Hoe hy ’n vuur gesien en aan sy volk gesê het: Bly hier; ek be- speur ’n vuur; miskien sal ek u daarvandaan ’n brandende vuur- kool kan saambring; of dalk ontvang ek daar nog lig
Plaas hom in ’n kissie en werp dit in die rivier; daarna sal die rivier dit aan die oewer afgee, waar ’n vyand van My en van hom, hom sal vind en aanneem. En Ek het u met My liefde omhul, sodat u voor My oë opgevoed kon word
En toe het u suster verbygekom en gesê: Sal ek u na iemand neem wat hom sal versorg? So het Ons u aan u moeder terug- besorg, sodat haar oë verkoel kon word en sy kon ophou treur. En u het ’n man om die lewe gebring, maar Ons het u van smart verlos, en u op verskeie maniere beproef. En u het jare lank onder die volk van Mede vertoef. Daarna het u, soos verorden is, hierheen gekom
Daarom moet julle albei na hom gaan en sê: Ons is waarlik boodskappers van u Heer; laat daarom die Kinders van Israel saam met ons weggaan, en doen hulle geen leed aan nie. Ons het voorwaar aan u ’n boodskap van u Heer gebring; en die vrede rus op hom wat dié leiding volg
Dit is Hy wat die aarde uitgestrek het, en vir julle paaie daarin gemaak het; en Hy stuur reën uit die wolke neer, waardeur pare van alle plantsoorte voortgbring word
Maar ons kan ook gelykwaardige towerkuns voortbring. Maak daarom ’n afspraak met ons wat óns nie sal breek nie en u ook moet hou, en laat ons op ’n gerieflike plek bymekaarkom
Moses het vir hulle gesê: Wee julle! Moenie ’n leuen teen Allah versin nie, anders sal Hy julle deur straf vernietig; hy wat ’n leuen versin, sal altyd faal
En werp neer wat u in u regterhand hou; dít sal verslind wat hulle voortgebring het. Wat hulle voortgebring het, is slegs die sette van ’n towenaar, en nooit sal ’n towenaar slaag nie, waarvandaan hy ook al kom
Farao het gesê: Glo julle in hom voordat ék julle daartoe verlof gegee het? Voorwaar, hy is die slimme van wie julle jul towerkuns geleer het. Daarom sal ek julle hande en julle voete aan die teenoorgestelde kant laat afsny, en ek sal julle op die stamme van palmbome kruisig, en julle sal met sekerheid weet wie van ons se straf strenger en langduriger is
Hulle het gesê: Ons kan nie aan u woorde voorkeur gee bo die duidelike bewyse wat aan ons getoon is, en bo Hom wat ons geskape het nie. Besluit derhalwe soos dit u behaag. U kan slegs oor die lewe van hierdie wêreld besluit
En Waarlik, Ons het aan Moses geopenbaar: Reis met my die- naars gedurende die nag, en baan vir hulle ’n droë weg deur die see, sonder vrees dat u ingehaal sal word; en moenie bang wees nie
O Kinders van Israel! Ons het julle waarlik van jul vyand verlos en ’n verbond met julle aan die regterkant van die berg gesluit en manna en kwartels vir julle afgestuur
Eet van die goeie dinge waarvan Ons julle voorsien het, en gaan julle daarmee nie te buite nie, anders sal My toorn op julle neerdaal; en hy op wie My toorn neerdaal, sal voorwaar vernietig word
Toe het Moses na sy volk teruggekeer, toornig en bedroef. Hy het gesê: O my volk! Het julle Heer julle nie aangename dinge belowe nie? Het die beloofde tyd dan vir julle te lank geduur, of het julle begeer dat die toorn van julle Heer op julle moet neerdaal, en het julle daarom jul belofte aan my verbreek
Hulle het geantwoord: Ons het nie uit eie beweging die belofte aan u verbreek nie, maar ons was genoodsaak om die las van die sierade van die volk te dra; daarom het ons dit weggegooi; en so het Samiri ook aan die hand gedoen
Toe het hy ’n beeld van ’n kalf voortgebring wat ’n loeiende geluid gemaak het, en hulle het gesê: Dít is julle god en die god van Moses, maar hy het vergeet
En Aäron het sekerlik voorheen aan hulle gesê: O my volk! Julle word slegs daarmee beproef; en waarlik, julle Heer is die Barmhartige God. Volg my dus, en gehoorsaam my bevel
Hy het geantwoord: O seun van my moeder! Gryp my nie aan my baard en ook nie aan my hoof nie. Ek was bang dat u sou sê: U het ’n skeuring onder die Kinders van Israel teweeggebring, en nie op my woord gewag nie
Hy het gesê: Ek het bemerk wat hulle nie bemerk het nie; toe het ek ’n handvol stof van die boodskapper se voetstappe geneem en dit weggegooi. So het my siel dit aan my opgedra
Hy het gesê: Gaan weg! Dit is vir u om in hierdie lewe te sê: Raak my nie aan nie! En aan u word ’n straf belowe wat u nie sal kan ontwyk nie. En kyk na jou god van wie jy gesê het dat hy aanbid moet word. Ons sal dit sekerlik verbrand en daarna oor die see verstrooi
Op dié Dag sal hulle die Oproeper volg in wie daar geen ongeregtigheid is nie; en die stemme voor die Barmhartige God sal sag wees, sodat u niks anders as ’n dowwe klank sal hoor nie
En die gesigte sal hulle verootmoedig in die teenwoordigheid van die Lewende, die Selfonderhoudende. En hy wat onregverdig van inbors is, is inderdaad verlore
Ons het dit as ’n Arabiese Qur’ãn geopenbaar, en daarin duidelike waarskuwings geuiter, sodat hulle teen die kwaad kan waak en dat dit vir hulle as ’n vermaning kan dien
Verhewe dan is Allah, die Ware Koning. En haas u nie met die Qur’ãn voordat die openbaring daarvan aan u heeltemal voltooi is nie, en sê: O my Heer! Vermeerder my in kennis
Toe het hulle albei daarvan geëet, waardeur hulle naaktheid aan hulle duidelik geword het; en toe het hulle begin om hulself met die blare van die Tuin te bedek. En Adam was sy Heer ongehoorsaam, en hy is teleurgestel
Hy het gesê: Gaan julle almal hiervandaan voort, want julle sal mekaar se vyande wees. Maar daar sal sekerlik leiding van My tot julle kom. Wie dan My leiding volg, hy sal nie mislei word of ongelukkig wees nie
So vergeld Ons die buitensporiges en hulle wat nie in die tekens van hul Heer glo nie. En voorwaar, die straf van die Hiernamaals is strenger en langer van duur
Is dit dan nie vir hulle duidelik hoeveel geslagte in wie se ou woonplekke hulle nou rondtrek, Ons voorheen reeds vernietig het nie? Voorwaar, hierin is ’n teken vir mense met begrip
Verdra geduldig wat hulle sê, en verheerlik die lof van u Heer vóór die opgaan van die son en vóór haar ondergang; en verheerlik Hom gedurende die ure van die nag en die dele van die dag, sodat u weltevrede mag wees
En vermoei u oë nie deur te staar na die heerlikheid van die wêreld wat Ons aan verskeie van hulle gegee het om hulle mee te beproef nie. Die voorsiening van u Heer is beter en van langer duur
En spoor u volk aan tot die gebed, en volhard daarin. Ons vra geen lewensonderhoud van u nie; Ons onderhou u. En die salige einde is vir húlle wat teen die kwaad waak
En hulle sê: Waarom bring hy ons nie ’n teken van sy Heer nie? Het daar dan nie ’n duidelike bewys na hulle gekom in die vorm van alles wat in die geskrifte vermeld is nie
En as Ons hulle vóór die koms daarvan met straf vernietig het, sou hulle gesê het: Ons Heer! Waarom het U ons nie ’n boodskapper gestuur nie, sodat ons U tekens kon gevolg het voordat skande en skaamte oor ons gekom het