Back to Languages

Afrikaans - Chapter 18 - Al-Kahf

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Al-Kahf 18:1

Alle lof kom Allah toe! Wat die Boek aan Sy dienaar geopenbaar het en geen valsheid daarin toegelaat het nie

Verse 2 — Surah Al-Kahf 18:2

regleidend, om teen ’n strenge kastyding van Hom te waarsku; en aan die gelowiges, wat goeie werke doen, die blye tyding te bring dat hulle ’n uitnemende beloning sal ontvang

Verse 3 — Surah Al-Kahf 18:3

waarin hulle vir ewig sal vetoef

Verse 4 — Surah Al-Kahf 18:4

en om diegene te waarsku wat sê: Allah het ’n seun vir Hom verwek

Verse 5 — Surah Al-Kahf 18:5

Hulle het geen kennis daarvan nie, en hulle vaders ewemin. Griewend is die woorde wat hulle monde voortbring. Wat hulle sê, is niks anders nie as ’n leuen

Verse 6 — Surah Al-Kahf 18:6

Miskien sal u van droefheid wil beswyk, uit jammerte vir hulle, omdat hulle nie in hierdie aankondiging wil glo nie

Verse 7 — Surah Al-Kahf 18:7

Voorwaar, Ons het alles wat op die aarde is, vir haar as ’n ornament gemaak, om te beproef wie van hulle se werke die beste is

Verse 8 — Surah Al-Kahf 18:8

En wat daarop is, sal Ons stof maak, sonder gras

Verse 9 — Surah Al-Kahf 18:9

Of dink u dat die metgeselle van die Spelonk en van die Inskrip- sie ook van Ons wonderlike tekens was

Verse 10 — Surah Al-Kahf 18:10

Toe die jongelinge in die Spelonk herberg gesoek het, het hulle gesê: Ons Heer! Skenk ons u genade, en wys ons ’n regte weg aan in ons saak

Verse 11 — Surah Al-Kahf 18:11

Daarom het Ons hulle vir ’n aantal jare in die Spelonk doofgemaak

Verse 12 — Surah Al-Kahf 18:12

Daarna het Ons hulle weer opgewek, sodat Ons kon sien wie van die twee partye die beste rekenskap kan gee van die tyd wat hulle daarin vertoef het

Verse 13 — Surah Al-Kahf 18:13

Ons vertel u hulle geskiedenis met waarheid. Voorwaar, hulle was jongelinge wat in hul Heer geglo het, en Ons het hulle in leiding laat toeneem

Verse 14 — Surah Al-Kahf 18:14

En Ons het hulle harte versterk toe hulle opgestaan en gesê het: Ons Heer is die Heer van die hemele en die aarde; ons roep geen ander god buiten Hom aan nie, want as ons dít doen, sal ons gruwelike woorde moet uitspreek

Verse 15 — Surah Al-Kahf 18:15

Hierdie volk van ons het gode buiten Hom aangeneem. Waar- om bring hulle geen duidelike bewyse omtrent hulle nie? Wie is meer onregverdig as hy wat ’n leuen teen Allah versin

Verse 16 — Surah Al-Kahf 18:16

En daar is aan hulle gesê: Wanneer julle van hulle en dít wat hulle buiten Allah aanbid, afskeid neem, neem dan julle toevlug tot die Spelonk; julle Heer sal Sy barmhartigheid aan julle bewys en vir julle die saak gunstig laat besleg

Verse 17 — Surah Al-Kahf 18:17

En u sal die son, wanneer dit opkom, effens aan die regterkant van hulle spelonk kan sien, en wanneer dit ondergaan, aan hul linkerkant. Daartussen, in die wye holte, was hulle tuiste. Dit is ’n teken van Allah; Hy wat deur Allah gelei word, is op die regte weg; maar vir hom wat Hy in dwaling laat, sal u geen vriend vind om hom reg te lei nie

Verse 18 — Surah Al-Kahf 18:18

En u sou dink dat hulle wakker is, terwyl hulle in werklikheid geslaap het, en Ons hulle van links na regs gedraai het; terwyl hulle hond met uitgestrekte pote by die drumpel gelê het. En as u na hulle gekyk het, sou u vlugtend van hulle weggedraai het, en hulle sou u met vrees vervul het

Verse 19 — Surah Al-Kahf 18:19

En Ons het hulle laat ontwaak sodat hulle mekaar kon onder- vra. ’n Spreker uit hulle midde het gesê: Hoe lank het u vertoef? Hulle het geantwoord: Ons het ’n dag of ’n gedeelte van ’n dag vertoef. Ander weer het gesê: Julle Heer weet goed hoe lank julle vertoef het. Stuur nou een van julle met hierdie silwermuntstuk na die stad en laat hy sien watter voedsel goed en wettig is, en vir julle lewensmiddele daarmee saambring, en laat hy homself vriendelik gedra, en julle saak aan niemand bekend maak nie

Verse 20 — Surah Al-Kahf 18:20

Want as hulle die oorhand oor julle kry, sal hulle jul met klippe doodgooi, of julle na hulle godsdiens dwing, en dan sal julle nooit slaag nie

Verse 21 — Surah Al-Kahf 18:21

En so het Ons die mense inligting omtrent hulle laat kry, sodat hulle kan weet dat die belofte van Allah waar is en dat daar geen twyfel omtrent die Uur bestaan nie. Toe hulle onder mekaar oor hulle eie saak geargumenteer en gesê het: Rig ’n gebou oor hulle op. Hul Heer weet wat die beste is. Diegene wat die oorhand behaal het, het gesê: Ons sal sekerlik ’n plek van aanbidding oor hulle bou

Verse 22 — Surah Al-Kahf 18:22

Sommige sê: Daar was drie en die vierde was hulle hond; en andere sê: Vyf, die sesde was hulle hond; terwyl hulle slegs gis. En nog ander sê: Sewe, en die agste was hulle hond. Sê: My Heer ken hulle getal. Niemand ken hulle nie, behalwe enkeles. Argumenteer daarom nie oor hulle saak nie, behalwe met duidelike bewyse, en vra ook nie een van hulle om inligting nie

Verse 23 — Surah Al-Kahf 18:23

En sê nie aangaandie iets: Ek sal dit môre doen nie

Verse 24 — Surah Al-Kahf 18:24

sonder om daarby te sê: As dit Allah behaag. En wanneer u dit vergeet, dink dan aan u Heer en sê: Dit mag wees dat my Heer my nader as tans na die regte weg sal lei

Verse 25 — Surah Al-Kahf 18:25

En hulle het driehonderdjaar in hulle Spelonk gebly, en nog nege

Verse 26 — Surah Al-Kahf 18:26

Sê: Allah weet goed hoe lank hulle gebly het. Aan Hom behoort die geheime van die hemele en die aarde. Hoe duidelik kan Hy sien en hoor! Daar is geen voog vir hulle buiten Hom nie, en Hy laat niemand toe om aan Sy besluite deel te neem nie

Verse 27 — Surah Al-Kahf 18:27

En verkondig dít wat van die Boek van u Heer aan u geopenbaar is. Daar is niemand wat Sy woorde kan verander nie. En u sal geen toevlug buiten Hom vind nie

Verse 28 — Surah Al-Kahf 18:28

En uself moet vertoef met diegene wat hulle Heer soggens en saans aanroep, en wat verlang na Sy welbehae. En laat u oë nie van hulle afdwaal omdat u verlang na die prag en praal van die lewe van hierdie wêreld nie. En volg nie vir hom wie se hart Ons agteloos ten aansien van Ons gedagtenis gemaak het nie, aangesien hy sy slegte begeerte volg, en hy die vasgestelde perke oorskry

Verse 29 — Surah Al-Kahf 18:29

En sê: Die Waarheid kom van julle Heer; laat dié wat wil, glo, en dié wat nie wil nie, ongelowig bly. Voorwaar, vir die kwaaddoeners het Ons ’n Vuur voorberei wat hulle sal insluit. En indien hulle om hulp vra, sal daar water soos gesmelte geelkoper vir hulle gegee word, wat hulle gesigte sal verbrand. Hoe verskriklik die drank! Hoe verskriklik die rusplek

Verse 30 — Surah Al-Kahf 18:30

Wat diegene betref wat glo en goeddoen, voorwaar, Ons sal die beloning van hom wat goeddoen, nie verlore laat gaan nie

Verse 31 — Surah Al-Kahf 18:31

Vir hulle is daar Tuine van Ewigheid waardeur riviere vloei; hulle sal daarin met armbande van goud getooi word, en hulle sal groen gewade van fyn sy en swaar brokaat dra, terwyl hulle hul op verhewe sofa’s daarin sal neervly. Hoe uitmuntend die beloning! Hoe uitstekend die rusplek

Verse 32 — Surah Al-Kahf 18:32

En vertel aan hulle die gelykenis van die twee manne. Vir een van hulle het Ons twee tuine met wingerde gemaak, en Ons het dit met dadelpalms omhein, en tussen hulle het Ons koringvelde aangelê

Verse 33 — Surah Al-Kahf 18:33

Hierdie tuine het albei vrugte voortgebring en het nie gebrek geken nie, en Ons het ’n rivier tussen hulle deur laat stroom

Verse 34 — Surah Al-Kahf 18:34

En hy het vrugte gehad. Aan sy maat het hy gesê terwyl hy met hom geargumenteer het: Ek het meer rykdom as u, en my volgelinge is magtiger

Verse 35 — Surah Al-Kahf 18:35

En hy het in sy tuin gegaan, terwyl hy onregverdig teenoor homself was, en gesê: Ek dink nie dat dít ooit sal vergaan nie

Verse 36 — Surah Al-Kahf 18:36

en ek dink nie dat die Uur sal kom nie; en al word ek na my Heer teruggebring, sal ek sekerlik ’n beter oord as dít vind

Verse 37 — Surah Al-Kahf 18:37

Sy maat het vir hom gesê terwyl hy met hom geredekawel het: Glo u nie in Hom wat u uit stof geskape het, daarna uit ’n sperm, en u toe ’n volmaakte mens gemaak het nie

Verse 38 — Surah Al-Kahf 18:38

Maar wat my betref: Hy, Allah, is my Heer, en ek vereenselwig niemand met Hom nie

Verse 39 — Surah Al-Kahf 18:39

En waarom het u nie gesê toe u die tuin binnegegaan het nie: Dit is soos dit Allah behaag het; daar is geen mag nie behalwe in Allah? As u my as u mindere in rykdom en kinders beskou

Verse 40 — Surah Al-Kahf 18:40

sal my Heer my waarskynlik iets beter as u tuin gee, en op u s’n ’n afrekening uit die hemel afstuur, sodat dit stof sonder plante sal word

Verse 41 — Surah Al-Kahf 18:41

of die water daarvan sal in die grond sink, sodat u nie in staat sal wees om dit weer te vind nie

Verse 42 — Surah Al-Kahf 18:42

En sy vrugte is vernietig, en hy het sy hande begin wring weens alles wat hy aan die tuin bestee het, en omdat dit nou vewoes lê met ingestorte latwerk. En hy het gesê: Wee my! Het ek maar niemand met my Heer vereenselwig nie

Verse 43 — Surah Al-Kahf 18:43

En hy het geen leërskaar gehad om hom teen Allah te help nie, nog minder kon hy homself verdedig

Verse 44 — Surah Al-Kahf 18:44

Beskerming kom dus alleen van Allah, die Ware. Hy is die Beste beloner en die Beste betaler

Verse 45 — Surah Al-Kahf 18:45

En hou die volgende voor as ’n gelykenis van hierdie wêreld: dit is soos water wat Ons uit die wolk afstuur sodat die gras op die aarde daardeur weelderig kan groei, en daarna word dit droog en breek op in stukkies wat die wind verstrooi. En die mag van Allah oorheers alle dinge

Verse 46 — Surah Al-Kahf 18:46

Rykdom en kinders is sierade van die lewe van hierdie wêreld; maar die ewigdurende, die goeie werke, sal deur u Heer beter beloon word, en u sal op meer kan hoop

Verse 47 — Surah Al-Kahf 18:47

En dink aan die Dag waarop Ons die berge sal versit, en u die aarde sal sien soos ’n uitgestrekte vlakte, en Ons hulle almal bymekaar sal maak en niemand sal laat agterbly nie

Verse 48 — Surah Al-Kahf 18:48

En hulle sal in rye voor u Heer gebring word, en daar sal gesê word: Sekerlik het julle na Ons gekom soos Ons julle die eerste maal geskape het. Nee, julle het gedink dat Ons nie ’n afspraak met julle gemaak het nie

Verse 49 — Surah Al-Kahf 18:49

En die boek sal voorgelê word: dan sal u die skuldiges sien vrees weens dít wat daarin staan, en hulle sal sê: Wee ons! Wat se boek is dit? Dit slaan nie klein of groot oor nie, maar dit som alles op. En hulle sal alles sien wat hulle gedoen het. En u Heer sal niemand onreg aandoen nie

Verse 50 — Surah Al-Kahf 18:50

En toe Ons aan die engele gesê het: Prostreer voor Adam, het hulle geprostreer, behalwe Iblies. Hy was een van die djien, daarom dat hy die gebod van sy Heer oortree het. Sal julle hom en sy nageslag dan tot vriende neem en nie vir My nie, terwyl hulle julle vyande is? Boos is die ruil van die onregverdiges

Verse 51 — Surah Al-Kahf 18:51

En Ek het julle nie as getuies van die skepping van die hemele en die aarde ingeroep nie, ook nie van julle eie skepping nie. Ook het Ek nie die misleiers as helpers gehad nie

Verse 52 — Surah Al-Kahf 18:52

En eendag sal Hy sê: Roep diegene aan van wie julle gesê het dat hulle deelgenote van My is. Dan sal hulle hul aanroep maar geen antwoord ontvang nie, en Ons sal ’n skeiding tussen hulle maak

Verse 53 — Surah Al-Kahf 18:53

En die skuldiges sal die Vuur raaksien, en hulle sal weet dat hulle enige oomblik daarin kan val; en hulle sal dit nie vryspring nie

Verse 54 — Surah Al-Kahf 18:54

En waarlik, Ons het in hierdie Qur’ãn allerlei gelykenisse ver- meld, maar die mens is in baie dinge twissiek

Verse 55 — Surah Al-Kahf 18:55

En niks belet die mense om te glo wanneer daar leiding tot hulle kom, en om hulle Heer om vergifnis te vra nie, behalwe dat hulle weet dat daar met hulle moet gebeur wat met die ou volke gebeur het, of dat hulle die straf in die gesig moet staar

Verse 56 — Surah Al-Kahf 18:56

En Ons stuur nie boodskappers nie, behalwe as draers van blye tydings en as waarskuwers; en diegene wat nie glo nie worstel met valsheid om die Waarheid daardeur te verswak, en hulle dryf die spot met My tekens en die waarskuwinge

Verse 57 — Surah Al-Kahf 18:57

En wie is onregvediger as hy wat herinner word aan die tekens van sy Heer, en dan sy rug daarop draai en vergeet wat sy hande vooruitgestuur het? Voorwaar, Ons het sluiers oor hulle harte gelê, sodat hulle dit nie kan verstaan nie, en doofheid in hulle ore. En al vermaan u hulle om te volg, hulle sal nooit gehoor gee nie

Verse 58 — Surah Al-Kahf 18:58

Maar u Heer is Vergewensgesind, uiters Genadevol. Indien Hy hulle wou straf vir wat hulle verdien het, sou Hy ongetwyfeld die straf vir hulle verhaas het. Maar vir hulle is daar ’n vasgestelde tyd waaraan hulle nie sal ontkom nie

Verse 59 — Surah Al-Kahf 18:59

En hierdie stede! Ons het hulle vernietig toe hulle onreg gedoen het. En Ons het ’n tyd vir hulle verdelging vasgestel

Verse 60 — Surah Al-Kahf 18:60

En toe Moses aan sy dienaar gesê het: Ek sal nie ophou voordat ek die samevloeiing van die twee riviere bereik nie, anders sal ek jare voortgaan

Verse 61 — Surah Al-Kahf 18:61

En toe hulle die samevloeiing van die twee riviere bereik het, het hulle hul vis vergeet, en dit het weer sy weg in die rivier gevind terwyl dit ’n kans daartoe gehad het

Verse 62 — Surah Al-Kahf 18:62

Maar toe hulle verder gaan, het hy aan sy dienaar gesê: Bring vir ons ons oggendmaal. Waarlik, hierdie reis het ons vermoei

Verse 63 — Surah Al-Kahf 18:63

Sy antwoord was: Toe ons ons skuiling by die rots gesoek het, het ek die vis vergeet, en niemand anders as die duiwel nie het my laat vergeet om daarvan te praat, en dit het sy weg in die rivier gevind; hoe wonderlik

Verse 64 — Surah Al-Kahf 18:64

Hy het gesê: Dít is waarna ons gesoek het. Daarom het hulle op hulle spore teruggegaan

Verse 65 — Surah Al-Kahf 18:65

Toe het hulle ’n dienaar van Ons gevind aan wie Ons barmhartig- heid bewys het, en wat Ons met kennis van Onsself onderwys het

Verse 66 — Surah Al-Kahf 18:66

Moses het aan hom gesê: Mag ek u volg sodat u my onderwys kan gee in die goeie kennis waarin u reeds onderrig is

Verse 67 — Surah Al-Kahf 18:67

Hy het geantwoord: U sal nie geduldig wees met my nie

Verse 68 — Surah Al-Kahf 18:68

En hoe kan u geduldig wees in sake waarvan u geen behoorlike kennis het nie

Verse 69 — Surah Al-Kahf 18:69

Hy het gesê: As dit Allah behaag, sal u my geduldig vind, en ek sal u bevele nie ongehoorsaam wees nie

Verse 70 — Surah Al-Kahf 18:70

Hy het gesê: Nou goed, as u my wil volg, moet u my oor niks uitvra totdat ek self met u daaroor praat nie

Verse 71 — Surah Al-Kahf 18:71

So het hulle dan vertrek, totdat hulle later in ’n boot geklim en hy ’n gat daarin gemaak het. Moses het gesê: Het u ’n gat daarin gemaak om die varendes te laat verdrink? Voorwaar, u het iets gruweliks aangerig

Verse 72 — Surah Al-Kahf 18:72

Hy het geantwoord: Het ek u nie gesê dat u nie geduldig kan wees nie

Verse 73 — Surah Al-Kahf 18:73

Sy antwoord was: Verwyt my nie omdat ek vergeet het nie, en wees nie hardvogtig oor wat ek gedoen het nie

Verse 74 — Surah Al-Kahf 18:74

Hulle het toe verder gereis totdat hulle ’n seun teengekom en hy hom vermoor het. Moses het gesê: Het u ’n onskuldige gedood wat niemand kwaad aangedoen het nie? U het inderdaad ’n gruwelike daad begaan

Verse 75 — Surah Al-Kahf 18:75

Hy het geantwoord: Het ek nie gesê dat u nie in staat is om saam met my geduldig te wees nie

Verse 76 — Surah Al-Kahf 18:76

Hy het gesê: As ek u weer iets vra, moet u my nie langer in u geselskap hou nie. U sal rede daartoe hê

Verse 77 — Surah Al-Kahf 18:77

So het hulle hul gang gegaan totdat hulle by die inwoners van ’n stad gekom het, waar hulle om kos gevra het. Maar die inwoners het geweier om gasvryheid aan hulle te betoon. Toe het hulle daar ’n muur gevind wat enige oomblik kon instort, en hy het dit weer herstel. Moses het gesê: As u wou, kon u ’n loon daarvoor gevra het

Verse 78 — Surah Al-Kahf 18:78

Hy het gesê: Dít is die skeiding tussen u en my. Ek sal u nou die verklaring van die dade gee waaroor u ongeduldig was

Verse 79 — Surah Al-Kahf 18:79

Wat die boot betref, dit het aan arm mense behoort wat op die rivier gewerk het, en dit was my voorneme om dit onbruikbaar te maak, want agter hulle was ’n koning wat op elke boot met geweld beslag gelê het

Verse 80 — Surah Al-Kahf 18:80

En wat die seun betref, sy ouers was gelowiges en Ons het ge- vrees dat hy skande oor hulle sou bring deur sy opstandigheid en ongeloof

Verse 81 — Surah Al-Kahf 18:81

Derhalwe het Ons gewens dat hulle Heer hulle in sy plek ’n beter seun moet skenk, een wat reiner en sagmoediger sal wees

Verse 82 — Surah Al-Kahf 18:82

En wat die muur betref, dit het aan twee weesseuns in die stad behoort, en daaronder was skatte wat aan hulle behoort het, en hulle vader was ’n regverdige man. Daarom was dit hulle Heer se verlange dat hulle volwasse sou word en hulle skatte uit- grawe ~ ’n genade van u Heer ~ en dit alles het ek nie uit myself gedoen nie. Dít is die betekenis van dit waaroor u nie geduldig was nie

Verse 83 — Surah Al-Kahf 18:83

En hulle vra u uit omtrent Zoel-Kornein. Sê: Ek sal julle sy verhaal meedeel

Verse 84 — Surah Al-Kahf 18:84

Voorwaar, Ons het hom in die land gevestig en hom toegang tot alles verleen

Verse 85 — Surah Al-Kahf 18:85

en hy het ’n weg gevolg

Verse 86 — Surah Al-Kahf 18:86

totdat hy die verste punt bereik het in die rigting van die onder- gaande son, waar dit in die swart see ondergegaan het, en waar hy ’n volk gevind het. Ons het gesê: O Zoel-Kornein! Bestraf hulle, of behandel hulle met vriendelikheid

Verse 87 — Surah Al-Kahf 18:87

Hy het gesê: Wat diegene betref wat kwaad doen, ons sal elkeen van hulle bestraf, dan sal hy na sy Heer terugkeer, en Hy sal hom met ’n streng kastyding straf

Verse 88 — Surah Al-Kahf 18:88

En wat hom betref wat glo en goeddoen, hy sal ’n goeie belo- ning ontvang, en hy sal deur Ons gebod gemak ontvang

Verse 89 — Surah Al-Kahf 18:89

Daarna het hy ’n ander weg ingeslaan

Verse 90 — Surah Al-Kahf 18:90

totdat hy die land van die opkomende son bereik het, waar hy ontdek het dat dit oor ’n volk opkom aan wie Ons geen beskutting daarteen gegee het nie

Verse 91 — Surah Al-Kahf 18:91

So was dit. En Ons het volledige kennis gehad van wat hy besit het

Verse 92 — Surah Al-Kahf 18:92

Daarna het hy weer ’n ander weg ingeslaan

Verse 93 — Surah Al-Kahf 18:93

totdat hy ’n plek tussen twee berge bereik het, aan die ander kant waarvan hy ’n volk aangetref het wat skaaars ’n woord kon verstaan

Verse 94 — Surah Al-Kahf 18:94

Hulle het gesê: O Zoel-Kornein! Gog en Magog rig onheil aan in die land. Ons sal graag aan u eer bewys mits u ’n versperring tussen hulle en ons oprig

Verse 95 — Surah Al-Kahf 18:95

En hy het geantwoord: Dít waarmee my Heer my beklee het, is beter as eerbewyse; help my, en ek sal ’n verskanste versperring tussen hulle en julle oprig

Verse 96 — Surah Al-Kahf 18:96

Bring vir my blokke yster. Uiteindelik, toe hy die ruimte tussen die twee berge opgevul het, het hy gesê: Blaas; totdat hy dit soos ’n vuur laat lyk en hy gesê het: Bring vir my gesmelte geelkoper om daaroor te giet

Verse 97 — Surah Al-Kahf 18:97

En hulle was nie in staat om daaroor te klim of om ’n gat daarin te maak nie

Verse 98 — Surah Al-Kahf 18:98

Hy het gesê: Dit is ’n genade van my Heer, maar wanneer die belofte van my Heer vervul sal word, sal Hy dit laat instort; en die belofte van my Heer bly ewig waar

Verse 99 — Surah Al-Kahf 18:99

En op daardie Dag sal Ons sommige van hulle teen andere in opstand laat kom, en die basuin sal geblaas word; dan sal Ons hulle almal bymekaarversamel

Verse 100 — Surah Al-Kahf 18:100

En Ons sal die Hel op daardie Dag vir die ongelowiges oopstel

Verse 101 — Surah Al-Kahf 18:101

hulle wie se oë gesluier was teen herinneringe aan My, en wat selfs nie kon hoor nie

Verse 102 — Surah Al-Kahf 18:102

Dink hulle wat nie glo nie, dat hulle My dienaars as vriende buiten My kan neem? Voorwaar, Ons het die Hel as ’n onthaal vir die ongelowiges voorberei

Verse 103 — Surah Al-Kahf 18:103

Sê: Sal Ons julle meedeel wie se werke die grootste verlies sal toon

Verse 104 — Surah Al-Kahf 18:104

Dit is hulle wie se moeite in hierdie lewe tevergeefs was, maar wat nogtans dink dat hulle goeie dinge vervaardig het

Verse 105 — Surah Al-Kahf 18:105

Dit is hulle wat nie in die tekens van hulle Heer en in die ontmoeting met Hom glo nie. Daarom sal hulle werke tevergeefs wees. En op die Dag van Herrysing sal Ons geen weegskaal vir hulle opstel nie

Verse 106 — Surah Al-Kahf 18:106

Dít is hulle beloning ~ Hel, omdat hulle nie geglo het nie en met My tekens en My boodskappers die spot gedrywe het

Verse 107 — Surah Al-Kahf 18:107

Voorwaar, hulle wat glo en goeie werke doen, vir hulle is die Tuine van die Paradys bestem. ’n Onthaal

Verse 108 — Surah Al-Kahf 18:108

vir hulle om in te vertoef; en hulle sal nie begeer om daaruit weg te gaan nie

Verse 109 — Surah Al-Kahf 18:109

Sê: Al was die oseaan ink vir die woorde van my Heer, sou dit uitgeput raak voordat die woorde van my Heer ten einde sou kom, selfs al sou Ons nog soveel daarby voeg

Verse 110 — Surah Al-Kahf 18:110

Sê: Ek is maar ’n sterfling net soos julle, maar dit is aan my geopenbaar dat julle God slegs één God is. Laat hulle dan wat uitsien na die ontmoeting met hulle Heer, goeie dade doen en by die aanbidding niemand anders met Hom vereenselwig nie