Back to Languages
Afrikaans - Chapter 69
Translation by Imam M. A. Baker
Verse 1
Die volle Werklikheid
Verse 2
Wat is die volle Werklikheid
Verse 3
En wat sal u laat besef wat die volle Werklikheid is
Verse 4
Thamoed en Aad het die ramp verloën
Verse 5
Wat Thamoed betref, hulle is deur ’n oorweldigende kreet vernietig
Verse 6
En aangaande Aad, hulle is deur ’n felle, geweldige wind vernie- tig
Verse 7
wat Hy sewe nagte en agt dae aaneen oor hulle laat woed het, sodat u sou kon sien hoe die mense daardeur omvergegooi is, asof hulle uitgeholde palmboomstamme was
Verse 8
Kan u dan enige oorblyfsel van hulle sien
Verse 9
Ook Farao, en diegene wat vóór hom was, en die verwoeste stede, het groot sonde gepleeg
Verse 10
En hulle was die boodskapper van hulle Heer ongehoorsaam, daarom het Hy hulle met ’n streng kastyding gestraf
Verse 11
Voorwaar, toe die water hoog gestyg het, het Ons julle in die ark vervoer
Verse 12
sodat Ons dit as ’n herinnering vir julle kon instel, en dat die oor wat kan onthou dit nooit vergeet nie
Verse 13
Wanneer die basuin dan met ’n enkele kreet geblaas sal word
Verse 14
en die aarde en die berge weggevoer sal word en met ’n enkele ineenstorting verbrysel sal word
Verse 15
op daardie Dag sal die groot gebeurtenis plaasvind
Verse 16
en die hemel sal uiteenbars; daardie Dag sal dit swak wees
Verse 17
en die engele sal op die sye daarvan staan. En bo hulle sal ’n agttal daardie Dag die Troon van Mag van u Heer omhoog- hou
Verse 18
Op daardie Dag sal julle blootgelê word, en geen geheim van julle sal verborge bly nie
Verse 19
Hy wat sy boek in die regterhand sal ontvang, sal sê: Kom, lees my boek
Verse 20
Voorwaar, ek het geweet dat ek my rekening tegemoet sou kom
Verse 21
Hy sal dan ’n salige lewe lei
Verse 22
in ’n verhewe Tuin
Verse 23
waarvan die vrugte maklik bereikbaar sal wees
Verse 24
Eet en drink smaaklik weens dít wat julle in vroeër dae vooruitgestuur het
Verse 25
Maar hy wat sy boek in die linkerhand sal kry, sal sê: O, ek wens dat my boek nie aan my gegee was nie
Verse 26
En het ek maar liewers nie geweet wat my oordeel is nie
Verse 27
O, ek wens dat die dood maar liewers ’n einde aan my gemaak het
Verse 28
My rykdom het my nie gebaat nie
Verse 29
my mag is van my weggeneem
Verse 30
Gryp hom en boei hom
Verse 31
en gooi hom dan in die Brandende Vuur
Verse 32
en bind hom dan vas met ’n ketting waarvan die lengte sewentig elmbooglengtes is
Verse 33
Waarlik, hy het nie in Allah, die Grote, geglo nie
Verse 34
nóg het hy mense aangespoor om die armes te voed
Verse 35
Daarom het hy Vandag geen vriend hier nie
Verse 36
en ook geen voedsel, behalwe verrotte kos
Verse 37
wat niemand behalwe die sondaars sal eet nie
Verse 38
Maar nee! Ek sweer by wat julle sien
Verse 39
en dit wat julle nie sien nie
Verse 40
Voorwaar, dit is ’n woord van ’n geëerde Boodskapper
Verse 41
en dit is nie die woord van ’n digter nie. Min is dit wat julle glo
Verse 42
Nóg is dit die woord van ’n waarsêer. Hoe weinig onthou julle
Verse 43
Dit is ’n openbaring van die Heer van die Wêrelde
Verse 44
En indien hy1 enige woorde teen Ons vervals het
Verse 45
sou Ons hom sekerlik by die regterhand gegryp het
Verse 46
en dan sy lewensaar afgesny het
Verse 47
en nie een van julle sou Ons van hom kon teruggehou het nie
Verse 48
En waarlik, dit is ’n Vermaning vir die godvresendes
Verse 49
En sekerlik weet Ons dat daar leuenaars onder julle is
Verse 50
En dit is inderdaad ’n bron van vrees vir die ongelowiges
Verse 51
En voorwaar, dit is die naakte Waarheid
Verse 52
Verheerlik daarom die naam van u Heer, die Allerhoogste