Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 37 - As-Saffat
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah As-Saffat 37:1
By hulle wat hul in rye georden is
Verse 2 — Surah As-Saffat 37:2
en hulle wat hul in bedwang hou
Verse 3 — Surah As-Saffat 37:3
en hulle wat die Vermaning voordra
Verse 4 — Surah As-Saffat 37:4
julle God is waarlik EEN
Verse 5 — Surah As-Saffat 37:5
Die Heer van die hemele en die aarde en wat daartussen is, en die Heer van die lande in die Ooste
Verse 6 — Surah As-Saffat 37:6
Waarlik, Ons het vir die nader hemel sterre as versiersels gegee
Verse 7 — Surah As-Saffat 37:7
En daar is beskerming teen elke opstandige duiwel
Verse 8 — Surah As-Saffat 37:8
Hulle kan nie na die verhewe byeenkoms luister nie, en hulle sal van alle kante berispe word
Verse 9 — Surah As-Saffat 37:9
en verdryf; en vir hulle is daar ’n aanhoudende straf
Verse 10 — Surah As-Saffat 37:10
behalwe vir hom wat slegs een maal wegsteel, agter hom volg daar ’n helderskynende Vlam
Verse 11 — Surah As-Saffat 37:11
Vra die ongelowiges of hulle moeiliker is om te skep as ander. Ons het tog almal van ferm klei geskape
Verse 12 — Surah As-Saffat 37:12
Nee, u verwonder u, terwyl hulle spot
Verse 13 — Surah As-Saffat 37:13
en wanneer hulle vermaan word, steur hulle hul nie daaraan nie
Verse 14 — Surah As-Saffat 37:14
en wanneer hulle ’n teken sien, spot hulle daarmee
Verse 15 — Surah As-Saffat 37:15
en sê: Dit is niks anders nie dan duidelike towerkuns
Verse 16 — Surah As-Saffat 37:16
Wanneer ons dood is en stof en beendere geword het, sal ons dan opgewek word
Verse 17 — Surah As-Saffat 37:17
en so ook ons vaders
Verse 18 — Surah As-Saffat 37:18
Sê: Ja, en julle sal verneder word
Verse 19 — Surah As-Saffat 37:19
Daar sal slegs een oproep wees, en kyk! hulle sal sien
Verse 20 — Surah As-Saffat 37:20
En hulle sal sê: Wee ons! Dit is die Dag van Oordeel
Verse 21 — Surah As-Saffat 37:21
Allah sal sê: Dít is die Dag van Beslissing wat julle verloën het
Verse 22 — Surah As-Saffat 37:22
Versamel bymekaar almal wat kwaad gedoen het, en hulle geselle, en wat hulle
Verse 23 — Surah As-Saffat 37:23
buiten Allah, aanbid het, en lei hulle dan op die pad na die Hel
Verse 24 — Surah As-Saffat 37:24
En laat hulle stilstaan, want hulle sal ondervra word
Verse 25 — Surah As-Saffat 37:25
Waarom het julle mekaar dan nie gehelp nie
Verse 26 — Surah As-Saffat 37:26
Nee, op daardie Dag sal hulle onderdanig wees
Verse 27 — Surah As-Saffat 37:27
En sommige van hulle sal hulle na ander wend, en mekaar beurtelings ondervra
Verse 28 — Surah As-Saffat 37:28
en sê: Voorwaar, julle het dikwels vanaf die regterkant na ons gekom
Verse 29 — Surah As-Saffat 37:29
Hulle sal antwoord: Nee, julle self was nie gelowiges nie
Verse 30 — Surah As-Saffat 37:30
En ons het geen gesag oor julle gehad nie, maar julle was ’n oortredende volk
Verse 31 — Surah As-Saffat 37:31
So het die woord van ons Heer teen ons waar geword; ons sal sekerlik die straf ondergaan
Verse 32 — Surah As-Saffat 37:32
Ons het julle verlei, want ons was self in dwaling
Verse 33 — Surah As-Saffat 37:33
Daardie Dag dan sal hulle deelgenote wees in die straf
Verse 34 — Surah As-Saffat 37:34
want so handel Ons met die misdadigers
Verse 35 — Surah As-Saffat 37:35
Hulle was voorwaar aanmatigend toe dit aan hulle gesê is: Daar is geen god nie buiten Allah
Verse 36 — Surah As-Saffat 37:36
en het toe gesê: Sal ons ons gode ter wille van ’n waansinnige digter opgee
Verse 37 — Surah As-Saffat 37:37
Nee, hy het die Waarheid gebring en bevestig die boodskappers
Verse 38 — Surah As-Saffat 37:38
Julle sal die smartlike straf sekerlik ondergaan
Verse 39 — Surah As-Saffat 37:39
En julle sal slegs vergeld word vir wat julle gedoen het
Verse 40 — Surah As-Saffat 37:40
behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes
Verse 41 — Surah As-Saffat 37:41
Vir hulle is daar ’n bekende voorsiening
Verse 42 — Surah As-Saffat 37:42
Vrugte. En hulle word geëer
Verse 43 — Surah As-Saffat 37:43
in Tuine van Genot
Verse 44 — Surah As-Saffat 37:44
op trone, teenoor mekaar
Verse 45 — Surah As-Saffat 37:45
’n Beker sal tussen hulle rondgedeel word, gevul uit ’n borrelende fontein
Verse 46 — Surah As-Saffat 37:46
helderwit, smaaklik vir dié wat drink
Verse 47 — Surah As-Saffat 37:47
Dit neem die verstand nie weg nie, en veroorsaak ook nie vermoeidheid nie
Verse 48 — Surah As-Saffat 37:48
En naas hulle sal kuise vrouens wees van beskeie blik, met groot, pragtige oë
Verse 49 — Surah As-Saffat 37:49
net soos sorgvuldig bewaarde eiers
Verse 50 — Surah As-Saffat 37:50
Dan sal sommige van hulle hul na ander wend, en mekaar ondervra
Verse 51 — Surah As-Saffat 37:51
’n Spreker onder hulle sal sê: Ek het waarlik ’n metgesel gehad
Verse 52 — Surah As-Saffat 37:52
wat gesê het: Is u werklik ál een van diegene wat bevestig
Verse 53 — Surah As-Saffat 37:53
Wanneer ons dood is en stof en beendere geword het, sal ons dan vergeld word
Verse 54 — Surah As-Saffat 37:54
Hy sal sê: Sal julle kyk
Verse 55 — Surah As-Saffat 37:55
Toe het hy afgekyk en hom in die middel van die Hel gesien
Verse 56 — Surah As-Saffat 37:56
Hy sal sê: By Allah! U het my byna laat vergaan
Verse 57 — Surah As-Saffat 37:57
En was dit nie vir die guns van my Heer nie, sou ek onder húlle gewees het wat daar vertoef
Verse 58 — Surah As-Saffat 37:58
Sal ons nie sterwe nie
Verse 59 — Surah As-Saffat 37:59
ná ons eerste dood? En sal ons nie gestraf word nie
Verse 60 — Surah As-Saffat 37:60
Voorwaar, dit is die hoogste sukses
Verse 61 — Surah As-Saffat 37:61
Laat die werkers dan vir die gelyke hiervan werk
Verse 62 — Surah As-Saffat 37:62
Is dít die beste, of is die boom van Zakkoem1 die beste
Verse 63 — Surah As-Saffat 37:63
Voorwaar, Ons het dit as ’n beproewing vir die boodskappers gemaak
Verse 64 — Surah As-Saffat 37:64
Dit is ’n boom wat in die bodem van die Hel groei
Verse 65 — Surah As-Saffat 37:65
Die trosse daarvan is soos die koppe van slange
Verse 66 — Surah As-Saffat 37:66
Hulle sal sekerlik daarvan eet, en hulle buik daarmee vul
Verse 67 — Surah As-Saffat 37:67
Dan sal hulle ’n drank van kokende water kry
Verse 68 — Surah As-Saffat 37:68
Daarna sal hulle terugkeer sekerlik na die Vlammende Vuur wees
Verse 69 — Surah As-Saffat 37:69
Hulle het waarlik gevind dat hul voorvaders dwaal
Verse 70 — Surah As-Saffat 37:70
maar het haastig op hul weë voortgegaan
Verse 71 — Surah As-Saffat 37:71
En baie van die ou volke vóór hulle het in dwaling verkeer
Verse 72 — Surah As-Saffat 37:72
En Ons het waarlik waarskuwers na hulle gestuur
Verse 73 — Surah As-Saffat 37:73
Kyk dan hoe was die einde van hulle wat gewaarsku is
Verse 74 — Surah As-Saffat 37:74
behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes
Verse 75 — Surah As-Saffat 37:75
En Noag het waarlik na Ons geroep. Maar wat ’n uitmuntende Beantwoorder van Gebede is Ons nie
Verse 76 — Surah As-Saffat 37:76
En Ons het hom en sy volk van die groot nood verlos
Verse 77 — Surah As-Saffat 37:77
en Ons het sy nakomelinge oorlewendes gemaak
Verse 78 — Surah As-Saffat 37:78
en vir hom lof onder die nageslagte nagelaat
Verse 79 — Surah As-Saffat 37:79
Vrede vir Noag onder die volke
Verse 80 — Surah As-Saffat 37:80
Want waarlik, so beloon Ons hulle wat goeie werke doen
Verse 81 — Surah As-Saffat 37:81
Hy was waarlik een van Ons gelowige dienaars
Verse 82 — Surah As-Saffat 37:82
Maar Ons het die ander laat verdrink
Verse 83 — Surah As-Saffat 37:83
En Abraham het waarlik tot sý party behoort
Verse 84 — Surah As-Saffat 37:84
Toe hy tot sy Heer gekom het met ’n geruste hart
Verse 85 — Surah As-Saffat 37:85
en aan sy vader en sy volk gesê het: Wat aanbid julle
Verse 86 — Surah As-Saffat 37:86
Net ’n leuen! ~ Verlang julle na gode buiten Allah
Verse 87 — Surah As-Saffat 37:87
Wat dink julle van die Heer van die Wêrelde
Verse 88 — Surah As-Saffat 37:88
Toe het hy sy oë na die sterre opgeslaan
Verse 89 — Surah As-Saffat 37:89
en gesê: Ek is siek van julle gode
Verse 90 — Surah As-Saffat 37:90
Hulle het hom die rug toegekeer en weggegaan
Verse 91 — Surah As-Saffat 37:91
Toe het hy hom tot hulle gode gewend en gesê: Eet julle dan nie
Verse 92 — Surah As-Saffat 37:92
Wat makeer julle dan dat julle nie praat nie
Verse 93 — Surah As-Saffat 37:93
En hy het hom na hulle gewend en met die regterhand geslaan
Verse 94 — Surah As-Saffat 37:94
Hulle2 het haastig weer na hom gekom
Verse 95 — Surah As-Saffat 37:95
Hy het gesê: Aanbid julle dinge wat julle self uitgebeitel het
Verse 96 — Surah As-Saffat 37:96
En Alláh het julle geskape, én die werke van jul hande
Verse 97 — Surah As-Saffat 37:97
Hulle het gesê: Bou vir hom ’n gebou, en werp hom in die Vlammende Vuur
Verse 98 — Surah As-Saffat 37:98
En hulle het ’n komplot teen hom gesmee, maar Ons het hulle verneder
Verse 99 — Surah As-Saffat 37:99
En hy het gesê: Voorwaar, ek gaan na my Heer ~ Hý sal my lei
Verse 100 — Surah As-Saffat 37:100
My Heer! Skenk my ’n nakomeling wat regverdig sal wandel
Verse 101 — Surah As-Saffat 37:101
So het Ons hom dan die blye tyding van ’n verdraagsame seun gegee
Verse 102 — Surah As-Saffat 37:102
Maar toe dié mondig geword het, en saam met sy vader gewerk het, het hy gesê: O my seun! Ek het in ’n droom gesien dat ek u moet offer. Oorweeg dan my woorde. Hy het geantwoord: O my vader! Doen soos u beveel word; u sal my ~ as dit Allah behaag ~ sekerlik geduldig vind
Verse 103 — Surah As-Saffat 37:103
Toe hulle hul dan albei onderwerp het, en hy hom plat op sy voorhoof neergelê het
Verse 104 — Surah As-Saffat 37:104
het Ons na hom geroep en gesê: O Abraham
Verse 105 — Surah As-Saffat 37:105
U het die bevel van u droom uitgevoer. Want só beloon Ons hulle wat goeddoen
Verse 106 — Surah As-Saffat 37:106
Dit was voorwaar ’n groot beproewing
Verse 107 — Surah As-Saffat 37:107
En Ons het hom deur ’n groot offer verlos
Verse 108 — Surah As-Saffat 37:108
En onder die nageslagte het Ons vir hom hierdie begroeting nagelaat
Verse 109 — Surah As-Saffat 37:109
Vrede vir Abraham
Verse 110 — Surah As-Saffat 37:110
Want so beloon Ons diegene wat goeddoen
Verse 111 — Surah As-Saffat 37:111
Voorwaar, hy was een van Ons gelowige dienaars
Verse 112 — Surah As-Saffat 37:112
En Ons het hom die blye tyding aangaande Isak gegee: ’n Profeet, een van die regverdiges
Verse 113 — Surah As-Saffat 37:113
En Ons het hom en Isak geseën. En onder sy nageslag is sommige wat goeddoen, maar ander doen hulself openlik onreg aan
Verse 114 — Surah As-Saffat 37:114
En Ons het inderdaad gunste aan Moses en Aäron bewys
Verse 115 — Surah As-Saffat 37:115
En hulle albei, asook hulle volk, het Ons uit groot nood gered
Verse 116 — Surah As-Saffat 37:116
En Ons het hulle gehelp, sodat hulle die oorwinnaars geword het
Verse 117 — Surah As-Saffat 37:117
En Ons het aan hulle albei ’n duidelike Boek gegee
Verse 118 — Surah As-Saffat 37:118
En Ons het hulle albei op die regte pad gelei
Verse 119 — Surah As-Saffat 37:119
En onder die nageslagte het Ons hulle hierdie begroeting nagelaat
Verse 120 — Surah As-Saffat 37:120
Vrede vir Moses en Aäron
Verse 121 — Surah As-Saffat 37:121
Want so beloon Ons diegene wat goeddoen
Verse 122 — Surah As-Saffat 37:122
Voorwaar, hulle was altwee onder Ons gelowige dienaars
Verse 123 — Surah As-Saffat 37:123
En Elias was ook een van die boodskappers
Verse 124 — Surah As-Saffat 37:124
Toe hy aan sy volk gesê het: Sal julle dan nie teen die kwaad waak nie
Verse 125 — Surah As-Saffat 37:125
Roep julle Baäl aan en versaak julle die Beste Skepper
Verse 126 — Surah As-Saffat 37:126
Allah, julle Heer en die Heer van julle voorvaders
Verse 127 — Surah As-Saffat 37:127
Maar hulle het hom verloën, en sal daarom voorgebring word
Verse 128 — Surah As-Saffat 37:128
behalwe die dienaars van Allah, die gesuiwerdes
Verse 129 — Surah As-Saffat 37:129
En onder die nageslagte het Ons vir hom hierdie begroeting nagelaat
Verse 130 — Surah As-Saffat 37:130
Vrede vir Elias
Verse 131 — Surah As-Saffat 37:131
Want so beloon Ons hulle wat goeddoen
Verse 132 — Surah As-Saffat 37:132
Hy was waarlik een van Ons gelowige dienaars
Verse 133 — Surah As-Saffat 37:133
En Lot was voorwaar een van die boodskappers
Verse 134 — Surah As-Saffat 37:134
Toe Ons hom en sy familielede gered het
Verse 135 — Surah As-Saffat 37:135
behalwe ’n ou vrou onder hulle wat agtergebly het
Verse 136 — Surah As-Saffat 37:136
toe het Ons die ander vernietig
Verse 137 — Surah As-Saffat 37:137
En julle gaan hulle ou woonplekke sekerlik in die oggend verby
Verse 138 — Surah As-Saffat 37:138
en ook in die aand. Wíl julle dan nie verstaan nie
Verse 139 — Surah As-Saffat 37:139
En Jona was waarlik een van die boodskappers
Verse 140 — Surah As-Saffat 37:140
Toe hy op die belaaide skip gevlug het
Verse 141 — Surah As-Saffat 37:141
en toe hulle lootjies getrek het en hy oorboord gegooi is
Verse 142 — Surah As-Saffat 37:142
toe het daar ’n groot vis gekom en hom in die mond geneem terwyl hy homself verwyt het
Verse 143 — Surah As-Saffat 37:143
Maar as dit nie was dat hy een van diegene was wat Ons verheerlik nie
Verse 144 — Surah As-Saffat 37:144
sou hy in die vis se buik gebly het tot op die Opstandingsdag
Verse 145 — Surah As-Saffat 37:145
Daarna het Ons hom op die kaal strand laat uitspoel, terwyl hy siek was
Verse 146 — Surah As-Saffat 37:146
En Ons het ’n kalbasplant vir hom laat groei
Verse 147 — Surah As-Saffat 37:147
En as boodskapper het Ons hom na ’n honderdduisend of meer mense gestuur
Verse 148 — Surah As-Saffat 37:148
En hulle het geglo; daarom het Ons voorsiening vir ’n tyd aan hulle geskenk
Verse 149 — Surah As-Saffat 37:149
Vra hulle nou of u Heer dogters het terwyl hulle seuns het
Verse 150 — Surah As-Saffat 37:150
Of het Ons die engele as vroulike wesens geskape, terwyl hulle toegesien het
Verse 151 — Surah As-Saffat 37:151
Dit is sekerlik hulle eie versinsel as hulle sê
Verse 152 — Surah As-Saffat 37:152
Allah het verwek. Maar hulle is leuenaars
Verse 153 — Surah As-Saffat 37:153
Het Hy dogters bo seuns vekies
Verse 154 — Surah As-Saffat 37:154
Wat makeer julle dan? Hoe oordeel julle
Verse 155 — Surah As-Saffat 37:155
Sal julle dan nie nadink nie
Verse 156 — Surah As-Saffat 37:156
Of het julle ’n duidelike gesag
Verse 157 — Surah As-Saffat 37:157
Bring dan julle Boek, indien julle opreg is
Verse 158 — Surah As-Saffat 37:158
En hulle beweer dat daar ’n verwantskap tussen Hom en die djien bestaan. En die djien weet voorwaar dat hulle voorgebring sal word om geoordeel te word
Verse 159 — Surah As-Saffat 37:159
verhewe is Allah bo dít wat hulle beskryf
Verse 160 — Surah As-Saffat 37:160
maar nie die dienaars van Allah, die gesuiwerdes, nie
Verse 161 — Surah As-Saffat 37:161
Voorwaar, julle en wat julle aanbid
Verse 162 — Surah As-Saffat 37:162
teen Hom kan julle niemand opmaak nie
Verse 163 — Surah As-Saffat 37:163
behalwe hom wat in die Vlammende Vuur brand
Verse 164 — Surah As-Saffat 37:164
En daar is niemand onder ons gelowiges nie, of daar sal vir hom ’n plek aangewys word
Verse 165 — Surah As-Saffat 37:165
en ons is gewis in rye gerangskik
Verse 166 — Surah As-Saffat 37:166
en sekerlik veheerlik ons Hom
Verse 167 — Surah As-Saffat 37:167
En hulle het daaraan gewoond geraak om te sê
Verse 168 — Surah As-Saffat 37:168
As ons ’n vermaning van die volke van die outyd gehad het
Verse 169 — Surah As-Saffat 37:169
sou ons opregte dienaars van Allah gewees het
Verse 170 — Surah As-Saffat 37:170
Maar nou glo hulle nie daarin nie, daarom sal hulle dit weldra te wete kom
Verse 171 — Surah As-Saffat 37:171
En waarlik, Ons woord aangaande Ons dienaars, die bood- skappers, is reeds uitgespreek
Verse 172 — Surah As-Saffat 37:172
Hulle, ja waarlik, hulle sál gehelp word
Verse 173 — Surah As-Saffat 37:173
en Ons leërskare, waarlik, hulle sal triomfantlik wees
Verse 174 — Surah As-Saffat 37:174
Keer dan ’n tyd lank van hulle af
Verse 175 — Surah As-Saffat 37:175
en slaan hulle gade, want hulle sal ook sien
Verse 176 — Surah As-Saffat 37:176
Wou hulle dan Ons straf verhaas
Verse 177 — Surah As-Saffat 37:177
Maar wanneer dit op hulle land neerdaal, sal die oggend sleg wees vir hulle wat gewaarsku was
Verse 178 — Surah As-Saffat 37:178
Keer dan ’n tyd lank van hulle af
Verse 179 — Surah As-Saffat 37:179
en let op, want hulle sal ook sien
Verse 180 — Surah As-Saffat 37:180
Verhewe is u Heer, die Heer van Roem en Mag, bo dít wat hulle beskryf
Verse 181 — Surah As-Saffat 37:181
En vrede vir die boodskappers
Verse 182 — Surah As-Saffat 37:182
En alle lof behoort aan Allah, die Heer van die Wêrelde