Back to Languages

    Afrikaans - Chapter 88

    Translation by Imam M. A. Baker

    Verse 1

    Het nuus van die Oorweldigende Gebeurtenis u bereik

    Verse 2

    Op dié Dag sal sommige gesigte neergeslaan wees

    Verse 3

    verslae, afgemat

    Verse 4

    verskroei deur ’n Brandende Vuur

    Verse 5

    terwyl hulle sal drink uit ’n kokende fontein

    Verse 6

    Hulle sal geen voedsel kry nie, behalwe giftige dorings

    Verse 7

    en dit sal nie voedsaam wees, en hulle teen die honger ook niks baat nie

    Verse 8

    Ander gesigte sal op dié Dag bly wees

    Verse 9

    weltevrede met hul strewe

    Verse 10

    in ’n verhewe Tuin

    Verse 11

    waarin u geen ydele gesprek sal hoor nie

    Verse 12

    In hierdie Tuin is ’n borrelende fontein

    Verse 13

    en hoë rusbanke

    Verse 14

    en drinkbekers

    Verse 15

    en gerangskikte kussings

    Verse 16

    en oopgespreide tapyte

    Verse 17

    Kyk hulle nie na die wolke, hoe hulle gevorm word nie

    Verse 18

    En na die hemel, hoe verhewe dit is nie

    Verse 19

    En na die berge, hoe hulle gevestig is nie

    Verse 20

    En na die aarde en sy uitgestrektheid nie

    Verse 21

    Vermaan dan, want u is slegs ’n waarskuwer

    Verse 22

    U is geen bewaarder oor hulle nie

    Verse 23

    Maar wie ook al wegdraai en weier om te glo

    Verse 24

    Allah sal hulle met die strengste kastyding straf

    Verse 25

    Voorwaar, hulle terugkeer is na Ons

    Verse 26

    dan kom dit Ons toe om hulle te vergeld

    Unexpected Application Error!

    Unexpected token '<', "<!DOCTYPE "... is not valid JSON

    SyntaxError: Unexpected token '<', "<!DOCTYPE "... is not valid JSON