Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 36 - Ya-Sin
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah Ya-Sin 36:1
Verse 2 — Surah Ya-Sin 36:2
By die Qur’ãn, vol van wysheid
Verse 3 — Surah Ya-Sin 36:3
U is inderdaad een van die boodskappers
Verse 4 — Surah Ya-Sin 36:4
en op die regte pad
Verse 5 — Surah Ya-Sin 36:5
’n Openbaring van die Almagtige, die Genadevolle
Verse 6 — Surah Ya-Sin 36:6
dat ’n volk daarmee mag waarsku, wie se vaders nie gewaarsku is nie, en wat dus agtelosig is
Verse 7 — Surah Ya-Sin 36:7
Die woord is reeds bewaarheid ten opsigte van die meeste van hulle; dus glo hulle nie
Verse 8 — Surah Ya-Sin 36:8
Ons het sekerlik kettings om hulle nekke gesit wat tot aan hulle ken reik, sodat hulle hoofde omhoog gehef bly
Verse 9 — Surah Ya-Sin 36:9
en Ons het ’n verskansing voor hulle en ’n verskansing agter hulle geplaas; so het Ons hulle dan omsluier, sodat hulle nie kan sien nie
Verse 10 — Surah Ya-Sin 36:10
Dit is vir hulle om‘t ewe of u hulle waarsku of nie waarsku nie; hulle wíl nie glo nie
Verse 11 — Surah Ya-Sin 36:11
U kan slegs hóm waarsku wat die Vermaning volg en die Barmhartige in die verborgene vrees; bring hom dan ’n blye tyding van vergifnis en ’n eervolle beloning
Verse 12 — Surah Ya-Sin 36:12
Voorwaar, dit is Ons wat die dooies laat herlewe, en Ons laat opteken wat hulle vooruitstuur, en ook hulle voetspore; en Ons boekstaaf alles in ’n duidelike verslagboek
Verse 13 — Surah Ya-Sin 36:13
Gee aan hulle die gelykenis van die Bewoners van die Stad toe die apostels daar aangekom het
Verse 14 — Surah Ya-Sin 36:14
Toe Ons twee apostels na hulle gestuur het, het hulle albei verloën; daarna het Ons hulle met ’n derde versterk en hulle het gesê: Waarlik, ons is na julle gestuur
Verse 15 — Surah Ya-Sin 36:15
Hulle het geantwoord: Julle is maar net sulke sterflinge soos ons, en die Barmhartige het niks aan julle geopenbaar nie; julle lieg net
Verse 16 — Surah Ya-Sin 36:16
Hulle het gesê: Ons Heer weet dat ons waarlik na julle gestuur is
Verse 17 — Surah Ya-Sin 36:17
En dit is slegs ons plig om die boodskap duidelik af te lewer
Verse 18 — Surah Ya-Sin 36:18
Die volk het gesê: Waarlik, ons voorspel kwaad van julle. As julle nie ophou nie, sal ons julle gewis stenig, en ’n pynlike straf van ons sal julle sekerlik tref
Verse 19 — Surah Ya-Sin 36:19
Hulle het gesê: Julle teenspoed is met julle. Is dit omdat julle vermaan word? Nee julle is ’n volk wat oortree
Verse 20 — Surah Ya-Sin 36:20
En van die verste uithoek van die stad het ’n man aangehardloop gekom. Hy het gesê: O my volk! Volg die apostels
Verse 21 — Surah Ya-Sin 36:21
volg hom wat geen beloning van julle vra nie. Hulle is op die regte pad
Verse 22 — Surah Ya-Sin 36:22
En watter rede het ek om Hom wat my geskape het en tot wie julle teruggebring sal word, nie te aanbid nie
Verse 23 — Surah Ya-Sin 36:23
Sal ek dan buiten Hom gode aanneem wie se bemiddeling, indien die Barmhartige sou wens om my te benadeel, my niks sal baat nie, en wat my nie sal kan verlos nie
Verse 24 — Surah Ya-Sin 36:24
Dan sal ek inderdaad in openlike dwaling verkeer
Verse 25 — Surah Ya-Sin 36:25
Waarlik, ek glo in julle Heer; luister daarom na my
Verse 26 — Surah Ya-Sin 36:26
Daar is gesê: Gaan die Paradys binne. Hy het gesê: Het my volk maar geweet
Verse 27 — Surah Ya-Sin 36:27
hoe my Heer my vergewe en my een van die geëerdes gemaak het
Verse 28 — Surah Ya-Sin 36:28
En Ons het ná hom nie ’n leërskare uit die hemel na sy volk gestuur nie; Ons stuur dit trouens nooit
Verse 29 — Surah Ya-Sin 36:29
Dit was slegs een enkele kreet, en kyk! hulle was stil
Verse 30 — Surah Ya-Sin 36:30
Wee die dienaars! Nooit kom daar ’n boodskapper nie, of hulle tart hom uit
Verse 31 — Surah Ya-Sin 36:31
Merk hulle dan nie hoeveel geslagte Ons reeds vóór hulle vernietig het nie, geslagte wat nie tot hulle teruggekeer het nie
Verse 32 — Surah Ya-Sin 36:32
En almal ~ ja, waarlik, álmal ~ sal voor Ons gebring word
Verse 33 — Surah Ya-Sin 36:33
En die dorre aarde is vir hulle ’n teken: Ons laat dit herlewe en bring graan daaruit voort, sodat hulle daarvan kan eet
Verse 34 — Surah Ya-Sin 36:34
En Ons het tuine met dadelpalms en druiwe daarin aangelê, en Ons laat fonteine daarin ontspring
Verse 35 — Surah Ya-Sin 36:35
sodat hulle van die vrugte daarvan kan eet. Húlle hande het dit nie gemaak nie. Sal hulle dan nie dank betuig nie
Verse 36 — Surah Ya-Sin 36:36
Eer kom Hom toe wat alles wat op die aarde groei, in pare geskape het, en húlle ook; en selfs ook dít waarvan hulle nie weet nie
Verse 37 — Surah Ya-Sin 36:37
En die nag is vir hulle ’n teken: Ons neem die dag daarvan weg, en kyk! hulle verkeer in duisternis
Verse 38 — Surah Ya-Sin 36:38
en die son beweeg voort na haar bestemming. Hierdie dinge is die verordeninge van die Allermagtige, die Alleswetende
Verse 39 — Surah Ya-Sin 36:39
En vir die maan het Ons kwartiere bepaal, totdat sy soos ’n verdorde palmboomtak sal word
Verse 40 — Surah Ya-Sin 36:40
Die son mag die maan nie inhaal nie, en ook kan die nag die dag nie verbystrewe nie. En almal sweef in ’n bepaalde baan
Verse 41 — Surah Ya-Sin 36:41
En ’n teken vir hulle is dat Ons hulle nageslag in die belaaide skip laat klim
Verse 42 — Surah Ya-Sin 36:42
En Ons het vir hulle nog meer soortgelyke skepe gegee, waarop hulle sal vaar
Verse 43 — Surah Ya-Sin 36:43
En as Ons wil, kan Ons hulle laat verdrink; dan sal daar geen helper vir hulle wees nie, ook sal hulle nie gered word nie
Verse 44 — Surah Ya-Sin 36:44
behalwe deur Ons genade, en as vermaak vir ’n bepaalde tyd
Verse 45 — Surah Ya-Sin 36:45
En wanneer dit aan hulle gesê word: Waak teen dít wat vóór julle is en teen dít wat agter julle is, sodat barmhartigheid aan julle betoon kan word
Verse 46 — Surah Ya-Sin 36:46
Maar geen teken van hul Heer bereik hulle nie, of hulle draai hulle daarvan weg
Verse 47 — Surah Ya-Sin 36:47
En wanneer aan hulle gesê word: Bestee van wat Allah aan julle geskenk het, dan sê die ongelowiges aan die gelowiges: Sal ons hom voed wat, indien Allah wou, homself kon gevoed het? Julle verkeer slegs in dwaling
Verse 48 — Surah Ya-Sin 36:48
En hulle sê: Wanneer sal hierdie belofte vervul word, indien julle opreg is
Verse 49 — Surah Ya-Sin 36:49
Hulle wag slegs op ’n plotselinge straf wat oor hulle sal kom terwyl hulle nog aan die stry is
Verse 50 — Surah Ya-Sin 36:50
Daarom sal hulle nie in staat wees om nog ’n testament te maak nie, ook sal hulle na hul families nie terugkeer nie
Verse 51 — Surah Ya-Sin 36:51
En die basuin sal geblaas word, en kyk! vanuit hul grafte sal hulle na hul Heer aangesnel kom
Verse 52 — Surah Ya-Sin 36:52
Hulle sal sê: Wee ons! Wie het ons uit ons slaap gewek? Dít is wat die Barmhartige belowe het, en die boodskappers het die waarheid gespreek
Verse 53 — Surah Ya-Sin 36:53
Daar sal slegs ’n enkele kreet wees, en kyk! hulle sal voor Ons gebring word
Verse 54 — Surah Ya-Sin 36:54
Op hierdie Dag dan sal geen siel enige onreg aangedoen word nie; en julle sal vir niks beloon word nie, behalwe vir jul dade
Verse 55 — Surah Ya-Sin 36:55
Voorwaar, op dié Dag sal die bewoners van die Hemel gelukkig aan die werk wees
Verse 56 — Surah Ya-Sin 36:56
Hulle en hul eggenotes sal hul in die skadu op verhoogde sofa’s neervly
Verse 57 — Surah Ya-Sin 36:57
Hulle sal vrugte daarin hê, en wat hulle ook al verlang, hulle sal dit ontvang
Verse 58 — Surah Ya-Sin 36:58
Vrede! ’n Woord van die Genadevolle Heer
Verse 59 — Surah Ya-Sin 36:59
En hou julle eenkant op hierdie Dag, o julle misdadigers
Verse 60 — Surah Ya-Sin 36:60
Het Ek julle nie gelas nie, o Kinders van Adam, dat julle die duiwel nie moet dien nie? ~ waarlik, hy is jul openlike vyand
Verse 61 — Surah Ya-Sin 36:61
en dat julle My moet dien? Dit was die regte weg
Verse 62 — Surah Ya-Sin 36:62
En tog het hy ’n groot gedeelte van julle laat verdwaal. Kon julle dit dan nie verstaan nie
Verse 63 — Surah Ya-Sin 36:63
Dít is die Hel wat aan julle belowe is
Verse 64 — Surah Ya-Sin 36:64
Gaan dit Vandag binne, omdat julle ongelowig was
Verse 65 — Surah Ya-Sin 36:65
Op dié Dag sal Ons hulle monde verseël, maar hulle hande sal met ons praat, en hulle voete sal getuienis aflê van alles wat hulle verdien het
Verse 66 — Surah Ya-Sin 36:66
En as Ons wou, sou Ons hulle oë uitgehaal het, dan sou hulle strewe om eerste oor die weg te kom, maar hoe sou hulle sien
Verse 67 — Surah Ya-Sin 36:67
En as Ons wou, sou Ons hulle in hul plekke van gedaante laat verwissel het, dan sou hulle nie in staat wees om vorentoe of agtertoe te gaan nie
Verse 68 — Surah Ya-Sin 36:68
En hy aan wie Ons ook ’n lang lewe gee, hom laat Ons ook afneem aan lewenskrag. Wil hulle dan nie verstaan nie
Verse 69 — Surah Ya-Sin 36:69
En Ons het hom2 nie in die digkuns onderrig nie; dit pas hom ook nie. Dit is niks anders nie as ’n vermaning, en ’n duidelike Qur’ãn
Verse 70 — Surah Ya-Sin 36:70
om die lewendes te waarsku en sodat die woord teen die ongelowiges bewaarheid kan word
Verse 71 — Surah Ya-Sin 36:71
Sien hulle dan nie dat ons met Ons hande vir hulle vee geskape het nie, waaroor hulle baas is
Verse 72 — Surah Ya-Sin 36:72
En Ons het dit aan hulle diensbaar gemaak, sodat hulle op party kan ry en van sommige kan eet
Verse 73 — Surah Ya-Sin 36:73
Hulle trek voordeel daaruit en dit gee hulle ook iets om te drink. Sal hulle dan nie dank betuig nie
Verse 74 — Surah Ya-Sin 36:74
Hulle aanbid gode buiten Allah en hoop dat dit hulle sal help
Verse 75 — Surah Ya-Sin 36:75
Hierdie dinge kan hulle nie help nie, en hulle sal as ’n skare teen hulle ingeroep word
Verse 76 — Surah Ya-Sin 36:76
Moenie dat hulle praatjies u verontrus nie. Voorwaar, Ons weet wat hulle in die geheim doen, en wat hulle openlik doen
Verse 77 — Surah Ya-Sin 36:77
Sien die mens nie dat Ons hom uit ’n sperm geskape het nie? Maar kyk! hy is ’n openlike twissoeker
Verse 78 — Surah Ya-Sin 36:78
En hy stel ’n gelykenis teenoor Ons, en vergeet sy eie ontstaan. Hy sê: Wie kan die beendere laat herlewe as hulle vergaan het
Verse 79 — Surah Ya-Sin 36:79
Sê: Hy wat die eerste maal lewe aan hulle gegee het, sal hulle laat herlewe; en Hy is die Kenner van die hele skepping
Verse 80 — Surah Ya-Sin 36:80
Hy wat vir julle uit die groen boom vuur verwek, sodat julle dit kan aanwend
Verse 81 — Surah Ya-Sin 36:81
Is Hy wat die hemele en die aarde geskape het, dan nie in staat om die gelyke daarvan te skep nie? Ja! En Hy is die Skepper van alles, die Alleswetende
Verse 82 — Surah Ya-Sin 36:82
Voorwaar, wanneer Hy Hom iets voorneem, is Sy gebod slegs: Wees! En dit word
Verse 83 — Surah Ya-Sin 36:83
Eer Hom dus, in Wie se hand die Koninkryk van alle dinge is! Tot Hom sal julle teruggebring word. Hulle Wie In Rye Georden Is