Verse 1 — Surah Nuh 71:1
Sekerlik het Ons Noag na sy volk gestuur en gesê: Waarsku u volk voordat ’n smartlike straf oor hulle kom
Verse 2 — Surah Nuh 71:2
Hy het gesê: O my volk! Ek is ’n duidelike waarskuwer vir julle
Verse 3 — Surah Nuh 71:3
aanbid daarom Allah, en kom julle plig teenoor Hom na, en gehoorsaam my
Verse 4 — Surah Nuh 71:4
Hy sal julle sonde vergewe en julle uitstel verleen vir ’n vas- gestelde tydperk. Die tydperk van Allah kan nie verleng word wanneer dit verby is nie ~ as julle dit maar besef
Verse 5 — Surah Nuh 71:5
Hy het gesê: My Heer! Ek het my volk nag en dag geroep
Verse 6 — Surah Nuh 71:6
maar my geroep het slegs hul afkeer laat toeneem
Verse 7 — Surah Nuh 71:7
En telkens wanneer ek hulle roep, sodat U hulle kan vergewe, steek hulle hul vingers in die ore en maak hulself met hul klere toe, volhard in ongeloof, en handel uitermate boos
Verse 8 — Surah Nuh 71:8
Ek het luid tot hulle geroep
Verse 9 — Surah Nuh 71:9
en in die openbaar én privaat met hulle gepraat
Verse 10 — Surah Nuh 71:10
en ek het gesê: Vra julle Heer om vergifnis, want Hy is die Vergewensgesinde
Verse 11 — Surah Nuh 71:11
Hy sal vir julle reën in oorvloed afstuur
Verse 12 — Surah Nuh 71:12
en Hy sal julle rykdom en kinders vermeerder, en Hy sal vir julle Tuine en riviere skenk
Verse 13 — Surah Nuh 71:13
Wat makeer dan, dat julle Allah nie vereer nie
Verse 14 — Surah Nuh 71:14
En Hy het julle deur verskillende stadiums heen geskape
Verse 15 — Surah Nuh 71:15
Sien julle dan nie hoe eenders Allah die sewe hemele geskape het nie
Verse 16 — Surah Nuh 71:16
en die maan daarin as ’n lig geplaas en die son vir ’n stralende lamp gemaak het nie
Verse 17 — Surah Nuh 71:17
En Allah het dit bestem dat julle soos gewasse uit die aarde moes groei
Verse 18 — Surah Nuh 71:18
en Hy laat julle daarheen terugkeer, en Hy sal julle weer nuut voortbring
Verse 19 — Surah Nuh 71:19
En Allah het die aarde vir julle wyd uitgesprei
Verse 20 — Surah Nuh 71:20
sodat julle die breë weë daarvan mag deurkruis
Verse 21 — Surah Nuh 71:21
Noag het gesê: My Heer! Waarlik, hulle gehoorsaam my nie, en volg iemand wie se rykdom en kinders slegs tot sy ondergang bydra
Verse 22 — Surah Nuh 71:22
En hulle het ’n verskriklike plan beraam
Verse 23 — Surah Nuh 71:23
En hulle sê: Verlaat julle gode nie; en verlaat nóg Wadd, nóg Soewã, nóg Jagoes en Ja-oek en Nasr
Verse 24 — Surah Nuh 71:24
En hulle het baie verlei. So laat U die kwaaddoeners in dwaling toeneem
Verse 25 — Surah Nuh 71:25
Vanweë hulle sonde het hulle verdrink, en daarna het hulle die Vuur binnegegaan, sodat hulle geen helpers teen Allah gevind het nie
Verse 26 — Surah Nuh 71:26
En Noag het gesê: My Heer! Laat geen ongelowige in die land oorbly nie
Verse 27 — Surah Nuh 71:27
want as U hulle laat oorbly, sal hulle U dienaars op ’n dwaal- spoor lei, en hulle sal niks anders as ’n onsedelike en ondankbare nageslag voortbring nie
Verse 28 — Surah Nuh 71:28
My Heer! Vergewe my, en my ouers, en hom wat gelowig my huis binnetree, en die gelowige mans en die gelowige vroue. En laat die kwaaddoeners slegs in verderf toeneem