Back to Languages

Afrikaans - Chapter 72 - Al-Jinn

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Al-Jinn 72:1

Sê: Dit is aan my geopenbaar dat ’n groep van die djien geluister en gesê het: Waarlik, ons het ’n wonderlike Qur’ãn gehoor

Verse 2 — Surah Al-Jinn 72:2

wat tot die regte weg lei; daarom glo ons daarin. En ons sal stellig niemand met ons Heer vereenselwig nie

Verse 3 — Surah Al-Jinn 72:3

En Hy ~ verhewe is die Majesteit van ons Heer ~ het nóg eggenote nóg seun

Verse 4 — Surah Al-Jinn 72:4

en die dwase onder ons het oordrewe leuens teen Allah versin

Verse 5 — Surah Al-Jinn 72:5

dog ons het gemeen dat mens en djien nooit ’n leuen oor Allah sou uiter nie

Verse 6 — Surah Al-Jinn 72:6

En sommige onder die mense het toevlug geneem by sommige van die djien, maar dié het hulle net verder in die sonde laat toeneem

Verse 7 — Surah Al-Jinn 72:7

en hulle het gedink, soos julle dink, dat Allah nooit ’n boodskapper sou opwek nie

Verse 8 — Surah Al-Jinn 72:8

en ons het probeer om die hemel te bereik, maar ons het dit vol sterk wagters en vlamme gevind

Verse 9 — Surah Al-Jinn 72:9

en ons was daaraan gewoond om op plekke te sit en gesprekke af te luister. Maar wie nou luister, vind ’n vlam wat op hom wag

Verse 10 — Surah Al-Jinn 72:10

en ons weet nie of ’n ramp vir die inwoners van die aarde bedoel word en of hulle Heer voornemens is om hulle reg te lei nie

Verse 11 — Surah Al-Jinn 72:11

en onder ons is diegene wat goeddoen, en onder ons is diegene wat anders is, en ons volg verskillende weë

Verse 12 — Surah Al-Jinn 72:12

en ons besef dat ons nie van Allah op die aarde kan ontsnap nie, nóg kan ons Hom ~ deur te vlug ~ ontsnap

Verse 13 — Surah Al-Jinn 72:13

en toe ons die leiding gehoor het, het ons daarin geglo. Wie dan in sy Heer glo, het geen vrees vir verlies of onreg nie

Verse 14 — Surah Al-Jinn 72:14

en daar is sommige onder ons wat hulself onderwerp, en som- mige onder ons het van die regte weg afgewyk. En wie homself onderwerp, het die regte weg opgesoek

Verse 15 — Surah Al-Jinn 72:15

En hulle wat van die regte weg afwyk, sal die brandstof van die Hel wees

Verse 16 — Surah Al-Jinn 72:16

Indien hulle op die regte weg bly, sal Ons hulle sekerlik drink- water in oorvloed gee

Verse 17 — Surah Al-Jinn 72:17

om hulle daarmee op die proef te stel. En wie homself van die oordenkinge van sy Heer weerhou, Hy sal hom ’n kwellende straf laat binnegaan

Verse 18 — Surah Al-Jinn 72:18

en die moskees behoort aan Allah; roep daarom niemand buiten Allah aan nie

Verse 19 — Surah Al-Jinn 72:19

en toe die dienaar1 van Allah opgestaan het om Hom te aanbid, het hulle hom byna doodgedruk

Verse 20 — Surah Al-Jinn 72:20

Sê: Ek roep my Heer alleen aan, en vereenselwig niemand met Hom nie

Verse 21 — Surah Al-Jinn 72:21

Sê: Ek beheer nóg kwaad nóg goed vir julle

Verse 22 — Surah Al-Jinn 72:22

Sê: Niemand kan my teen Allah beskerm nie, nóg kan ek ’n toevlugsoord buiten Hom vind

Verse 23 — Surah Al-Jinn 72:23

dit is slegs my plig om die verkondiging van Allah en Sy tekens oor te dra. En vir diegene wat Allah en Sy Boodskapper nie gehoorsaam nie, is daar die Vuur van die Hel, waarin hulle ’n lang tyd sal vertoef

Verse 24 — Surah Al-Jinn 72:24

tot wanneer hulle die straf sien waarmee hulle gedreig is, dan sal hulle weet wie se helpers die swakste, die geringste in getal is

Verse 25 — Surah Al-Jinn 72:25

Sê: Ek weet nie of dít waarmee julle bedreig word, naby is en of my Heer dit vir ’n lang tyd sal uitstel nie

Verse 26 — Surah Al-Jinn 72:26

Hy is die Kenner van die Onsigbare, en Hy gee niemand oorvloedig kennis van Sy geheime nie

Verse 27 — Surah Al-Jinn 72:27

behalwe vir hom wat Hy as boodskapper kies. Dan stuur Hy sekerlik ’n wag voor hom en agter hom

Verse 28 — Surah Al-Jinn 72:28

sodat Hy kan weet dat hulle die tekens van hulle Heer waarlik afgelewer het; en Hy omvat alles wat met hulle gebeur, en Hy hou rekening van alle dinge