Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 55 - Ar-Rahman
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah Ar-Rahman 55:1
Die Barmhartige
Verse 2 — Surah Ar-Rahman 55:2
het die Qur’ãn onderrig
Verse 3 — Surah Ar-Rahman 55:3
Hy het die mens geskape
Verse 4 — Surah Ar-Rahman 55:4
en hom geleer om te praat
Verse 5 — Surah Ar-Rahman 55:5
Die son en die maan volg ’n berekende baan
Verse 6 — Surah Ar-Rahman 55:6
en die plante en die bome aanbid Hom
Verse 7 — Surah Ar-Rahman 55:7
En die hemel het Hy hoog gevestig; en die maat het Hy bepaal
Verse 8 — Surah Ar-Rahman 55:8
sodat julle die maat nie mag oorskry nie
Verse 9 — Surah Ar-Rahman 55:9
en hou die weegskaal in stand op ’n billike wyse, en doen nie te kort aan die maat nie
Verse 10 — Surah Ar-Rahman 55:10
En die aarde het Hy vir Sy skepsels geskape
Verse 11 — Surah Ar-Rahman 55:11
daarin is vrugte en palmbome met blomskedes
Verse 12 — Surah Ar-Rahman 55:12
en die graan, met hul blare en stingels vir voer, en welriekende plante
Verse 13 — Surah Ar-Rahman 55:13
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 14 — Surah Ar-Rahman 55:14
Hy het die mens uit droë klei geskape, soos erdewerk
Verse 15 — Surah Ar-Rahman 55:15
en Hy het die djien uit ’n vlam van die Vuur geskape
Verse 16 — Surah Ar-Rahman 55:16
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 17 — Surah Ar-Rahman 55:17
Heer van die twee Oostes en Heer van die twee Westes
Verse 18 — Surah Ar-Rahman 55:18
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 19 — Surah Ar-Rahman 55:19
Hy het die twee watermassas vry laat vloei, en mekaar laat ont- moet
Verse 20 — Surah Ar-Rahman 55:20
tussen hulle is ’n versperring wat hulle nie verby kan steek nie
Verse 21 — Surah Ar-Rahman 55:21
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 22 — Surah Ar-Rahman 55:22
Daar kom uit albei pêrels en korale voort
Verse 23 — Surah Ar-Rahman 55:23
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 24 — Surah Ar-Rahman 55:24
En Syne is die skepe wat hoog bo die see uitsteek soos berge
Verse 25 — Surah Ar-Rahman 55:25
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 26 — Surah Ar-Rahman 55:26
Almal wat daarop is, sal vergaan
Verse 27 — Surah Ar-Rahman 55:27
En die Aangesig van u Heer sal alleen voortbestaan, die Heer van Heiligheid en Eer
Verse 28 — Surah Ar-Rahman 55:28
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 29 — Surah Ar-Rahman 55:29
Almal wat in die hemele en op die aarde is, smeek Hom om gunste. Elke oomblik is Hy in ’n toestand van Heiligheid
Verse 30 — Surah Ar-Rahman 55:30
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 31 — Surah Ar-Rahman 55:31
Spoedig sal Ons met julle afreken, o julle twee leërs
Verse 32 — Surah Ar-Rahman 55:32
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 33 — Surah Ar-Rahman 55:33
O vergadering van djien en mense! As julle in staat is om deur die streke van die hemele en die aarde te gaan, doen dit dan. Julle kan nie daar deurgaan nie, behalwe met verlof
Verse 34 — Surah Ar-Rahman 55:34
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 35 — Surah Ar-Rahman 55:35
Die Vlamme van Vuur en vonke van brons sal oor julle afgestuur word, dan sal julle nie in staat wees om jul te verdedig nie
Verse 36 — Surah Ar-Rahman 55:36
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 37 — Surah Ar-Rahman 55:37
Wanneer die hemel dan uitmekaar sal bars, sal dit rooi word soos rooi leer
Verse 38 — Surah Ar-Rahman 55:38
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 39 — Surah Ar-Rahman 55:39
Op daardie Dag dan sal nóg mens nóg djien oor sy sonde ondervra word
Verse 40 — Surah Ar-Rahman 55:40
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 41 — Surah Ar-Rahman 55:41
Die misdadigers sal aan hulle kenmerke herken word, en hulle sal aan die hare en die voete gegryp word
Verse 42 — Surah Ar-Rahman 55:42
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 43 — Surah Ar-Rahman 55:43
Dít is die Hel, wat die misdadigers verloën
Verse 44 — Surah Ar-Rahman 55:44
Dáár sal hulle tussen die Vuur en kokende water rondgaan
Verse 45 — Surah Ar-Rahman 55:45
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 46 — Surah Ar-Rahman 55:46
En vir hom wat vrees om voor sy Heer te staan, is daar twee Tuine
Verse 47 — Surah Ar-Rahman 55:47
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 48 — Surah Ar-Rahman 55:48
met verskillende soorte plante
Verse 49 — Surah Ar-Rahman 55:49
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 50 — Surah Ar-Rahman 55:50
daarin is twee stromende fonteine
Verse 51 — Surah Ar-Rahman 55:51
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 52 — Surah Ar-Rahman 55:52
Daarin is pare van elke vrugtesoort
Verse 53 — Surah Ar-Rahman 55:53
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 54 — Surah Ar-Rahman 55:54
hulle sal hul neervlei op beddens waarvan die binnevoerings van sy brokaat is. En die vrugte van die twee Tuine is byderhand
Verse 55 — Surah Ar-Rahman 55:55
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 56 — Surah Ar-Rahman 55:56
daarin sal diegene wees wat hulle oë in bedwang gehou het, en wat nóg man nóg djien aangeraak het
Verse 57 — Surah Ar-Rahman 55:57
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 58 — Surah Ar-Rahman 55:58
asof hulle robyne of pêrels was
Verse 59 — Surah Ar-Rahman 55:59
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 60 — Surah Ar-Rahman 55:60
Is die beloning van goedheid iets anders as goedheid
Verse 61 — Surah Ar-Rahman 55:61
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 62 — Surah Ar-Rahman 55:62
En buiten daardie twee is daar nog twee Tuine
Verse 63 — Surah Ar-Rahman 55:63
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 64 — Surah Ar-Rahman 55:64
donkergroen van kleur
Verse 65 — Surah Ar-Rahman 55:65
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 66 — Surah Ar-Rahman 55:66
daarin is ook fonteine waarvan die water uitspuit
Verse 67 — Surah Ar-Rahman 55:67
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 68 — Surah Ar-Rahman 55:68
daarin is vrugte en dadelpalms en granate
Verse 69 — Surah Ar-Rahman 55:69
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 70 — Surah Ar-Rahman 55:70
Daarin is rein en beeldskone vroue
Verse 71 — Surah Ar-Rahman 55:71
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 72 — Surah Ar-Rahman 55:72
skone maagde in pawiljoene gehuisves
Verse 73 — Surah Ar-Rahman 55:73
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 74 — Surah Ar-Rahman 55:74
geen man of djien het hulle nog aangeraak nie
Verse 75 — Surah Ar-Rahman 55:75
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 76 — Surah Ar-Rahman 55:76
hulle sal hul neervly op groen kussings en pragtige tapyte
Verse 77 — Surah Ar-Rahman 55:77
Watter van die gunste van julle Heer sal julle dan ontken
Verse 78 — Surah Ar-Rahman 55:78
geseënd is die naam van u Heer, die Heer van Heiligheid en Eer