Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 43 - Az-Zukhruf
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah Az-Zukhruf 43:1
Gaa-Miem
Verse 2 — Surah Az-Zukhruf 43:2
By die Boek wat verduidelik
Verse 3 — Surah Az-Zukhruf 43:3
Voorwaar, Ons het dit ’n Arabiese Qur’ãn gemaak sodat julle dit kan verstaan
Verse 4 — Surah Az-Zukhruf 43:4
En dit is in die Oorspronklike Boek by Ons, voorwaar verhewe, vol van wysheid
Verse 5 — Surah Az-Zukhruf 43:5
Sal Ons dan die Vermaning van julle weerhou omdat julle ’n oortredende volk is
Verse 6 — Surah Az-Zukhruf 43:6
En hoeveel profete het Ons nie onder die vorige geslag uitge- stuur nie
Verse 7 — Surah Az-Zukhruf 43:7
En nog nooit het daar ’n profeet na hulle gekom nie, of hy is bespot
Verse 8 — Surah Az-Zukhruf 43:8
Daarna het Ons diegene vernietig wie se heldemoed nog groter was as hierdie mense s’n. Die voorbeeld van die volke van die ou tyd het reeds voorafgegaan
Verse 9 — Surah Az-Zukhruf 43:9
En as hulle sou vra: Wie het die hemele en die aarde geskape? sal hulle sê: Die Allermagtige, die Alleswetende Een, het dit geskape
Verse 10 — Surah Az-Zukhruf 43:10
Hy wat die aarde as ’n rusplek vir julle gemaak het, en daarin weë vir julle gebaan het, sodat julle die regte weg kan volg
Verse 11 — Surah Az-Zukhruf 43:11
En wat water uit die wolke in die regte mate afstuur, waarna Ons die dooie aarde daardeur lewendig laat word; net so sal julle ook opgewek word
Verse 12 — Surah Az-Zukhruf 43:12
En wat alle dinge in pare geskape het, en vir julle skepe en vee gemaak het waarop julle ry
Verse 13 — Surah Az-Zukhruf 43:13
sodat julle stewig op hulle rûe kan ry en dan, wanneer julle stewig daarop sit, die guns van julle Heer kan oordink, en sê: Lof kom Hom toe, wat dit vir ons in diens gestel het, want ons was onbekwaam om dit te doen
Verse 14 — Surah Az-Zukhruf 43:14
en waarlik, ons moet na ons Heer terugkeer
Verse 15 — Surah Az-Zukhruf 43:15
En hulle stel ’n deel van Sy dienaars naas Hom op. Weliswaar, die mens is klaarblyklik ondankbaar
Verse 16 — Surah Az-Zukhruf 43:16
Of het Hy dogters vir Homself geneem wat Hy geskape het, en vir julle seuns gekies
Verse 17 — Surah Az-Zukhruf 43:17
En wanneer nuus aan een van hulle gegee word omtrent dít waarvan hy ’n gelykenis naas die Barmhartige opgestel het, word sy gesig swart en raak hy woedend
Verse 18 — Surah Az-Zukhruf 43:18
Is enigeen wat met ornamente getooi word en onbekwaam is om ’n toespraak in ’n getwis te voer, ’n deelgenoot van God
Verse 19 — Surah Az-Zukhruf 43:19
En hulle sê die engele wat dienaars van die Barmhartige is, is vroulike wesens
Verse 20 — Surah Az-Zukhruf 43:20
En hulle sê: As die Barmhartige dit wou, sou ons hulle nie aanbid het nie. Hulle het geheel en al nie kennis daarvan nie; hulle vermoed slegs
Verse 21 — Surah Az-Zukhruf 43:21
Of het Ons voorheen aan hulle ’n boek gegee, waaraan hulle nou kan vashou
Verse 22 — Surah Az-Zukhruf 43:22
Nee, hulle sê: Ons het ons vaders op ’n weg gevind, en ons word waarlik deur hulle voetstappe op die weg gelei
Verse 23 — Surah Az-Zukhruf 43:23
En waarlik, nooit het Ons ’n waarskuwer vóór u na ’n stad gestuur nie, of die rykes daarvan het gesê: Ons het gevind dat ons vaders ’n godsdiens gevolg het en ons volg in hulle voetstappe
Verse 24 — Surah Az-Zukhruf 43:24
Die waarskuwer het gesê: Hoe nou? Al bring ek u ook ’n beter leiding as wat julle vaders jul kon bied? Hulle antwoord was: Waarlik, ons glo nie in u boodskap nie
Verse 25 — Surah Az-Zukhruf 43:25
Daarom het Ons hulle met die straf vergeld, en kyk dan wat was die einde van die leuenaars
Verse 26 — Surah Az-Zukhruf 43:26
En toe Abraham aan sy vader en sy volk gesê het: Voorwaar, ek is bevry van wat julle aanbid
Verse 27 — Surah Az-Zukhruf 43:27
behalwe van Hom wat my geskape het, want waarlik, Hy sal my reg lei
Verse 28 — Surah Az-Zukhruf 43:28
En Hy het dit ’n blywende woord vir sy nageslag gemaak sodat hulle kon teugkeer
Verse 29 — Surah Az-Zukhruf 43:29
Nee, Ek het diesulkes en hul vaders hul handelinge laat geniet totdat die waarheid en die welsprekende Boodskapper na hulle gekom het
Verse 30 — Surah Az-Zukhruf 43:30
En toe die Waarheid na hulle gekom het, het hulle gesê: Dit is towerkuns, en ons glo volstrek nie daaraan nie
Verse 31 — Surah Az-Zukhruf 43:31
En hulle sê: Waarom is hierdie Qur’ãn nie aan ’n man van aan- sien in die twee stede2 geopenbaar nie
Verse 32 — Surah Az-Zukhruf 43:32
Deel húlle die genade van u Heer uit? Ons deel hulle lewens- onderhoud uit in die lewe van hierdie wêreld, en Ons verhef sommige van hulle bo ander in grade, sodat sommige van hulle ander in diens kan neem. En die barmhartigheid van u Heer is beter as die dinge wat hulle opgaar
Verse 33 — Surah Az-Zukhruf 43:33
En was dit nie dat al die mense dalk een ongelowige gemeenskap kon word nie, sou Ons vir diegene wat nie in die Barmhartige glo nie, huise met dakke van silwer geskenk het, en ook trappies van silwer waarmee hulle na bo kan klim
Verse 34 — Surah Az-Zukhruf 43:34
en silwerdeure vir hulle huise: en die sofa’s waarop hulle hul neervly
Verse 35 — Surah Az-Zukhruf 43:35
is van goud. Maar dit alles is niks anders nie as ’n voorsiening vir die lewe van hierdie wêreld; en die Hiernamaals is by u Heer slegs vir die godvresendes
Verse 36 — Surah Az-Zukhruf 43:36
En wie homself van die oordenkinge van die Barmhartige weerhou, vir hom stel Ons die duiwel as ’n metgesel aan
Verse 37 — Surah Az-Zukhruf 43:37
En voorwaar, hy lei hulle van die regte weg af, terwyl hulle dink dat hulle reg gelei word
Verse 38 — Surah Az-Zukhruf 43:38
En wanneer hy by Ons kom, sê hy: O was u en ek maar liewer so ver as die Ooste van die Weste van mekaar verwyder. Boos is dié metgesel inderdaad
Verse 39 — Surah Az-Zukhruf 43:39
En op daardie Dag sal dit julle niks baat nie, omdat julle kwaad gedoen het; daarom sal julle albei deelgenote in die straf wees
Verse 40 — Surah Az-Zukhruf 43:40
Kan u dan die dowe laat hoor, of die blinde lei, en so ook hom wat in klaarblyklike dwaling verkeer
Verse 41 — Surah Az-Zukhruf 43:41
As Ons u van hulle af wegneem, sal Ons hulle tog met straf vergeld
Verse 42 — Surah Az-Zukhruf 43:42
Of Ons sal u wys wat Ons hulle belowe het, want sekerlik het Ons mag oor hulle
Verse 43 — Surah Az-Zukhruf 43:43
Hou dan vas aan wat Ons aan u geopenbaar het; u is voorwaar op die regte pad
Verse 44 — Surah Az-Zukhruf 43:44
En waarlik, dit is ’n vermaning vir u en u volk, en julle sal daar- oor ondervra word
Verse 45 — Surah Az-Zukhruf 43:45
En vra maar vir Ons boodskappers wat Ons vóór u gestuur het: Het Ons ooit iemand aangeraai om buiten die Barmhartige gode te aanbid
Verse 46 — Surah Az-Zukhruf 43:46
En waarlik, Ons het Moses met Ons tekens na Farao en sy owerstes gestuur, en hy het gesê: Ek is die boodskapper van die Heer van die Wêrelde
Verse 47 — Surah Az-Zukhruf 43:47
Maar toe hy hulle Ons tekens gebring het, het hulle hom uitgelag
Verse 48 — Surah Az-Zukhruf 43:48
En nooit het Ons hulle ’n teken getoon nie, of dit was groter as die een wat dit vooraf gegaan het, en Ons het hulle met kas- tyding getref, sodat hulle hul kon bekeer
Verse 49 — Surah Az-Zukhruf 43:49
En hulle het gesê: O, u towerkunstenaar! Roep u Heer aan om ons ontwil, aangesien Hy die verdrag met u gesluit het; ons sal gewis die leiding volg
Verse 50 — Surah Az-Zukhruf 43:50
Maar toe Ons die straf van hulle verwyder het, kyk! het hulle die gelofte verbreek
Verse 51 — Surah Az-Zukhruf 43:51
En Farao het onder sy volk laat aankondig, en gesê: O my volk! Behoort die koninkryk van Egipte nie aan my nie? En vloei hierdie riviere nie benede my nie? Sien julle dan nie
Verse 52 — Surah Az-Zukhruf 43:52
Is ek nie beter as hierdie man nie? Hy wat veragtelik is, en hom skaars duidelik kan uitdruk
Verse 53 — Surah Az-Zukhruf 43:53
Hoekom is daar dan geen armbande van goud aan hom geskenk, of het engele nie in ’n optog saam met hom gekom nie
Verse 54 — Surah Az-Zukhruf 43:54
So het hy dan sy volk mislei en hulle het hom gehoorsaam. Hulle was inderdaad ’n oortredende volk
Verse 55 — Surah Az-Zukhruf 43:55
Toe hulle Ons dan vertoorn het, het Ons hulle met die straf vergeld, en Ons het hulle almal laat verdrink
Verse 56 — Surah Az-Zukhruf 43:56
En Ons het van hulle ’n vergange volk gemaak en ’n voorbeeld vir die komende geslagte
Verse 57 — Surah Az-Zukhruf 43:57
En wanneer die seun van Maria as ’n voorbeeld genoem word, dan hef u volk ’n geskreeu aan
Verse 58 — Surah Az-Zukhruf 43:58
En hulle sê: Is óns gode beter, of is hy beter? En hulle noem dit slegs aan u om argument te soek. Nee, hulle is ’n twissieke volk
Verse 59 — Surah Az-Zukhruf 43:59
Hy was niemand anders nie as ’n dienaar aan wie Ons guns bewys het, en Ons het hom tot voorbeeld vir die Kinders van Israel gestel
Verse 60 — Surah Az-Zukhruf 43:60
En as Ons wou, kon Ons engele na julle gestuur het om Ons plaasvervangers in die land te wees
Verse 61 — Surah Az-Zukhruf 43:61
En hierdie openbaring is sekerlik kennis van die Uur; twyfel dus nie daaraan nie, en volg My. Dit is die regte weg
Verse 62 — Surah Az-Zukhruf 43:62
En laat die duiwel julle nie verhinder nie; voorwaar, hy is vir julle ’n openlike vyand
Verse 63 — Surah Az-Zukhruf 43:63
En toe Jesus met duidelike bewyse gekom het, het hy gesê: Ek het inderdaad met wysheid na julle gekom om aan julle ’n verduideliking te gee van dít waaroor julle onderling verskil. Wees dus bewus van Allah en gehoorsaam my
Verse 64 — Surah Az-Zukhruf 43:64
Voorwaar, Allah is my Heer en julle Heer. Dien Hom daarom. Dit is die regte weg
Verse 65 — Surah Az-Zukhruf 43:65
Maar baie groepe onder hulle was onenig. Wee dan diegene wat kwaad gedoen het, weens die straf van ’n smartlike Dag
Verse 66 — Surah Az-Zukhruf 43:66
Wag hulle dan slegs vir die Uur wat plotseling oor hulle sal kom terwyl hulle dit nie besef nie
Verse 67 — Surah Az-Zukhruf 43:67
Vriende sal op daardie Dag vyande van mekaar wees, behalwe die godvresendes
Verse 68 — Surah Az-Zukhruf 43:68
O My dienaars! Julle sal op hierdie Dag nie vrees nie, nóg sal julle treur
Verse 69 — Surah Az-Zukhruf 43:69
Diegene wat in Ons tekens geglo het en hulle aan Ons onderdanig gemaak het
Verse 70 — Surah Az-Zukhruf 43:70
gaan die Paradys binne ~ julle en julle eggenotes ~ en wees gelukkig
Verse 71 — Surah Az-Zukhruf 43:71
Daar sal goue skottels en drinkbekers na hulle rondgestuur word, en daarin sal dít wees waarna die siele verlang en wat die oë behaag. En julle sal daar bly
Verse 72 — Surah Az-Zukhruf 43:72
En dít is die Tuin wat julle toegelaat sal word om te erf, as beloning vir julle dade
Verse 73 — Surah Az-Zukhruf 43:73
Daarin is vir julle ’n oorvloed van vrugte waarvan julle kan eet
Verse 74 — Surah Az-Zukhruf 43:74
Die misdadigers sal gewis in die Vuur van die Hel bly woon
Verse 75 — Surah Az-Zukhruf 43:75
En dit sal vir hulle nie ligter gemaak word nie, en hulle sal daarin wanhopig word
Verse 76 — Surah Az-Zukhruf 43:76
En Ons het hulle geen onreg aangedoen nie, maar hulle was self die kwaaddoeners
Verse 77 — Surah Az-Zukhruf 43:77
En hulle sal tot die engel van die Hel skreeu: O Maaliek! Laat u Heer ’n einde aan ons maak. Hy sal antwoord: Julle sal hier bly
Verse 78 — Surah Az-Zukhruf 43:78
Ons het julle sekerlik die Waarheid gebring, maar die meeste van julle is daarvan afkerig
Verse 79 — Surah Az-Zukhruf 43:79
Of het hulle ’n saak besluit? Maar dit is Ons wat sake besluit
Verse 80 — Surah Az-Zukhruf 43:80
Of dink hulle dat Ons nie hulle geheime en hulle private beraad- slagings hoor nie? Ja, seker! Ons boodskappers by hulle skrywe alles op
Verse 81 — Surah Az-Zukhruf 43:81
Sê: Die Barmhartige het geen seun nie; daarom is ek een van die vernaamste aanbidders van God
Verse 82 — Surah Az-Zukhruf 43:82
Verhewe is die Heer van die hemele en die aarde, die Heer van die troon van Mag, bo alles wat hulle beskryf
Verse 83 — Surah Az-Zukhruf 43:83
Laat hulle maar praat en hulself vermaak, tot op die Dag wat aan hulle belowe is
Verse 84 — Surah Az-Zukhruf 43:84
En dit is Hy wat God in die hemel en God op die aarde is. En Hy is die Allerwyse, die Alleswetende
Verse 85 — Surah Az-Zukhruf 43:85
En geseënd is Hy, aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde, en alles wat daartussen is, behoort; en by Hom is die kennis van die Uur, en tot Hom sal julle teruggebring word
Verse 86 — Surah Az-Zukhruf 43:86
En diegene wat hulle buiten Hom aanroep, kan nie vir hulle bemiddel nie, behalwe hy wat van die Waarheid getuienis aflê, en hulle ken hom
Verse 87 — Surah Az-Zukhruf 43:87
En as u hulle sou vra wie hulle geskape het, sal hulle sê: Allah. Waarom draai hulle dan weg
Verse 88 — Surah Az-Zukhruf 43:88
En sy uitroep is: O my Heer! Dit is ’n volk wat nie glo nie
Verse 89 — Surah Az-Zukhruf 43:89
Draai dan weg van hulle, en sê: Vrede! Hulle sal dit weldra te wete kom