Back to Languages

    Afrikaans - Chapter 26

    Translation by Imam M. A. Baker

    Verse 1

    Tô-Sien-Miem

    Verse 2

    Dit is die verse van ’n Boek wat verduidelik

    Verse 3

    Miskien sal u tot die dood toe treur omdat hulle ongelowig is

    Verse 4

    As Ons wou, kon Ons ’n teken uit die hemel gestuur het, waar- voor hulle hul nekke sou buig

    Verse 5

    En daar kom geen nuwe Vermaning van die Barmhartige tot hulle nie, of hulle keer hulle daarvan weg

    Verse 6

    Hulle het dit waarlik verloën, maar weldra sal hulle weet wat hulle bespot het

    Verse 7

    Kyk hulle nie na die aarde, hoeveel voortreflike soorte Ons daarop laat groei nie

    Verse 8

    Sekerlik is daar ’n teken hierin; maar die meeste van hulle glo nie

    Verse 9

    En waarlik, u Heer is die Almagtige, die Genadige

    Verse 10

    En toe u Heer Moses geroep het, het Hy gesê: Gaan na die on- regverdige volk

    Verse 11

    die volk van Farao. Sal hulle dan nie teen die kwaad waak nie

    Verse 12

    Toe het hy gesê: My Heer! Ek vrees dat hulle my sal verstoot

    Verse 13

    en my bors is vereng, en my tong is nie welsprekend nie; laat kom daarom vir Aäron ook

    Verse 14

    En bowendien het hulle ’n aanklag van misdaad teen my; daarom vrees ek dat hulle my sal doodmaak

    Verse 15

    Hy het gesê: Geensins! Gaan julle albei dan met ons tekens; waarlik, Ons is saam met julle, Luisterend

    Verse 16

    Kom dan na Farao, en sê: Ons bring ’n boodskap van die Heer van die Wêrelde

    Verse 17

    Stuur die Kinders van Israel saam met ons

    Verse 18

    Farao het gesê: Het ons u nie as ’n kind onder ons opgevoed nie? En u het baie jare van u lewe saam met ons gewoon

    Verse 19

    En u het daardie daad van u gepleeg, en u is nog ondankbaar

    Verse 20

    Moses het gesê: Ek het dit gedoen toe ek nog tot die dwalendes behoort het

    Verse 21

    Daarom het ek van julle gevlug toe ek julle gevrees het; maar my Heer het aan my wysheid verleen en my een van die boodskappers gemaak

    Verse 22

    En is dit ’n guns waaraan u my herinner: dat u die Kinders van Israel tot slawe gemaak het

    Verse 23

    Farao het gesê: En wát is die Heer van die Wêrelde

    Verse 24

    Hy het gantwoord: Die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, indien julle seker wil wees

    Verse 25

    Farao het aan diegene wat rondom hom was, gesê: Hoor julle nie

    Verse 26

    Hy het gesê: Julle Heer en die Heer van julle voorvaders

    Verse 27

    Farao het toe geantwoord: Waarlik, die boodskapper wat julle gestuur het, is kranksinnig

    Verse 28

    Moses het gesê: Hy is die Heer van die Ooste en die Weste en wat tussen hulle is, indien julle kan begryp

    Verse 29

    Farao het gesê: As u ’n ander god buiten mý aanneem, sal ek u sekerlik in die gevangenis werp

    Verse 30

    Toe het Moses gesê: Selfs al sou ek u ’n duidelike teken toon

    Verse 31

    Farao het gesê: Bewys dit dan, indien u een van die opregtes is

    Verse 32

    Daarop het hy sy staf neergewerp, en kyk! dit was ’n slang

    Verse 33

    en hy het sy hand uitgestrek, en kyk! dit het vir die toeskouers deurskynend gelyk

    Verse 34

    Farao het aan die owerstes rondom hom gesê: Hy is inderdaad ’n bedrewe towenaar

    Verse 35

    wat verlang om met sy towerkuns julle uit jul land te verdryf. Watter raad doen julle nou aan die hand

    Verse 36

    Hulle het gesê: Verleen aan hom en sy broer uitstel, en stuur aankondigers na die stede

    Verse 37

    dat hulle elke bedrewe towenaar na u kan bring

    Verse 38

    Daarop is die towenaars byeenversamel vir die afspraak op ’n vasgestelde dag

    Verse 39

    en dit is aan die volk gesê: Sal julle ook bymekaarkom

    Verse 40

    Moontlik kan ons die towenaars volg, as hulle die oorwinnaars is

    Verse 41

    Toe die towenaars dus gekom het, het hulle aan Farao gesê: Sal daar ’n beloning vir ons wees as ons die oorwinnaars is

    Verse 42

    Hy het gesê: Ja, seker, bowendien sal julle van diegene wees wat baie na aan my is

    Verse 43

    Moses het aan hulle gesê: Werp neer wat julle te werpe het

    Verse 44

    Toe het hulle hul toue en stokke neergegooi, en gesê: By die mag van Farao, ons sál die oorhand kry

    Verse 45

    Daarna het Moses sy staf neergewerp, en kyk! dit het hulle versinsels verorber

    Verse 46

    Daarna het die towenaars hul op die grond neergewerp

    Verse 47

    hulle het gesê: Ons glo in die Heer van die Wêrelde

    Verse 48

    die Heer van Moses en Aäron

    Verse 49

    Farao het gesê: Julle glo in hom voordat ék julle verlof gee? Hy is seker julle leier, die persoon wat julle in die toorkuns onderrig het. Maar julle sal dit weldra te wete kom. Ek sal sekerlik julle hande en julle voete aan teenoorgestelde kante afsny, en ek sal julle almal kruisig

    Verse 50

    Hulle het gesê: Dis niks; ons sal waarlik na ons Heer terugkeer

    Verse 51

    Ons hoop dat ons Heer ons sondes sal vergewe, want ons is die eerste gelowiges

    Verse 52

    En Ons het aan Moses geopenbaar, en gesê: Vertrek met My dienaars gedurende die nag, want julle sal agtervolg word

    Verse 53

    En Farao het bodes na die stede gestuur wat moes sê

    Verse 54

    Dit is slegs ’n klein groepie

    Verse 55

    maar hulle het ons sekerlik vertoorn

    Verse 56

    en ons is ’n goedgewapende menigte

    Verse 57

    Om hierdie rede het Ons hulle uit hul tuine en van die fonteine verdrywe

    Verse 58

    en van hul skatte en voortreflike wonings

    Verse 59

    So het dit gebeur. En Ons het dit as ’n erfenis aan die Kinders van Israel gegee

    Verse 60

    En toe het hulle by sonopkoms hul agternagesit

    Verse 61

    En toe die twee skares mekaar raaksien, het die metgeselle van Moses uitgeroep: Ons sal sekerlik ingehaal word

    Verse 62

    Hy het gesê: Geensins! Waarlik, my Heer is met my. Hy sal my lei

    Verse 63

    Toe het Ons aan Moses geopenbaar: Slaan op die see met u staf. En die see het in twee verdeel, en elke deel was soos ’n berg

    Verse 64

    En daar het Ons die ander laat nader kom

    Verse 65

    En Ons het Moses gered, en almal wat saam met hom was

    Verse 66

    Toe het Ons die ander laat verdrink

    Verse 67

    Sekerlik is daar ’n teken hierin; tog glo die meeste van hulle nie

    Verse 68

    En voorwaar, u Heer is die Almagtige, die Genadige

    Verse 69

    En verkondig aan hulle die verhaal van Abraham

    Verse 70

    Hoe hy aan sy vader en aan sy volk gesê het: Wat aanbid julle

    Verse 71

    En hulle antwoord was: Ons aanbid beelde en ons sal aan hulle toegewyd bly

    Verse 72

    Toe het hy gesê: Hóór hulle as julle hul aanroep

    Verse 73

    Of bring hulle ’n voor- of nadeel vir julle

    Verse 74

    Hulle het geantwoord: Nee, ons het gevind dat ons vaders so doen

    Verse 75

    Toe sê hy: Sien julle dan wat julle aanbid

    Verse 76

    julle en julle voorvaders

    Verse 77

    Waarlik, hulle is my vyande, maar nie die Heer van die Wêrelde nie

    Verse 78

    wat my geskape het, en daarna vir my die weg aangewys het

    Verse 79

    en wat aan my voedsel en drank gee

    Verse 80

    en my genees wanneer ek siek is

    Verse 81

    en my sal laat sterf en my daarna tot die lewe sal terugbring

    Verse 82

    en wat, hoop ek, my tekortkominge sal vergewe op die Dag van Oordeel

    Verse 83

    My Heer! Skenk my wysheid, en plaas my by die opregtes

    Verse 84

    en verorden vir my ’n goeie nagedagtenis onder die toekomstige geslagte

    Verse 85

    en maak my ’n erfgenaam van die Tuin van Saligheid

    Verse 86

    en vergewe my vader, want hy is sekerlik een van die verdwaaldes

    Verse 87

    en verneder my nie op die Dag wanneer die mense opgewek sal word nie

    Verse 88

    die Dag waarop kinders of skatte niemand sal baat nie

    Verse 89

    maar wanneer slegs hy wat met toegewyde hart aan Allah be- hoort, guns sal vind

    Verse 90

    En die Paradys sal vir die godvresendes naby gebring word

    Verse 91

    en die Hel sal vir die goddeloses onthul word

    Verse 92

    en dit sal aan hulle gesê word: Waar is diegene wat julle aanbid het

    Verse 93

    buiten Allah? Kan hulle julle help, of hulself help

    Verse 94

    So sal hulle halsoorkop in die Hel gedompel word, hulle en die goddeloses

    Verse 95

    en die skare van die duiwel, almal tesame

    Verse 96

    Hulle sal sê, terwyl hulle daarin twis

    Verse 97

    By Allah! Ons het waarlik gedwaal

    Verse 98

    toe ons julle aan die Heer van die Wêrelde gelykgestel het

    Verse 99

    En niemand behalwe die misdadigers het ons verlei nie

    Verse 100

    Daarom het ons geen bemiddelaars

    Verse 101

    ook nie ’n boesemvriend nie

    Verse 102

    As ons maar net kon terugkeer, sou ons ook gelowiges wees

    Verse 103

    Hierin is waarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie

    Verse 104

    En vorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige

    Verse 105

    Die volk van Noag het die boodskappers verloën

    Verse 106

    Toe hulle broer Noag aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie

    Verse 107

    Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle

    Verse 108

    Wees bewus van Allah en gehoorsaam my

    Verse 109

    En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde

    Verse 110

    Kom daarom julle plig teenoor Allah na, en gehoorsaam my

    Verse 111

    Hulle het geantwoord: Sal ons in u glo terwyl slegs die onaan- sienlikes u volg

    Verse 112

    Hy het gesê: En wat weet ek van hulle dade af

    Verse 113

    Hulle rekening is alleen by my Heer, as julle dit maar besef

    Verse 114

    En ek gaan die gelowiges nie verdryf nie

    Verse 115

    ek is slegs ’n duidelike waarskuwer

    Verse 116

    Hulle het gesê: As u nie ophou nie, o Noag, sal ons u sekerlik stenig

    Verse 117

    Hy het gesê: My Heer! My volk het my verloën

    Verse 118

    Oordeel daarom regverdig tussen hulle en my; en red my en die gelowiges wat saam met my is

    Verse 119

    Daarom het Ons hom gered en diegene wat met hom in die ark was

    Verse 120

    Daarna het Ons die res laat verdrink

    Verse 121

    Hierin is waarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie

    Verse 122

    Voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige

    Verse 123

    Aad het die boodskappers verloën

    Verse 124

    Toe hulle broer Hüd aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie

    Verse 125

    Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle

    Verse 126

    Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my

    Verse 127

    En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde

    Verse 128

    Bou julle ’n monument op elke hoogte vir ydele vermaak

    Verse 129

    En bou julle kastele sodat julle vir ewig kan lewe

    Verse 130

    En wanneer julle gryp, gryp julle soos verdrukkers

    Verse 131

    Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my

    Verse 132

    Kom julle plig na teenoor Hom wat alles wat julle weet aan jul geskenk het

    Verse 133

    Hy skenk aan julle vee en kinders

    Verse 134

    en tuine en fonteine

    Verse 135

    Ek vrees namens julle inderdaad die straf van ’n smartlike Dag

    Verse 136

    Hulle het geantwoord: Dit is vir ons dieselfde of u vermaan en of u nie een van die vermaners is nie

    Verse 137

    Dit is niks anders as versinsels van die vorige volke nie

    Verse 138

    En ons sal nie gestraf word nie

    Verse 139

    Daarom het hulle hom veloën, en Ons het hulle verdelg. Daarin is waaarlik ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie

    Verse 140

    En voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige

    Verse 141

    Thamoed het die boodskappers verloën

    Verse 142

    Toe hulle broer Salieg aan hulle gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie

    Verse 143

    Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle

    Verse 144

    Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my

    Verse 145

    En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde

    Verse 146

    Sal julle dan veilig gelaat word in wat hier is

    Verse 147

    in tuine en fonteine

    Verse 148

    en koringvelde en dadelpalms vol pragtige blomskedes

    Verse 149

    En met knaphandigheid hol julle huise in die berge uit

    Verse 150

    Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my

    Verse 151

    En gehoorsaam nie die bevel van die verkwisters nie

    Verse 152

    wat onheil op die aarde saai en hulself nie verbeter nie

    Verse 153

    Hulle het gesê: U is betower

    Verse 154

    U is slegs ’n sterfling soos ons ~ bring ons dan ’n teken, indien u opreg is

    Verse 155

    Hy het gesê: Hier is ’n kamelin; sy het haar beurt om te drink, en julle het julle beurt om te drink, op ’n vasgestelde tyd

    Verse 156

    En doen haar geen kwaad aan nie, anders sal die straf van ’n smartlike Dag julle inhaal

    Verse 157

    Maar hulle het haar kniesening afgekap, en daarna het hulle spyt gehad

    Verse 158

    maar die straf het hulle ingehaal. Voorwaar, daarin is ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie

    Verse 159

    En waarlik, u Heer is die Magtige, die Genadige

    Verse 160

    Die volk van Lot het die boodskappers verloën

    Verse 161

    Toe hulle broer Lot aan hulle gesê het: Sal julle nie teen die kwaad waak nie

    Verse 162

    Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle

    Verse 163

    Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my

    Verse 164

    Ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde

    Verse 165

    Gaan julle in by mans van alle skepsels

    Verse 166

    en verlaat julle jul vrouens wat julle Heer vir jul geskape het? Nee, julle is ’n volk wat die perke oorskry

    Verse 167

    Hulle het gesê: As u nie ophou nie, o Lot, sal u sekerlik verban word

    Verse 168

    Hy het gesê: Waarlik, ek vind julle dade veragtelik

    Verse 169

    My Heer! Red my en my volgelinge van wat hulle doen

    Verse 170

    Daarom het Ons hom en al sy volgelinge gered

    Verse 171

    behalwe ’n ou vrou wat agter gebly het

    Verse 172

    Toe het Ons die ander verdelg

    Verse 173

    En Ons het ’n reën op hulle laat giet; en boos was die reën op húlle wat gewaarsku was

    Verse 174

    Daarin is waarlik ’n teken, maar die meeste mense glo nie

    Verse 175

    En voorwaar, u Heer is die Magtige, die Genadige

    Verse 176

    Die Bewoners van die Woud het die boodskappers verloën

    Verse 177

    Toe Sjoe-eib tot hulle gespreek het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie

    Verse 178

    Waarlik, ek is ’n getroue boodskapper vir julle

    Verse 179

    Wees bewus van Allah, en gehoorsaam my

    Verse 180

    En ek vra julle geen beloning daarvoor nie; my loon is slegs by die Heer van die Wêrelde

    Verse 181

    Gee die volle maat, en behoort nie tot die bedrieërs nie

    Verse 182

    En weeg met ’n behoorlike skaal

    Verse 183

    En doen die mense nie te kort in wat hulle toekom nie, en verrig geen onheil op die aarde nie

    Verse 184

    En wees bewus van Hom wat julle en ook die vorige geslagte geskape het

    Verse 185

    Hulle het gesê: U is betower

    Verse 186

    u is maar net ’n sterfling soos ons, en ons beskou u as ’n leuenaar

    Verse 187

    Laat dus ’n deel van die hemel op ons val, as u opreg is

    Verse 188

    Hy het gesê: My Heer weet goed wat julle doen

    Verse 189

    En hulle het hom verloën. Toe het die straf van die Dag van Bedekking hulle ingehaal. Dit was waarlik die straf van ’n smartlike dag

    Verse 190

    Voorwaar, daarin is ’n teken, maar die meeste van hulle glo nie

    Verse 191

    En waarlik, u Heer is die Magtige, die Genadige

    Verse 192

    En waarlik, hierdie Boek is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde

    Verse 193

    Die Getroue Siel het dit gebring

    Verse 194

    na u hart, sodat u ’n waarskuwer kan wees

    Verse 195

    in duidelike Arabies

    Verse 196

    En dieselfde is sekerlik in die geskrifte van die volke wat julle voorafgegaan het

    Verse 197

    Is dit nie ’n teken vir hulle dat die geleerdes onder die Kinders van Israel dit weet nie

    Verse 198

    En indien Ons dit aan ’n vreemdeling geopenbaar het

    Verse 199

    en hy dit aan hulle voorgelees het, sou hulle nooit daarin geglo het nie

    Verse 200

    Só laat Ons dit die harte van die skuldiges binnedring

    Verse 201

    Hulle sal nie daarin glo voordat hulle die smartlike straf nie sien nie

    Verse 202

    Maar dit sal plotseling oor hulle kom terwyl hulle dit nie verwag nie

    Verse 203

    Dan sal hulle sê: Sal daar aan ons uitstel verleen word

    Verse 204

    Wens hulle nog dat Ons straf verhaas moet word

    Verse 205

    Sien u, as Ons hulle dit gun om die jare te geniet

    Verse 206

    en daar kom tot hulle wat aan hul belowe is

    Verse 207

    sal dít wat hul geniet het, hulle niks baat nie

    Verse 208

    En nooit het Ons ’n stad vernietig nie, of sy het haar waarskuwers gehad

    Verse 209

    wat vermaan het. En Ons is nooit onregverdig nie

    Verse 210

    En die duiwels het dit nie gebring nie

    Verse 211

    En dit kom hulle nie toe nie, nóg het hulle die mag om dit te doen

    Verse 212

    Waarlik, selfs om dit te hoor, word hulle nie gegun nie

    Verse 213

    En roep geen ander god buiten Allah aan nie, anders sal u een van die gestrafdes word

    Verse 214

    En waarsku u naaste familie

    Verse 215

    en wend u met sagmoedigheid tot die gelowiges wat u volg

    Verse 216

    Maar indien hulle u nie gehoorsaam nie, sê: Ek aanvaar geen skuld vir u dade nie

    Verse 217

    En stel u vertroue in die Magtige, die Genadige

    Verse 218

    wat u sien wanneer u opstaan

    Verse 219

    en wat u bewegings merk wanneer u saam met ander prostreer

    Verse 220

    Waarlik, Hy is die Alleshorende, die Alleswetende

    Verse 221

    Sal ek u meedeel op wie die duiwels neerdaal

    Verse 222

    Hulle daal op elke verstokte leuenaar en sondaar neer

    Verse 223

    en hulle leen hulle ore uit, en die meeste van hulle is leuenaars

    Verse 224

    En die digters! Die afgedwaaldes volg hulle

    Verse 225

    Sien u nie dat hulle in elke vallei ronddwaal nie

    Verse 226

    en dat wat hulle sê, hulle nie doen nie

    Verse 227

    Behalwe die gelowiges, wat glo en goeie werke doen en Allah altyd onthou, en hulself verdedig as hulle verdruk word. Maar die kwaaddoeners sal weldra weet watter wending hul saak sal neem