Back to Languages

Afrikaans - Chapter 20 - Ta-Ha

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Ta-Ha 20:1

Verse 2 — Surah Ta-Ha 20:2

Ons het nie die Qur’ãn aan u geopenbaar sodat dit u moes laat faal nie

Verse 3 — Surah Ta-Ha 20:3

maar dit is ’n vermaning vir hom wat vrees

Verse 4 — Surah Ta-Ha 20:4

’n Openbaring van Hom wat die aarde en die hemele geskape het

Verse 5 — Surah Ta-Ha 20:5

Die Barmhartige is op die Troon van Mag bevestig

Verse 6 — Surah Ta-Ha 20:6

Aan Hom behoort alles wat in die hemele is en op die aarde, en wat tussen hulle is, en alles wat onder die grond is

Verse 7 — Surah Ta-Ha 20:7

En of u hard praat of nie, Hy ken tog alle geheime, en ook dit wat die diepste verborge is

Verse 8 — Surah Ta-Ha 20:8

Allah! ~ Daar is geen God nie behalwe Hy. Hy het die reinste name

Verse 9 — Surah Ta-Ha 20:9

En het u die verhaal van Moses gehoor

Verse 10 — Surah Ta-Ha 20:10

Hoe hy ’n vuur gesien en aan sy volk gesê het: Bly hier; ek be- speur ’n vuur; miskien sal ek u daarvandaan ’n brandende vuur- kool kan saambring; of dalk ontvang ek daar nog lig

Verse 11 — Surah Ta-Ha 20:11

En toe hy daar naby kom, het ’n stem na hom geroep: O Moses

Verse 12 — Surah Ta-Ha 20:12

Voorwaar, Ek is u Heer. Trek u skoene uit, want u bevind u in die heilige vallei van Toewa

Verse 13 — Surah Ta-Ha 20:13

En Ek het u uitverkies; luister daarom na wat geopenbaar word

Verse 14 — Surah Ta-Ha 20:14

Voorwaar, Ek is Allah; daar is geen god nie, behalwe Ek; aanbid My daarom en onderhou die gebed tot My gedagtenis

Verse 15 — Surah Ta-Ha 20:15

Waarlik, die Uur sal kom ~ Ek is voornemens om dit bekend te maak ~ dan sal elke siel beloon word volgens sy strewe

Verse 16 — Surah Ta-Ha 20:16

Laat hom wat nie daarin glo nie en sy eie neigings volg, u nie daarvan weerhou nie, anders sal u vergaan

Verse 17 — Surah Ta-Ha 20:17

En wat is in u regterhand, o Moses

Verse 18 — Surah Ta-Ha 20:18

Hy het geantwoord: Dit is my staf; ek leun daarop, en ek slaan daarmee blare af vir my skape, en ek gebruik dit ook vir ander doeleindes

Verse 19 — Surah Ta-Ha 20:19

Hy het gesê: Werp dit neer, o Moses

Verse 20 — Surah Ta-Ha 20:20

Hy het dit neergewerp; en kyk! dit was ’n kronkelende slang

Verse 21 — Surah Ta-Ha 20:21

Toe het Hy gesê: Gryp dit, en moenie bang wees nie. Ons sal dit weer maak soos dit was

Verse 22 — Surah Ta-Ha 20:22

En druk u hand teen u sy; dit sal wit en ongeskonde uitkom ~ nog ’n teken

Verse 23 — Surah Ta-Ha 20:23

Sodat Ons nog groter tekens van Ons aan u kan toon

Verse 24 — Surah Ta-Ha 20:24

Gaan na Farao; hy het inderdaad die perke oorskry

Verse 25 — Surah Ta-Ha 20:25

Hy het gesê: My Heer! Verruim my bors vir my

Verse 26 — Surah Ta-Ha 20:26

en Vergemaklik my taak vir my

Verse 27 — Surah Ta-Ha 20:27

en ontknoop tog my tong

Verse 28 — Surah Ta-Ha 20:28

sodat hulle my woorde kan verstaan

Verse 29 — Surah Ta-Ha 20:29

En gee aan my ’n helper uit my familie

Verse 30 — Surah Ta-Ha 20:30

Verse 31 — Surah Ta-Ha 20:31

Versterk my krag deur hom

Verse 32 — Surah Ta-Ha 20:32

en laat hom deel in my taak

Verse 33 — Surah Ta-Ha 20:33

sodat ons U kan verheerlik

Verse 34 — Surah Ta-Ha 20:34

en vir altyd aan U kan dink

Verse 35 — Surah Ta-Ha 20:35

Voorwaar, U sien ons elke oomblik aan

Verse 36 — Surah Ta-Ha 20:36

Hy het gesê: U smeekbede is verhoor, o Moses

Verse 37 — Surah Ta-Ha 20:37

En waarlik, Ons het voorheen reeds aan u ’n ander guns bewys

Verse 38 — Surah Ta-Ha 20:38

toe Ons aan u moeder as volg geopenbaar het

Verse 39 — Surah Ta-Ha 20:39

Plaas hom in ’n kissie en werp dit in die rivier; daarna sal die rivier dit aan die oewer afgee, waar ’n vyand van My en van hom, hom sal vind en aanneem. En Ek het u met My liefde omhul, sodat u voor My oë opgevoed kon word

Verse 40 — Surah Ta-Ha 20:40

En toe het u suster verbygekom en gesê: Sal ek u na iemand neem wat hom sal versorg? So het Ons u aan u moeder terug- besorg, sodat haar oë verkoel kon word en sy kon ophou treur. En u het ’n man om die lewe gebring, maar Ons het u van smart verlos, en u op verskeie maniere beproef. En u het jare lank onder die volk van Mede vertoef. Daarna het u, soos verorden is, hierheen gekom

Verse 41 — Surah Ta-Ha 20:41

En Ek het u vir My uitverkies

Verse 42 — Surah Ta-Ha 20:42

Gaan uit, u en u broer, met My tekens, en laat nie na om aan My te dink nie

Verse 43 — Surah Ta-Ha 20:43

Gaan u albei na Farao, want waarlik, hy het oortree

Verse 44 — Surah Ta-Ha 20:44

Spreek sagte woorde met hom; miskien sal hy ag slaan, of vrees

Verse 45 — Surah Ta-Ha 20:45

Toe het hulle geantwoord: Ons Heer! Ons vrees dat hy teenoor ons geweld sal gebruik, of dat hy opstandig sal wees

Verse 46 — Surah Ta-Ha 20:46

Hy het gesê: Moenie vrees nie, want Ek is met julle! ~ Ek hoor, en Ek sien

Verse 47 — Surah Ta-Ha 20:47

Daarom moet julle albei na hom gaan en sê: Ons is waarlik boodskappers van u Heer; laat daarom die Kinders van Israel saam met ons weggaan, en doen hulle geen leed aan nie. Ons het voorwaar aan u ’n boodskap van u Heer gebring; en die vrede rus op hom wat dié leiding volg

Verse 48 — Surah Ta-Ha 20:48

Dit is aan ons geopenbaar dat die straf hom sal agterhaal wat dit verwerp, of wegdraai

Verse 49 — Surah Ta-Ha 20:49

Farao het gesê: Wie is u Heer, o Moses

Verse 50 — Surah Ta-Ha 20:50

Hy het geantwoord: Ons Heer is Hy aan wie alles hul skepping te danke het, en van wie alle leiding uitgaan

Verse 51 — Surah Ta-Ha 20:51

Hy het gesê: Wat is dan die toestand van die vorige geslagte

Verse 52 — Surah Ta-Ha 20:52

Toe het Moses gesê: My Heer teken dit alles in ’n boek aan; my Heer dwaal nie, en vergeet ook nie

Verse 53 — Surah Ta-Ha 20:53

Dit is Hy wat die aarde uitgestrek het, en vir julle paaie daarin gemaak het; en Hy stuur reën uit die wolke neer, waardeur pare van alle plantsoorte voortgbring word

Verse 54 — Surah Ta-Ha 20:54

Eet en laat julle vee wei! Voorwaar, daar is tekens hierin vir mense wat verstaan

Verse 55 — Surah Ta-Ha 20:55

Uit die aarde het Ons julle geskape, en Ons sal julle daartoe laat terugkeer, en daaruit sal Ons julle weer opwek

Verse 56 — Surah Ta-Ha 20:56

Ons het inderdaad al Ons tekens aan Farao getoon, maar hy het dit verwerp en geweier om te glo

Verse 57 — Surah Ta-Ha 20:57

Hy het gesê: Het u na ons gekom om ons deur u towerkuns uit ons land te verdryf, o Moses

Verse 58 — Surah Ta-Ha 20:58

Maar ons kan ook gelykwaardige towerkuns voortbring. Maak daarom ’n afspraak met ons wat óns nie sal breek nie en u ook moet hou, en laat ons op ’n gerieflike plek bymekaarkom

Verse 59 — Surah Ta-Ha 20:59

Moses het gesê: U afspraak sal plaasvind op die dag van die Fees; en laat u volk in die voormiddag byeenkom

Verse 60 — Surah Ta-Ha 20:60

Daarop het Farao teruggegaan, en sy plan beraam, en weer gekom

Verse 61 — Surah Ta-Ha 20:61

Moses het vir hulle gesê: Wee julle! Moenie ’n leuen teen Allah versin nie, anders sal Hy julle deur straf vernietig; hy wat ’n leuen versin, sal altyd faal

Verse 62 — Surah Ta-Ha 20:62

Daarna het hulle met mekaar geargumenteer, en die samekoms geheim gehou

Verse 63 — Surah Ta-Ha 20:63

Hulle het gesê: Hierdie twee is waarlik towenaars wat julle met hulle towerkuns uit jul land wil verdryf en al julle instellings wil vernietig

Verse 64 — Surah Ta-Ha 20:64

Besluit dan oor julle planne en tree in rye na vore; en voorwaar, hy wat die knapste is, sal vandag slaag

Verse 65 — Surah Ta-Ha 20:65

Hulle het gesê: O Moses! Sal u werp, of sal ons eerste werp

Verse 66 — Surah Ta-Ha 20:66

Sy antwoord was: Nee, werp julle. En kyk! hulle tou en hul stokke het, deur towerkuns, gelyk asof dit hardloop

Verse 67 — Surah Ta-Ha 20:67

Toe het Moses vrees in sy hart gekoester

Verse 68 — Surah Ta-Ha 20:68

Ons het gesê: Moenie vrees nie; voorwaar, u sál die oorwinnar wees

Verse 69 — Surah Ta-Ha 20:69

En werp neer wat u in u regterhand hou; dít sal verslind wat hulle voortgebring het. Wat hulle voortgebring het, is slegs die sette van ’n towenaar, en nooit sal ’n towenaar slaag nie, waarvandaan hy ook al kom

Verse 70 — Surah Ta-Ha 20:70

Toe het die towenaars op hulle aangesigte geval, en gesê: Ons glo in die Heer van Aäron en Moses

Verse 71 — Surah Ta-Ha 20:71

Farao het gesê: Glo julle in hom voordat ék julle daartoe verlof gegee het? Voorwaar, hy is die slimme van wie julle jul towerkuns geleer het. Daarom sal ek julle hande en julle voete aan die teenoorgestelde kant laat afsny, en ek sal julle op die stamme van palmbome kruisig, en julle sal met sekerheid weet wie van ons se straf strenger en langduriger is

Verse 72 — Surah Ta-Ha 20:72

Hulle het gesê: Ons kan nie aan u woorde voorkeur gee bo die duidelike bewyse wat aan ons getoon is, en bo Hom wat ons geskape het nie. Besluit derhalwe soos dit u behaag. U kan slegs oor die lewe van hierdie wêreld besluit

Verse 73 — Surah Ta-Ha 20:73

Waarlik, ons glo dat ons Heer ons foute sal vergewe, asook die towery waartoe u ons gedwing het. En Allah is die Allerbeste en Ewige

Verse 74 — Surah Ta-Ha 20:74

Waarlik, hy wat as skúldige na sy Heer kom, vir hom is daar die Hel. Hy sal daarin nie sterf en ook nie lewe nie

Verse 75 — Surah Ta-Ha 20:75

En wie na Hom as gelowige kom, en goeie dade verrig het ~ vir hulle is daar hoë range

Verse 76 — Surah Ta-Ha 20:76

en hulle sal bly in Tuine van Ewigheid waardeur riviere vloei. En sodanig is die beloning van hom wat homself louter

Verse 77 — Surah Ta-Ha 20:77

En Waarlik, Ons het aan Moses geopenbaar: Reis met my die- naars gedurende die nag, en baan vir hulle ’n droë weg deur die see, sonder vrees dat u ingehaal sal word; en moenie bang wees nie

Verse 78 — Surah Ta-Ha 20:78

Daarna het Farao hulle met sy leërskare agtervolg; maar die see het hulle verswelg en heeltemal bedek

Verse 79 — Surah Ta-Ha 20:79

En Farao het sy volk mislei, en geensins reg gelei nie

Verse 80 — Surah Ta-Ha 20:80

O Kinders van Israel! Ons het julle waarlik van jul vyand verlos en ’n verbond met julle aan die regterkant van die berg gesluit en manna en kwartels vir julle afgestuur

Verse 81 — Surah Ta-Ha 20:81

Eet van die goeie dinge waarvan Ons julle voorsien het, en gaan julle daarmee nie te buite nie, anders sal My toorn op julle neerdaal; en hy op wie My toorn neerdaal, sal voorwaar vernietig word

Verse 82 — Surah Ta-Ha 20:82

Maar Ek is sekerlik Vergewensgesind teenoor hom wat berou het en glo en goeddoen en die leiding volg

Verse 83 — Surah Ta-Ha 20:83

En wat het u so haastig van u volk laat weggaan, o Moses

Verse 84 — Surah Ta-Ha 20:84

Hy het gesê: Hulle volg in my spoor, en ek het my tot U gehaas, my Heer, sodat U welbehae in my mag hê

Verse 85 — Surah Ta-Ha 20:85

Hy het gesê: Ons het u volk in u afwesigheid sekerlik beproef, en die Samiri het hulle mislei

Verse 86 — Surah Ta-Ha 20:86

Toe het Moses na sy volk teruggekeer, toornig en bedroef. Hy het gesê: O my volk! Het julle Heer julle nie aangename dinge belowe nie? Het die beloofde tyd dan vir julle te lank geduur, of het julle begeer dat die toorn van julle Heer op julle moet neerdaal, en het julle daarom jul belofte aan my verbreek

Verse 87 — Surah Ta-Ha 20:87

Hulle het geantwoord: Ons het nie uit eie beweging die belofte aan u verbreek nie, maar ons was genoodsaak om die las van die sierade van die volk te dra; daarom het ons dit weggegooi; en so het Samiri ook aan die hand gedoen

Verse 88 — Surah Ta-Ha 20:88

Toe het hy ’n beeld van ’n kalf voortgebring wat ’n loeiende geluid gemaak het, en hulle het gesê: Dít is julle god en die god van Moses, maar hy het vergeet

Verse 89 — Surah Ta-Ha 20:89

Kon hulle dan nie merk dat dit nie in staat is om hulle te antwoord, en dat dit geen voor- of nadeel vir hulle kon bewerk nie

Verse 90 — Surah Ta-Ha 20:90

En Aäron het sekerlik voorheen aan hulle gesê: O my volk! Julle word slegs daarmee beproef; en waarlik, julle Heer is die Barmhartige God. Volg my dus, en gehoorsaam my bevel

Verse 91 — Surah Ta-Ha 20:91

Maar hulle antwoord was: Ons sal waarlik nie ophou om die kalf te aanbid voordat Moses nie eers na ons teruggekeer het nie

Verse 92 — Surah Ta-Ha 20:92

Moses het gesê: O Aäron! Wat het u verhinder ~ toe u sien dat hulle afgedwaal het

Verse 93 — Surah Ta-Ha 20:93

om my te volg? Het u dan my gebod verontagsaam

Verse 94 — Surah Ta-Ha 20:94

Hy het geantwoord: O seun van my moeder! Gryp my nie aan my baard en ook nie aan my hoof nie. Ek was bang dat u sou sê: U het ’n skeuring onder die Kinders van Israel teweeggebring, en nie op my woord gewag nie

Verse 95 — Surah Ta-Ha 20:95

Moses het gesê: Wat was u bedoeling, o Samiri

Verse 96 — Surah Ta-Ha 20:96

Hy het gesê: Ek het bemerk wat hulle nie bemerk het nie; toe het ek ’n handvol stof van die boodskapper se voetstappe geneem en dit weggegooi. So het my siel dit aan my opgedra

Verse 97 — Surah Ta-Ha 20:97

Hy het gesê: Gaan weg! Dit is vir u om in hierdie lewe te sê: Raak my nie aan nie! En aan u word ’n straf belowe wat u nie sal kan ontwyk nie. En kyk na jou god van wie jy gesê het dat hy aanbid moet word. Ons sal dit sekerlik verbrand en daarna oor die see verstrooi

Verse 98 — Surah Ta-Ha 20:98

Slegs Allah is julle Heer; daar is geen god nie behalwe Hy. Hy omvat alle dinge in Sy kennis

Verse 99 — Surah Ta-Ha 20:99

So vertel Ons aan u die nuus van wat voorheen gebeur het. En Ons het inderdaad vir u ’n Vermaning van Onsself gegee

Verse 100 — Surah Ta-Ha 20:100

Wie daarvan wegdraai, sal op die Opstandingsdag sekerlik ’n las dra

Verse 101 — Surah Ta-Ha 20:101

waaronder hy altyd gebuk sal gaan. En sleg sal hulle las wees op die Dag van Opstanding

Verse 102 — Surah Ta-Ha 20:102

die Dag waarop die basuin geblaas sal word; en Ons sal die skuldiges op daardie Dag met blou oë bymekaar bring

Verse 103 — Surah Ta-Ha 20:103

hulle wat in die geheim met mekaar beraadslaag en gesê het: Julle het slegs tien dae vertoef

Verse 104 — Surah Ta-Ha 20:104

Ons weet goed wat hulle antwoord sal wees as die regverdigste onder hulle sou sê: Julle het maar net ’n dag lank vertoef

Verse 105 — Surah Ta-Ha 20:105

En hulle vra u uit aangaande die berge. Sê: My Heer sal hulle soos stof verstrooi

Verse 106 — Surah Ta-Ha 20:106

en daarvan ’n vlakte maak, glad en gelyk

Verse 107 — Surah Ta-Ha 20:107

waarin u geen kromheid en ongelykheid sal bespeur nie

Verse 108 — Surah Ta-Ha 20:108

Op dié Dag sal hulle die Oproeper volg in wie daar geen ongeregtigheid is nie; en die stemme voor die Barmhartige God sal sag wees, sodat u niks anders as ’n dowwe klank sal hoor nie

Verse 109 — Surah Ta-Ha 20:109

Op daardie Dag sal daar geen bemiddeling wees nie, behalwe vir hom aan wie die Barmhartige dit toestaan en met wie se woorde Hy tevrede is

Verse 110 — Surah Ta-Ha 20:110

Hy weet wat voor hulle is en wat ager hulle is, hoewel hulle dit met hul kennis nie kan omvat nie

Verse 111 — Surah Ta-Ha 20:111

En die gesigte sal hulle verootmoedig in die teenwoordigheid van die Lewende, die Selfonderhoudende. En hy wat onregverdig van inbors is, is inderdaad verlore

Verse 112 — Surah Ta-Ha 20:112

En wie goeie werke verrig en ’n gelowige is, hy hoef geen onregverdigheid te vrees nie, ook sal geen beloning wat hom toekom, teruggehou word nie

Verse 113 — Surah Ta-Ha 20:113

Ons het dit as ’n Arabiese Qur’ãn geopenbaar, en daarin duidelike waarskuwings geuiter, sodat hulle teen die kwaad kan waak en dat dit vir hulle as ’n vermaning kan dien

Verse 114 — Surah Ta-Ha 20:114

Verhewe dan is Allah, die Ware Koning. En haas u nie met die Qur’ãn voordat die openbaring daarvan aan u heeltemal voltooi is nie, en sê: O my Heer! Vermeerder my in kennis

Verse 115 — Surah Ta-Ha 20:115

En sekerlik het Ons voorheen ’n opdrag aan Adam gegee, maar hy het dit vergeet; en Ons het in hom geen begeerte tot ongehoorsaamheid gevind nie

Verse 116 — Surah Ta-Ha 20:116

En toe Ons aan die engele gesê het: Prostreer julleself voor Adam, het hulle prostreer, behalwe Iblies; hy het geweier

Verse 117 — Surah Ta-Ha 20:117

Ons het gesê: O Adam! Hy is ’n vyand van u en u vrou. Laat daarom nie toe dat hy julle uit die Tuin verdryf nie, anders sal julle bedroef word

Verse 118 — Surah Ta-Ha 20:118

Voorwaar, dis bestem dat julle daarin nie nakend of honger sal wees nie

Verse 119 — Surah Ta-Ha 20:119

En ook dat julle geen dors sal ken, of nie blootgestel sal wees aan die hitte van die son nie

Verse 120 — Surah Ta-Ha 20:120

Maar die duiwel het hom kwaad ingefluister; hy het gesê: O Adam! Sal ek u na die Boom van Ewigheid lei, en na ’n koninkryk wat nimmer sal vergaan

Verse 121 — Surah Ta-Ha 20:121

Toe het hulle albei daarvan geëet, waardeur hulle naaktheid aan hulle duidelik geword het; en toe het hulle begin om hulself met die blare van die Tuin te bedek. En Adam was sy Heer ongehoorsaam, en hy is teleurgestel

Verse 122 — Surah Ta-Ha 20:122

Toe het sy Heer hom uitverkies en tot hom gekeer, en hom gelei

Verse 123 — Surah Ta-Ha 20:123

Hy het gesê: Gaan julle almal hiervandaan voort, want julle sal mekaar se vyande wees. Maar daar sal sekerlik leiding van My tot julle kom. Wie dan My leiding volg, hy sal nie mislei word of ongelukkig wees nie

Verse 124 — Surah Ta-Ha 20:124

Maar diegene wat hulle daarvan wegdraai, sal in armoede lewe, en op die Dag van Opstanding sal Ons so iemand met blindheid slaan

Verse 125 — Surah Ta-Ha 20:125

Hy sal sê: My Heer! Waarom het u my met blindheid geslaan, terwyl ek voorheen nog kon sien

Verse 126 — Surah Ta-Ha 20:126

Allah sal sê: Ons tekens het na u gekom en u het geen ag daarop geslaan nie. Daarom is u ook op hierdie Dag verlate

Verse 127 — Surah Ta-Ha 20:127

So vergeld Ons die buitensporiges en hulle wat nie in die tekens van hul Heer glo nie. En voorwaar, die straf van die Hiernamaals is strenger en langer van duur

Verse 128 — Surah Ta-Ha 20:128

Is dit dan nie vir hulle duidelik hoeveel geslagte in wie se ou woonplekke hulle nou rondtrek, Ons voorheen reeds vernietig het nie? Voorwaar, hierin is ’n teken vir mense met begrip

Verse 129 — Surah Ta-Ha 20:129

En was dit nie dat u Heer reeds ’n woord uitgevaardig het en ’n termyn vasgestel het nie, sou die straf hulle sekerlik agterhaal het

Verse 130 — Surah Ta-Ha 20:130

Verdra geduldig wat hulle sê, en verheerlik die lof van u Heer vóór die opgaan van die son en vóór haar ondergang; en verheerlik Hom gedurende die ure van die nag en die dele van die dag, sodat u weltevrede mag wees

Verse 131 — Surah Ta-Ha 20:131

En vermoei u oë nie deur te staar na die heerlikheid van die wêreld wat Ons aan verskeie van hulle gegee het om hulle mee te beproef nie. Die voorsiening van u Heer is beter en van langer duur

Verse 132 — Surah Ta-Ha 20:132

En spoor u volk aan tot die gebed, en volhard daarin. Ons vra geen lewensonderhoud van u nie; Ons onderhou u. En die salige einde is vir húlle wat teen die kwaad waak

Verse 133 — Surah Ta-Ha 20:133

En hulle sê: Waarom bring hy ons nie ’n teken van sy Heer nie? Het daar dan nie ’n duidelike bewys na hulle gekom in die vorm van alles wat in die geskrifte vermeld is nie

Verse 134 — Surah Ta-Ha 20:134

En as Ons hulle vóór die koms daarvan met straf vernietig het, sou hulle gesê het: Ons Heer! Waarom het U ons nie ’n boodskapper gestuur nie, sodat ons U tekens kon gevolg het voordat skande en skaamte oor ons gekom het

Verse 135 — Surah Ta-Ha 20:135

Sê: Ons wag elkeen; so moet julle ook wag. Julle sal weldra te wete kom wie op die regte pad is en wie die ware weg volg