wat wegsluip en hulself wegsteek. Laat diegene wat Sy gebod teëgaan dan versigtig wees, anders sal hulle met ’n kwelling getref word, of met ’n smartlike straf wat hulle sal inhaal
Nou waarlik, aan Allah behoort wat in die hemele en op die aarde is. Hý ken julle toestand goed. En op die Dag wanneer hulle tot Hom terugkeer, sal Hy hulle inlig oor wat hulle gedoen het. Waarlik, Allah het kennis van alle dinge