Back to Languages

    Afrikaans - Chapter 90

    Translation by Imam M. A. Baker

    Verse 1

    Ek sweer by hierdie stad

    Verse 2

    u2 is van verantwoordelikheid vir hierdie stad onthef

    Verse 3

    en by die vader3 en wat hom4 verwek het

    Verse 4

    voorwaar, Ons het die mens geskape om moeilikhede te oorwin

    Verse 5

    Dink hy dat niemand gesag oor hom uitoefen nie

    Verse 6

    Hy sal sê: Ek het baie rykdom verkwis

    Verse 7

    Dink hy dat niemand hom sien nie

    Verse 8

    Het Ons hom nie twee oë gegee nie

    Verse 9

    en ’n tong en twee lippe nie

    Verse 10

    en die twee hoofweë5 getoon nie

    Verse 11

    Maar hy probeer nie om die bergpad te bewandel nie

    Verse 12

    En wat weet u van die bergpad

    Verse 13

    Dit is om ’n slaaf te bevry

    Verse 14

    of op ’n dag van honger te voed

    Verse 15

    ’n weeskind, wat ’n familielid is

    Verse 16

    of ’n arm persoon wat in die stof rol

    Verse 17

    En verder, om gelowig te wees, en te vermaan tot geduld, en tot genade

    Verse 18

    Hulle is die volk van die regterhand

    Verse 19

    Maar hulle wat nie in ons tekens glo nie, hulle is die volk van die linkerhand

    Verse 20

    ’n Geslote Vuur sal hulle omring