U Heer weet inderdaad dat u byna twee-derdes van die nag met gebed deurbring, en soms die helfte daarvan, en soms ’n derde daarvan, en so ook ’n groep wat saam met u is. En Allah bepaal die maat van die nag en die dag. En Hy weet dat julle almal nie in staat is om dit vol te hou nie, en daarom het Hy Hom in barmhartigheid tot julle gewend; lees dan van die Qur’ãn wat vir julle maklik is. Hy weet dat daar siekes onder julle is, en van ander wat deur die land reis op soek na die genade van Allah, en ander wat op die weg van Allah veg. Lees dan soveel daarvan as wat maklik is vir julle, en onderhou die gebed, en betaal die Zakaat en sluit met Allah ’n goeie lening. En watter goed julle ook al vooruitstuur, sal julle by Allah vind ~ dit is die beste en die grootste beloning. En vra Allah om vergifnis. Voorwaar, Allah is Vergewensgesind, Genadig