Back to Languages

Afrikaans - Chapter 39 - Az-Zumar

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Az-Zumar 39:1

Die openbaring van die Boek is van Allah, die Almagtige, die Allerwyse

Verse 2 — Surah Az-Zumar 39:2

Voorwaar, Ons het u die Boek met waarheid geopenbaaar; aanbid Allah daarom, en wees opreg teenoor Hom in gehoor- saamheid

Verse 3 — Surah Az-Zumar 39:3

Want waarlik, opregte gehoorsaamheid kom Allah alleen toe. En diegene wat beskermers buiten Allah verkies, sê: Ons aanbid hulle slegs omdat hulle ons in die nabyheid van Allah bring. Voorwaar, Allah sal onder hulle uitspraak gee aangaande dít waaroor hulle verskil. Voorwaar, Allah lei nie ’n leuenaar en ’n ondankbare nie

Verse 4 — Surah Az-Zumar 39:4

As Allah ’n seun vir Hom wou neem, kon Hy tog enigeen neem uit diegene wat Hy geskape het. Heilig is Hy! Hy is Allah, die Een, die Onderwerper van almal

Verse 5 — Surah Az-Zumar 39:5

Hy het die hemele en die aarde in waarheid geskape; Hy laat die nag oorgaan in die dag, en die dag in die nag; en Hy het die son en die maan in diens gestel; elkeen loop aan vir ’n vasgestelde tydperk. Waarlik Hy is die Allermagtige, die Vergewensgesinde

Verse 6 — Surah Az-Zumar 39:6

Hy het julle uit ’n enkele wese geskape, daarna vir julle metgeselle gemaak. En Hy het vir julle agt stuks vee in pare afgestuur. Hy skep julle in die baarmoeders van julle moeders, skepping ná skepping, in drievoudige duisternis. So is Allah, julle Heer; aan Hom behoort die koninkryk. Daar is geen god nie buiten Hom. Wat laat julle dan dwaal

Verse 7 — Surah Az-Zumar 39:7

As julle ondankbaar is, Allah is sekerlik onafhanklik van julle. En Hy hou nie van ondankbaarheid onder Sy dienaars nie. En as julle dankbaar is, dan hou Hy daarvan. En geen lasdraer kan die las van ’n ander dra nie. Dan is julle terugkeer tot julle Heer; en Hy sal julle meedeel wat julle gedoen het. Waarlik, Hy weet wat in julle harte is

Verse 8 — Surah Az-Zumar 39:8

En wanneer ellende die mens teister, dan roep hy sy Heer aan en wend hom tot Hom. Dan, wanneer Hy hom ’n guns bewys, vergeet die mens waarvoor hy Allah aangeroep het, en stel afgode langs Allah, om die mense van Sy weg af te lei. Sê: Geniet julle ondankbaarheid vir ’n rukkie; julle hoort sekerlik by die bewoners van die Vuur

Verse 9 — Surah Az-Zumar 39:9

Is hy wat Allah vereer gedurende die ure van die nag, knielende en staande, wat hom vir die Hiernamaals voorberei en hoop op die barmhartigheid van sy Heer, gelyk aan diegene wat dit nie doen nie? Sê: Is hulle wat weet gelyk aan hulle wat nie weet nie? Alleen mense van begrip sal omgee

Verse 10 — Surah Az-Zumar 39:10

Sê: O My gelowige dienaars! Wees bewus van jul Heer en kom julle plig teenoor Hom na. Vir hulle wat goeddoen in hierdie wêreld is daar goed, en Allah se aarde is ruim. Voorwaar, aan die standvastiges sal sonder berekening beloning uitbetaal word

Verse 11 — Surah Az-Zumar 39:11

Sê: Ek is beveel om Allah te aanbid, opreg teenoor Hom in gehoorsaamheid

Verse 12 — Surah Az-Zumar 39:12

en ek is beveel om die eerste te wees van hulle wat onderdanig is

Verse 13 — Surah Az-Zumar 39:13

Sê: Ek vrees, indien ek my Heer nie gehoorsaam nie, die straf van ’n groot Dag

Verse 14 — Surah Az-Zumar 39:14

Sê: Dit is Allah wat ek aanbid, opreg teenoor Hom in gehoor- saamheid

Verse 15 — Surah Az-Zumar 39:15

Aanbid dan buiten Hom wat julle wil. Sê: Die verloorders is waarlik hulle wat op die Dag van Herrysenis hulleself en hulle volk sal verloor. Sien dan dat dit ’n duidelike verlies is

Verse 16 — Surah Az-Zumar 39:16

Hulle sal lae van Vuur bo hulle én onder hulle hê. Daarmee laat Allah Sy dienaars vrees. O My dienaars! Vrees My

Verse 17 — Surah Az-Zumar 39:17

En vir hulle wat geen afgode aanbid nie en hulle tot Allah wend, is daar goeie nuus. Bring daarom vir My dienaars goeie nuus

Verse 18 — Surah Az-Zumar 39:18

vir hulle wat na die Woord luister en dan die beste daarvan volg. Dit is hulle vir wie Allah lei, en hulle is mense van begrip

Verse 19 — Surah Az-Zumar 39:19

Hy wat die straf verdien, kan u hom van die Vuur red

Verse 20 — Surah Az-Zumar 39:20

Maar vir diegene wat bewus is van hul Heer, is daar verhewe plekke, en bo hulle is nog meer verhewe plekke vir hulle gebou, waaronder riviere vloei. Dít is die belofte van Allah. Allah doen altyd Sy beloftes gestand

Verse 21 — Surah Az-Zumar 39:21

Sien u dan nie hoedat Allah water uit die wolke afstuur en dit in die aarde laat insak in die vorm van fonteine nie, waardeur plante van verskillende kleure uitspruit; daarna verdor dit voor julle oë, en Hy maak kaf daarvan? Voorwaar, hierin is ’n vermaning vir mense wat verstaan

Verse 22 — Surah Az-Zumar 39:22

Is hy wie se bors Allah oopgemaak het vir Islam, sodat hy die lig van sy Heer kan volg, soos hy wat nie wíl glo nie? Wee hulle wie se harte verhard is teen die oordenkinge van Allah! Hulle verkeer in ’n duidelike dwaling

Verse 23 — Surah Az-Zumar 39:23

Allah het die beste aankondiging geopenbaar: ’n bestendige Boek waarin beloftes van beloning gepaard gaan met dreigemente van straf waarby die velle van húlle wat hul Heer vrees, ineenkrimp; daarna ontspan dit én hulle harte by die oordenking van Allah. Dít is Allah se leiding. Hy lei daarmee wie Hy wil. En aangaande hom wat Allah laat dwaal het, vir hom is daar geen gids nie

Verse 24 — Surah Az-Zumar 39:24

Is hy dan, wat sy eie gesig teen die straf van die Dag van Herrysenis moet verdedig, soos hy wat goeddoen? En dit sal aan die onregverdiges gesê word: Proe dan die straf wat julle verdien het

Verse 25 — Surah Az-Zumar 39:25

Mense vóór hulle het Hom ook verloën; daarom het die straf oor hulle gekom waarvandaan hulle dit nie verwag het nie

Verse 26 — Surah Az-Zumar 39:26

Gevolglik het Allah in die lewe van hierdie wêreld die skande oor hulle gebring; en sekerlik sal die straf van die Hiernamaals groter wees. As hulle dit maar geweet het

Verse 27 — Surah Az-Zumar 39:27

En voorwaar, Ons het vir die mense in hierdie Qur’ãn gelykenisse van elke soort voorgehou, sodat hulle mag onthou

Verse 28 — Surah Az-Zumar 39:28

’n Arabiese Qur’ãn, sonder enige valsheid, sodat hulle teen die kwaad mag waak

Verse 29 — Surah Az-Zumar 39:29

Allah hou vir hulle hierdie gelykenis voor: ’n Man behoort tot ’n groep wat met mekaar verskil, en ’n man wat uitsluitlik aan een man geheg is. Is beide in dieselfde toestand? Die lof behoort aan Allah! Nee, die meeste van hulle weet dit nie

Verse 30 — Surah Az-Zumar 39:30

Waarlik, júlle sal sterf, en ook húlle sal sterf

Verse 31 — Surah Az-Zumar 39:31

dan sal julle sekerlik op die Dag van Herrysenis voor julle Heer met mekaar argumenteer

Verse 32 — Surah Az-Zumar 39:32

Wie is onregverdiger as hy wat ’n leuen teen Allah versin en die waarheid verwerp wanneer dit tot hom kom? Is daar nie in die Hel ’n tuiste vir die ongelowiges nie

Verse 33 — Surah Az-Zumar 39:33

En hulle wat die waarheid bring en die waarheid aanneem, hulle is die godvresendes

Verse 34 — Surah Az-Zumar 39:34

Hulle sal van hulle Heer ontvang wat hulle begeer. Dít is die beloning van hulle wat goeddoen

Verse 35 — Surah Az-Zumar 39:35

dat Allah die bose wat hulle gedoen het, mag oorsien, en hulle beloon vir die goeie wat hulle gedoen het

Verse 36 — Surah Az-Zumar 39:36

Is Allah nie toereikend vir Sy dienaar nie? En hulle probeer om u te verskrik met diegene buiten Hom. En vir wie Allah ook al laat dwaal, vir hom is daar geen gids nie

Verse 37 — Surah Az-Zumar 39:37

En vir wie Allah lei, daar is niemand wat hom kan verlei nie. Is Allah, die Heer van Vergelding, dan nie Magtig nie

Verse 38 — Surah Az-Zumar 39:38

En as u hulle vra: Wie het die hemele en die aarde geskape? sal hulle antwoord: Allah. Sê: Dink julle dan dat diegene wat julle buiten Allah aanroep, Allah se skade kan afwend as Hy begeer om my te benadeel? Of as Hy barmhartigheid aan my wil betoon, sal hulle in staat wees om dit te verhinder? Sê: Allah is genoeg vir my. In Hom stel die vertrouendes hul vertroue

Verse 39 — Surah Az-Zumar 39:39

Sê: O my volk! Werk op die plek wat vir julle aangewys is. Ek is ook werksaam; maar weldra sal julle te wete kom

Verse 40 — Surah Az-Zumar 39:40

oor wie daar ’n straf sal kom wat hom sal verneder, en oor wie ’n blywende straf sal neerkom

Verse 41 — Surah Az-Zumar 39:41

Voorwaar, Ons het die Boek met waarheid ten bate van die mense aan u geopenbaar. Wie ook al die regte weg volg, volg dit ter wille van sy eie siel, en wie ook al dwaal, dwaal slegs ten koste daarvan. En u is nie ’n voog oor hulle nie

Verse 42 — Surah Az-Zumar 39:42

As hulle sterwe, neem Allah die siele van mense, en ook die siele van dié wat nie sterwe nie, wanneer hulle slaap. Dan hou Hy diegene oor wie die dood verorden is, en stuur die ander terug vir ’n vasgestelde tyd. Hierin is waarlik tekens vir ’n volk wat wil nadink

Verse 43 — Surah Az-Zumar 39:43

Of neem hulle bemiddelaars buiten Allah? Sê: Hoe nou? Selfs al het hulle geen beheer oor enigiets nie, en al verstaan hulle ook nie

Verse 44 — Surah Az-Zumar 39:44

Sê: Van Allah is elke voorspraak. Aan Hom behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Julle sal na Hom teruggebring word

Verse 45 — Surah Az-Zumar 39:45

En wanneer Allah genoem word as die Enige, dan krimp die harte van diegene wat nie in die Hiernamaals glo nie; en wan- neer diegene buiten Hom genoem word, kyk! dan is hulle bly

Verse 46 — Surah Az-Zumar 39:46

Sê: O Allah! Skepper van die hemele en die aarde! Kenner van die Onsigbare en die Sigbare! U gee uitspraak tussen U dienaars aangaande dít waaroor hulle verskil

Verse 47 — Surah Az-Zumar 39:47

As die kwaaddoeners alles wat op aarde is, en nóg soveel, gehad het, sou hulle dit op die Opstandingsdag as losprys vir die vreeslike straf wou aanbied. En waaraan hulle nooit gedink het nie, sal deur Allah vir hulle onthul word

Verse 48 — Surah Az-Zumar 39:48

En die kwaad wat hulle bedrywe het, sal vir hulle duidelik word, en wat hulle bespot het, sal hulle omring

Verse 49 — Surah Az-Zumar 39:49

Wanneer die mens deur teëspoed getref word, roep hy Ons aan; as Ons hom Ons guns bewys, sê hy: Dit is aan my geskenk vanweë my kennis. Nee, dit is slegs ’n beproewing; maar die meeste van hulle weet dit nie

Verse 50 — Surah Az-Zumar 39:50

Diegene wat hulle voorafgegaan het, het voorwaar dieselfde gesê, maar wat hulle verdien het, het hulle nie gebaat nie

Verse 51 — Surah Az-Zumar 39:51

Die kwaad wat hulle verdien het, het oor hulle gekom. En ook oor hierdie onregverdiges sal die kwaad kom wat hulle vedien het, en hulle sal nie daaraan kan ontsnap nie

Verse 52 — Surah Az-Zumar 39:52

Weet hulle nie dat Allah die voorsiening vermeerder of ver- minder vir wie Hy wil nie? Voorwaar, hierin is tekens vir ’n gelowige volk

Verse 53 — Surah Az-Zumar 39:53

Sê: O my dienaars wat jul siele onreg aangedoen het! Wanhoop nie aan die genade van Allah nie, want waarlik, Allah vergewe sonde geheel en al; Hy is die Vergewensgesinde, die Genadige

Verse 54 — Surah Az-Zumar 39:54

Wend julle tot jul Heer en onderwerp julle aan Hom voordat die straf oor julle kom, want dan sal dit te laat wees

Verse 55 — Surah Az-Zumar 39:55

En volg die beste wat deur jul Heer aan julle geopenbaar is, voordat die straf onverwags oor julle kom en julle dit nie sal verwag nie

Verse 56 — Surah Az-Zumar 39:56

Sodat geen siel kan sê: O wee my, dat ek te kort skiet in my plig teenoor Allah! En ek was inderdaad een van die spotters

Verse 57 — Surah Az-Zumar 39:57

Of dat hy sal sê: As Allah my gelei het, sou ek ook een van die godvresendes gewees het

Verse 58 — Surah Az-Zumar 39:58

Of dat hy sou sê wanneer hy die straf sien: As ek nog ’n kans kan kry, sal ek ook tot die weldoeners behoort

Verse 59 — Surah Az-Zumar 39:59

Waarlik, ja! My tekens hét julle bereik, maar julle het dit verloën, en julle was arrogant en ongelowig

Verse 60 — Surah Az-Zumar 39:60

En op die Dag van Herrysenis sal julle hulle sien wat leuens teen Allah versin het; hulle gesigte sal swart gemaak word. Is daar dan nie ’n oord in die Hel vir die arrogantes nie

Verse 61 — Surah Az-Zumar 39:61

En Allah sal die godvresendes vanweë hul geloof red. Geen kwaad sal hul tref nie, en hulle sal ook nie treur nie

Verse 62 — Surah Az-Zumar 39:62

Allah is die Skepper van alle dinge, en Hy het gesag oor alles

Verse 63 — Surah Az-Zumar 39:63

Aan Hom behoort die skatte van die hemele en die aarde. En hulle wat nie in die tekens van Allah glo nie, hulle is die verloorders

Verse 64 — Surah Az-Zumar 39:64

Sê: Beveel julle my om iets buiten Allah te aanbid, o julle onkundiges

Verse 65 — Surah Az-Zumar 39:65

En voorwaar, dít is aan u, asook aan diegene vóór u, geopenbaar: As u deelgenote aan Allah toeskryf, sal u werk waarlik vrugteloos wees, en u sal sekerlik onder die verloorders wees

Verse 66 — Surah Az-Zumar 39:66

Nee; dien Allah alleen, en wees dankbaar

Verse 67 — Surah Az-Zumar 39:67

En hulle eer Allah nie met die eer wat Hom toekom nie; die hele aarde sal in Sy greep wees op die Opstandingsdag, en die hemele sal in Sy regterhand opgerol wees. Heilig is Hy! En hoog verhewe is Hy bo wat hulle met Hom vereenselwig

Verse 68 — Surah Az-Zumar 39:68

En die basuin sal geblaas word, en almal wat in die hemele is en almal wat op aarde is, sal in ’n beswyming verval, behalwe waar Allah dit anders wil. Dan sal daar nogmaals geblaas word, en kyk! hulle sal staande herrys en wag

Verse 69 — Surah Az-Zumar 39:69

En die aarde sal deur die lig van sy Heer skitter, en die Boek sal neergelê word, en die profete en die getuienisse sal ingeroep word, en daar sal tussen hulle met regverdigheid geoordeel word, en geen onreg sal hulle aangedoen word nie

Verse 70 — Surah Az-Zumar 39:70

En elke siel sal voluit beloon word vir sy dade. Hy weet die beste wat hulle gedoen het

Verse 71 — Surah Az-Zumar 39:71

En die ongelowiges sal in groepe na die Hel aangedryf word. Wanneer hulle daar aankom, sal die deure daarvan oopgemaak word, en die bewakers daarvan sal sê: Het daar uit jul midde nie boodskappers opgestaan, wat die tekens van julle Heer aan julle voorgedra en julle gewaarsku het teen die koms van hierdie Dag van julle nie? Hulle sal antwoord: Ja, seker! Maar die woord van straf het teen die ongelowiges bewaarheid geword

Verse 72 — Surah Az-Zumar 39:72

Daar sal gesê word: Gaan die poorte van die Hel binne, om daarin te bly, want boos is die woonplek van die arrogantes

Verse 73 — Surah Az-Zumar 39:73

Maar diegene wat hulle plig teenoor hul Heer nagekom het, sal in groepe na die Tuin gelei word; en wanneer hulle daar aankom, sal die deure daarvan vir hulle oopgemaak word en die wagters daarvan sal aan hulle sê: Vrede vir julle! Julle het goed gelewe; gaan daarom binne en bly daarin

Verse 74 — Surah Az-Zumar 39:74

En hulle sal sê: Alle lof kom Allah toe, wat Sy beloftes aan ons vervul het en ons die land laat erwe het; ons bly in die Tuin net waar ons wil. Groot is die beloning vir die werkers

Verse 75 — Surah Az-Zumar 39:75

En u sal die engele om die Troon van Mag sien gaan terwyl hulle die lof van hul Heer besing. En daar sal tussen hulle in waarheid geoordeel word, en daar sal gesê word: Alle lof kom Allah toe, die Heer van die Wêrelde