Back to Languages

    Afrikaans - Chapter 77

    Translation by Imam M. A. Baker

    Verse 1

    By diegene wat uitgestuur word om goedheid te versprei

    Verse 2

    Dan diegene wat die kaf verdryf

    Verse 3

    En diegene wat goedheid wyd en syd versprei

    Verse 4

    Dan diegene wat onderskeiding maak

    Verse 5

    Dan diegene wat die Vermaning aanbied

    Verse 6

    om tot verontskuldiging te bring en te waarsku

    Verse 7

    Voorwaar, dít wat julle belowe word, sal geskied

    Verse 8

    Dus, wanneer die sterre verduister word

    Verse 9

    en wanneer die hemel oopgeskeur word

    Verse 10

    en wanneer die berge soos stof weggewaai sal word

    Verse 11

    en wanneer die boodskappers hulle vasgestelde tyd bereik

    Verse 12

    tot watter Dag is die verdoemenis uitgestel

    Verse 13

    Tot die Dag van Beslissing

    Verse 14

    En wat weet u van die Dag van Beslissing

    Verse 15

    Wee op dié Dag aan diegene wat verwerp

    Verse 16

    Het Ons nie die vorige geslagte vernietig nie

    Verse 17

    En Ons het hulle laat opvolg deur ander van ’n later tyd

    Verse 18

    So handel Ons met die misdadigers

    Verse 19

    Wee op dié Dag diegene wat verwerp

    Verse 20

    Het Ons julle nie uit gewone water geskape nie

    Verse 21

    Daarna het Ons dit in ’n veilige rusplek geplaas

    Verse 22

    vir ’n bepaalde tyd

    Verse 23

    Só het Ons bepaal. Hoe voortreflik is Ons bepalings

    Verse 24

    Wee op dié Dag diegene wat verwerp

    Verse 25

    Het Ons nie die aarde gemaak om aan vas te kleef

    Verse 26

    vir die lewende en die dooie nie

    Verse 27

    En het Ons nie hoë berge daarin geplaas en julle soet water gegee om te drink nie

    Verse 28

    Wee op dié Dag diegene wat verwerp

    Verse 29

    Gaan na dít wat julle ontken het

    Verse 30

    Begeef julle tot die skadu van drie kolomme

    Verse 31

    wat nie koelte verskaf nie, en ook nie teen die Vlam sal baat nie

    Verse 32

    Dit gooi vonke op so groot soos kastele

    Verse 33

    asof hulle geel kamele was

    Verse 34

    Wee op dié Dag diegene wat verwerp

    Verse 35

    Dit is die Dag waarop hulle nie sal praat nie

    Verse 36

    nóg sal hulle toegelaat word om verontskuldigings aan te bied

    Verse 37

    Wee op dié Dag diegene wat verwerp

    Verse 38

    Dit is Dag van Beslissing; Ons het julle en diegene van ouds byeen gebring

    Verse 39

    Indien julle nou enige plan het, beraam dan ’n plan teen My

    Verse 40

    Wee op dié Dag diegene wat verwerp

    Verse 41

    Die godvresendes sal te midde van skaduwees en fonteine woon

    Verse 42

    en vrugte, net wat hulle begeer

    Verse 43

    Daar sal gesê word: Eet en drink met smaak vir wat julle gedoen het

    Verse 44

    So beloon Ons die weldoeners

    Verse 45

    Wee op dié Dag diegene wa verwerp

    Verse 46

    Eet en vermaak julle vir ’n kortstondige tyd; voorwaar, julle is die misdadigers

    Verse 47

    Wee op dié Dag diegene wat verwerp

    Verse 48

    En as aan hulle gesê word: Buig vooroor! Dan buig hulle nie vooroor nie

    Verse 49

    Wee op dié Dag diegene wat verwerp

    Verse 50

    In watter verhaal ná dit sal hulle dan glo