Back to Languages

    Afrikaans - Chapter 84

    Translation by Imam M. A. Baker

    Verse 1

    Wanneer die hemel uiteen sal spat

    Verse 2

    en sy Heer gehoorsaam, soos dit hom betaam

    Verse 3

    en wanneer die aarde uitgestrek word

    Verse 4

    en alles sal uitwerp wat in hom is, en leeg word

    Verse 5

    en sy Heer gehoorsaam, soos dit hom betaam

    Verse 6

    O mens! U moet ywerig om u Heer se guns strewe, dan sal u Hom ontmoet

    Verse 7

    Wat hom betref, wat sy boek in sy regterhand ontvang

    Verse 8

    hy sal ’n rekening ontvang wat maklik is om te vereffen

    Verse 9

    en hy sal tot sy volk in vreugde terugkeer

    Verse 10

    Maar hy wat sy boek agter sy rug ontvang

    Verse 11

    hy sal die verdoemenis begeer

    Verse 12

    en die Brandende Vuur ingaan

    Verse 13

    Voorwaar, hy was vroeër vrolik onder sy volk

    Verse 14

    en het gereken dat hy nooit hoef terug te keer na Allah nie

    Verse 15

    Ja! Waarlik! Sy Heer sien hom altyd

    Verse 16

    Ja! Ek roep die aandskemering as getuie

    Verse 17

    en die nag en wat dit omsluier

    Verse 18

    en die maan as hy vol word

    Verse 19

    dat julle trap vir trap sal ontwikkel

    Verse 20

    Maar wat makeer hulle dat hulle nie wil glo nie

    Verse 21

    En wanneer die Qur’ãn aan hulle voorgelees word, val hulle nie in prostrasie neer nie

    Verse 22

    Inteendeel, die ongelowiges verloën dit

    Verse 23

    Maar Allah weet wat hulle verberg

    Verse 24

    Kondig vir hulle dus ’n smartlike straf aan

    Verse 25

    behalwe die gelowiges wat goeie werke doen ~ vir hulle is daar ’n oneindige beloning