Back to Languages

Afrikaans - Chapter 60 - Al-Mumtahanah

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Al-Mumtahanah 60:1

O julle gelowiges! Neem nie My vyande en julle vyande tot vriende nie. Sou julle hulle liefde aanbied, terwyl hulle die waarheid verwerp wat tot julle gekom het, en die Boodskapper en julle verdryf omdat julle in Allah, julle Heer, glo? Terwyl julle optree om vir My saak te veg en My welbehae te soek, sal julle hulle dan in die geheim liefde aanbied? En Ek weet wat julle verberg en wat julle openbaar maak. En dié van julle wat so handel, het inderdaad van die regte weg afgedwaal

Verse 2 — Surah Al-Mumtahanah 60:2

As hulle die oorhand oor julle kry, sal hulle julle vyande wees, en hulle sal hul hande en tonge na julle uitsteek om julle kwaad te berokken, en hulle begeer dat julle ongelowiges moet word

Verse 3 — Surah Al-Mumtahanah 60:3

Nóg julle familiebande nóg julle kinders sal julle iets baat op die Dag van Herrysenis ~ Hy sal oor julle beslis. En Allah sien alles wat julle doen

Verse 4 — Surah Al-Mumtahanah 60:4

Inderdaad is daar ’n goeie voorbeeld vir julle in Abraham en diegene wat saam met hom was, toe hulle aan hul volk gesê het: Ons is bevry van julle en dít wat julle buiten Allah aanbid. Ons glo julle nie, en daar het ’n ewige vyandskap en haat tussen julle en ons ontstaan, tensy julle in Allah alleen glo ~ met uit- sondering van Abraham se woord aan sy vader: Ek sal sekerlik om vergifnis vir u smeek, en ek beheer vir u niks van Allah nie. ~ Ons Heer! Ons stel ons vertroue in U, en ons bekeer ons tot U, en na U is die terugkeer

Verse 5 — Surah Al-Mumtahanah 60:5

Ons Heer! Maak ons nie tot ’n voorwerp van beproewing vir die ongelowiges nie, en vergewe ons, o Heer. Voorwaar, U is die Allermagtige, die Allerwyse

Verse 6 — Surah Al-Mumtahanah 60:6

Voorwaar, daar is in hulle ’n goeie voorbeeld vir julle wat na Allah en die Laaste Dag uitsien. En wie van die Waarheid wegdraai, dan waarlik is Allah Self-Genoegsaam, Lofwaardig

Verse 7 — Surah Al-Mumtahanah 60:7

Dit is moontlik dat Allah liefde sal kweek tussen julle en die- gene van hulle met wie julle in vyandskap verkeer. En Allah is Allermagtig, en Allah is Vergewensgesind, Genadig

Verse 8 — Surah Al-Mumtahanah 60:8

Aangaande diegene wat nie teen julle oor die godsdiens veg en julle uit julle huise verdryf nie, Allah verbied julle nie om vrien- delikheid aan hulle te betoon en regverdig te handel nie. Voor- waar, Allah het die regverdiges lief

Verse 9 — Surah Al-Mumtahanah 60:9

Maar Allah verbied julle om vriendskap te betoon aan diegene wat teen julle veg oor die godsdiens en wat julle uit julle huise verdryf en ander help om julle te verdryf; en wie hul ook al vriendskap aanbied, hulle is die boosdoeners

Verse 10 — Surah Al-Mumtahanah 60:10

O julle gelowiges! Wanneer gelowige vroue as vlugtelinge na julle kom, ondervra hulle. Allah ken hulle geloof die beste. As julle dan weet dat hulle gelowiges is, stuur hulle nie terug na die ongelowiges nie. Hierdie vroue is vir hulle nie wettig nie, nóg is die ongelowige mans wettig vir hierdie vroue. En gee vir hulle wat hulle bestee het; en dit is geen sonde vir julle om met hulle in die huwelik te tree nie as julle hul bruidskatte vir hulle gegee het. En hou nie vas aan die huweliksbande met ongelo- wige vroue nie, en vra om dít wat julle bestee het, en laat hulle vra om wat húlle bestee het. Dit is die gebod van Allah. Hy beslis tussen julle. En Allah is Alleswetend, Allerwys

Verse 11 — Surah Al-Mumtahanah 60:11

En as enige aandeel van die bruidskatte van julle vroue oorgegaan het van julle na die ongelowiges, en julle kry ’n soortgelyke kans, gee dan aan diegene wie se vroue weggegaan het dieselfde as wat hulle aan hul vroue bestee het, en vrees Allah, in Wie hulle glo

Verse 12 — Surah Al-Mumtahanah 60:12

O Profeet! Wanneer gelowige vroue na u kom en die eed van trou aan u aflê: dat hulle niks met Allah sal vereenselwig nie, en dat hulle nie sal steel of owerspel pleeg of hulle kinders vermoor of laster sal versin of ongehoorsaam aan u sal wees nie, neem dan hulle eed van trou aan en vra Allah om vergifnis vir hulle. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Genadig

Verse 13 — Surah Al-Mumtahanah 60:13

O julle gelowiges! Neem nie tot vriende ’n volk waarop Allah toornig is nie; inderdaad wanhoop hulle aan die Hiernamaals, net soos die ongelowiges wanhoop aan diegene wat in hul grafte is