Back to LanguagesPrevious ChapterNext Chapter
Afrikaans - Chapter 56 - Al-Waqiah
Translation by Imam M. A. Baker — Permalink
Verse 1 — Surah Al-Waqiah 56:1
Wanneer die Gebeurtenis plaasvind
Verse 2 — Surah Al-Waqiah 56:2
sal dit nie ontken kan word nie
Verse 3 — Surah Al-Waqiah 56:3
Dit sal sommige verneder en andere verhef
Verse 4 — Surah Al-Waqiah 56:4
Wanneer die aarde met ’n hewige skok sal skud
Verse 5 — Surah Al-Waqiah 56:5
en die berge sal verbrokkel
Verse 6 — Surah Al-Waqiah 56:6
dan sal hulle soos verstrooide stof wees
Verse 7 — Surah Al-Waqiah 56:7
en julle sal in drie groepe verdeel word
Verse 8 — Surah Al-Waqiah 56:8
Die mense aan die regterkant ~ hoe gelukkig is die mense aan die regterkant
Verse 9 — Surah Al-Waqiah 56:9
en die mense aan die linkerkant ~ hoe ongelukkig is die mense aan die linkerkant
Verse 10 — Surah Al-Waqiah 56:10
en die vooruitstrewendes in die geloof sal die vooruitstrewendes bly
Verse 11 — Surah Al-Waqiah 56:11
hulle sal nader aan Allah getrek word
Verse 12 — Surah Al-Waqiah 56:12
In Tuine van verrukking
Verse 13 — Surah Al-Waqiah 56:13
’n Menigte van die eerstes
Verse 14 — Surah Al-Waqiah 56:14
en maar min uit die later tye
Verse 15 — Surah Al-Waqiah 56:15
op deurvlegte sofa’s
Verse 16 — Surah Al-Waqiah 56:16
neergevly daarop, met die gesigte na mekaar gewend
Verse 17 — Surah Al-Waqiah 56:17
Jong manne wat nie sal verouder nie, sal onder hulle rondgaan
Verse 18 — Surah Al-Waqiah 56:18
met drinkbekers, lampetkanne, en glase met wyn
Verse 19 — Surah Al-Waqiah 56:19
wat hulle nie hoofpyn sal gee of dronk sal laat word nie
Verse 20 — Surah Al-Waqiah 56:20
en vrugte, net wat hulle verkies
Verse 21 — Surah Al-Waqiah 56:21
en pluimveevleis waarna hulle verlang
Verse 22 — Surah Al-Waqiah 56:22
en suiwer, rein metgeselle
Verse 23 — Surah Al-Waqiah 56:23
soos verborge pêrels
Verse 24 — Surah Al-Waqiah 56:24
’n Beloning vir wat hulle gedoen het
Verse 25 — Surah Al-Waqiah 56:25
Hulle hoor geen ydele gesprek of sondige taal daarin nie
Verse 26 — Surah Al-Waqiah 56:26
maar net dié woorde: Vrede! Vrede
Verse 27 — Surah Al-Waqiah 56:27
En die mense aan die regterkant; hoe gelukkig is die mense aan die regterkant
Verse 28 — Surah Al-Waqiah 56:28
Te midde van doringlose lotusbome
Verse 29 — Surah Al-Waqiah 56:29
en piesangbome vol trosse
Verse 30 — Surah Al-Waqiah 56:30
met vérrykende skadu’s
Verse 31 — Surah Al-Waqiah 56:31
en vloeiende water
Verse 32 — Surah Al-Waqiah 56:32
en volop vrugte
Verse 33 — Surah Al-Waqiah 56:33
nóg afgesny, nóg verbode
Verse 34 — Surah Al-Waqiah 56:34
en verhewe sofa’s
Verse 35 — Surah Al-Waqiah 56:35
Voorwaar, Ons het vir hulle ’n nuwe skepping geskape
Verse 36 — Surah Al-Waqiah 56:36
en tot maagde het Ons hulle gemaak
Verse 37 — Surah Al-Waqiah 56:37
beminlik, en van gelyke ouderdom
Verse 38 — Surah Al-Waqiah 56:38
vir diegene aan die regterkant
Verse 39 — Surah Al-Waqiah 56:39
’n Menigte van die eerstes
Verse 40 — Surah Al-Waqiah 56:40
en ’n menigte uit later tye
Verse 41 — Surah Al-Waqiah 56:41
En die mense aan die linkerkant; hoe ellendig is die mense aan die linkerkant
Verse 42 — Surah Al-Waqiah 56:42
Te midde van ’n verskroeiende wind en kokende water
Verse 43 — Surah Al-Waqiah 56:43
en in die skadu van swart rook
Verse 44 — Surah Al-Waqiah 56:44
nóg koel, nóg verfrissend
Verse 45 — Surah Al-Waqiah 56:45
Vóór dit het hulle inderdaad in weelde gelewe
Verse 46 — Surah Al-Waqiah 56:46
en hulle het in die groot skending volhard
Verse 47 — Surah Al-Waqiah 56:47
en hulle het dikwels gesê: Wanneer ons dood is, en stof en beendere geword het, sal ons dan opgewek word
Verse 48 — Surah Al-Waqiah 56:48
of ons voorvaders
Verse 49 — Surah Al-Waqiah 56:49
Sê: Ja, die vroeëre en die lateres
Verse 50 — Surah Al-Waqiah 56:50
sal gewis bymekaar versamel word op ’n vasgestelde tyd van ’n bepaalde Dag
Verse 51 — Surah Al-Waqiah 56:51
Dan, o julle wat verdwaal was en verloën het
Verse 52 — Surah Al-Waqiah 56:52
julle sal sekerlik van die boom van Zakkoem eet
Verse 53 — Surah Al-Waqiah 56:53
en julle sal jul buik daarmee vul
Verse 54 — Surah Al-Waqiah 56:54
en daarna kokende water drink
Verse 55 — Surah Al-Waqiah 56:55
en drink soos die dorstige kameel drink
Verse 56 — Surah Al-Waqiah 56:56
Dít sal hulle vermaaklikheid wees op die Dag van Vergelding
Verse 57 — Surah Al-Waqiah 56:57
Ons het julle geskape; waarom wil julle dan nie die Waarheid erken nie
Verse 58 — Surah Al-Waqiah 56:58
Sien julle die afskeiding wat julle uitstort
Verse 59 — Surah Al-Waqiah 56:59
Is dit júlle wat dit skep, of is Ons die Skeppers
Verse 60 — Surah Al-Waqiah 56:60
Ons het die dood vir julle verorden ~ en Ons kan nie uitoorlê word nie
Verse 61 — Surah Al-Waqiah 56:61
sodat Ons julle posisie kan verander en julle in ’n toestand omskep wat julle nie ken nie
Verse 62 — Surah Al-Waqiah 56:62
En sekerlik weet julle van die eerste skepping; waarom sal julle dan nie ag gee nie
Verse 63 — Surah Al-Waqiah 56:63
Sien julle wat julle saai
Verse 64 — Surah Al-Waqiah 56:64
Is dit júlle wat die groei daarvan veroorsaak, of is Ons die Oorsaak van die groei
Verse 65 — Surah Al-Waqiah 56:65
As Ons wou, kon Ons kaf daarvan gemaak het; dan sou julle geweeklaag het
Verse 66 — Surah Al-Waqiah 56:66
Sekerlik is ons met skuld belas
Verse 67 — Surah Al-Waqiah 56:67
Nee, ons is van alles beroof
Verse 68 — Surah Al-Waqiah 56:68
Sien julle die water wat julle drink
Verse 69 — Surah Al-Waqiah 56:69
Bring júlle dit uit die wolke af, of is Ons die Brenger
Verse 70 — Surah Al-Waqiah 56:70
As Ons wou, kon Ons dit brak gemaak het; waarom wil julle dan nie dank betuig nie
Verse 71 — Surah Al-Waqiah 56:71
Sien julle die vuur wat julle aansteek
Verse 72 — Surah Al-Waqiah 56:72
Is dit júlle wat die bome daarvoor voortbring, of is Ons die Voortbrenger
Verse 73 — Surah Al-Waqiah 56:73
Ons het dit tot ’n aanmaning en voordeel vir die reisigers van die woestyn gemaak
Verse 74 — Surah Al-Waqiah 56:74
Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste
Verse 75 — Surah Al-Waqiah 56:75
Maar nee, Ek sweer by die openbaring van dele van die Qur’ãn
Verse 76 — Surah Al-Waqiah 56:76
en dit is inderdaad ’n groot eed, indien julle dit weet
Verse 77 — Surah Al-Waqiah 56:77
waarlik, dit is ’n eervolle Qur’ãn
Verse 78 — Surah Al-Waqiah 56:78
’n Boek wat beskerm word
Verse 79 — Surah Al-Waqiah 56:79
wat niemand sal aanraak nie, behalwe die gesuiwerdes
Verse 80 — Surah Al-Waqiah 56:80
’n Openbaring van die Heer van die wêrelde
Verse 81 — Surah Al-Waqiah 56:81
Is dit hierdie aankondiging wat julle verwerp
Verse 82 — Surah Al-Waqiah 56:82
En kan julle nie lewe sonder om dit te verwerp nie
Verse 83 — Surah Al-Waqiah 56:83
Waarom dan, wanneer die siel van die sterwende in sy keel styg
Verse 84 — Surah Al-Waqiah 56:84
en julle dit op daardie oomblik aanskou
Verse 85 — Surah Al-Waqiah 56:85
en Ons is nader daaraan as julle, maar julle merk dit nie
Verse 86 — Surah Al-Waqiah 56:86
waarom, as julle enige mag het
Verse 87 — Surah Al-Waqiah 56:87
beveel julle dit nie om terug te gaan nie
Verse 88 — Surah Al-Waqiah 56:88
As hy een van diegene is wat ná aan Allah is
Verse 89 — Surah Al-Waqiah 56:89
dan is daar vir hom geluk en oorvloed en ’n Tuin van Ver- rukking
Verse 90 — Surah Al-Waqiah 56:90
En as hy een van diegene aan die regterkant is
Verse 91 — Surah Al-Waqiah 56:91
dan lui dit: Vrede vir u, van diegene aan die regterkant
Verse 92 — Surah Al-Waqiah 56:92
En as hy een van die verwerpers, die dwalendes is
Verse 93 — Surah Al-Waqiah 56:93
dan is daar vir hom ’n vermaaklikheid van kokende water
Verse 94 — Surah Al-Waqiah 56:94
en verbranding in die Hel
Verse 95 — Surah Al-Waqiah 56:95
Voorwaar, dit is die grondige waarheid
Verse 96 — Surah Al-Waqiah 56:96
Verheerlik dan die naam van u Heer, die Allergrootste