Back to Languages

Afrikaans - Chapter 73 - Al-Muzzammil

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Al-Muzzammil 73:1

O, u wat toegewikkel is

Verse 2 — Surah Al-Muzzammil 73:2

Staan op om te bid gedurende ’n gedeelte van die nag

Verse 3 — Surah Al-Muzzammil 73:3

die helfte daarvan, of minder as dit nog

Verse 4 — Surah Al-Muzzammil 73:4

of maak dit ietwat langer, en resiteer die Qur’ãn op ’n stadige, afgemete styl

Verse 5 — Surah Al-Muzzammil 73:5

Waarlik, Ons sal u ’n gewigtige woord oplê

Verse 6 — Surah Al-Muzzammil 73:6

Voorwaar, om in die nag op te staan is om die fermste weg in te slaan, en dit gee aan die Woord kragtige uitwerking

Verse 7 — Surah Al-Muzzammil 73:7

U het inderdaad bedags baie bedrywighede

Verse 8 — Surah Al-Muzzammil 73:8

Dink daarom aan die naam van u Heer en gee uself oor aan Hom met volle toewyding

Verse 9 — Surah Al-Muzzammil 73:9

Die Heer van die Ooste en die Weste ~ daar is geen God buiten Hom nie ~ neem Hom daarom aan as u Beskermer

Verse 10 — Surah Al-Muzzammil 73:10

En verdra met geduld alles wat hulle sê, en versaak hulle op ’n fatsoenlike wyse

Verse 11 — Surah Al-Muzzammil 73:11

En laat My alleen met die loënaars, die eienaars van rykdom, en gee hulle uitstel vir ’n rukkie

Verse 12 — Surah Al-Muzzammil 73:12

Voorwaar, by Ons is swaar boeie en ’n Vlammende Vuur

Verse 13 — Surah Al-Muzzammil 73:13

en voedsel wat verstik, en ’n smartlike straf

Verse 14 — Surah Al-Muzzammil 73:14

Die Dag wanneer die aarde en die berge sal bewe, en die berge soos hope sand sal word

Verse 15 — Surah Al-Muzzammil 73:15

Waarlik, Ons het ’n Boodskapper na julle gestuur, ’n getuienis teen julle, soos Ons ’n boodskapper na Farao gestuur het

Verse 16 — Surah Al-Muzzammil 73:16

Maar Farao het die boodskapper nie gehoorsaam nie; daarom het Ons hom met ’n verskriklike greep vasgevat

Verse 17 — Surah Al-Muzzammil 73:17

Hoe dan, indien julle nie glo nie, sal julle jul verdedig op die Dag wanneer die kinders van vrees grys hare sal kry

Verse 18 — Surah Al-Muzzammil 73:18

Wanneer die hemel uiteen sal bars. Sy belofte sal vervul word

Verse 19 — Surah Al-Muzzammil 73:19

Dit is waarlik ’n vermaning; laat hom dan wat wil, die weg na sy Heer inslaan

Verse 20 — Surah Al-Muzzammil 73:20

U Heer weet inderdaad dat u byna twee-derdes van die nag met gebed deurbring, en soms die helfte daarvan, en soms ’n derde daarvan, en so ook ’n groep wat saam met u is. En Allah bepaal die maat van die nag en die dag. En Hy weet dat julle almal nie in staat is om dit vol te hou nie, en daarom het Hy Hom in barmhartigheid tot julle gewend; lees dan van die Qur’ãn wat vir julle maklik is. Hy weet dat daar siekes onder julle is, en van ander wat deur die land reis op soek na die genade van Allah, en ander wat op die weg van Allah veg. Lees dan soveel daarvan as wat maklik is vir julle, en onderhou die gebed, en betaal die Zakaat en sluit met Allah ’n goeie lening. En watter goed julle ook al vooruitstuur, sal julle by Allah vind ~ dit is die beste en die grootste beloning. En vra Allah om vergifnis. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadig