Back to Languages

Afrikaans - Chapter 25 - Al-Furqan

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Al-Furqan 25:1

Geseënd is Hy wat die Kriterium na Sy dienaar afgestuur het, sodat hy ’n waarskuwer vir alle volke mag wees

Verse 2 — Surah Al-Furqan 25:2

Hy, aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort, en wat geen seun vir Homself geneem het nie, en wat geen metgesel in die koninkryk het nie, en wat elke ding geskape het en daarna ’n maat daarvoor verorden het

Verse 3 — Surah Al-Furqan 25:3

En hulle neem buiten Hom gode wat niks kan skep nie, terwyl hulle self geskape is, en hulle bewerk vir hulself so geen nadeel of voordeel nie, ook het hulle geen mag oor die dood, of lewe, of die weeropstanding nie

Verse 4 — Surah Al-Furqan 25:4

En die ongelowiges sê: Dit is niks anders nie as ’n leuen wat hy versin het, en ander mense het hom daarmee gehelp. So het hulle inderdaad onregverdigheid en valsheid gebring

Verse 5 — Surah Al-Furqan 25:5

En hulle sê: Dit is fabels van die ou volke wat hy laat afskryf het, en dit word vir hom soggens en saans voorgelees

Verse 6 — Surah Al-Furqan 25:6

Sê: Hy wat die geheim van die hemele en die aarde ken, het dit geopenbaar. Waarlik, Hy is Vergewensgesind, Genadevol

Verse 7 — Surah Al-Furqan 25:7

En hulle sê: Wat se Boodskapper is dit? Hy eet voedsel en gaan op die markte rond. Waarom is ’n engel nie na hom afgestuur om ’n waarskuwer sáám met hom te wees nie

Verse 8 — Surah Al-Furqan 25:8

Of hoekom is daar nie ’n skat aan hom gegee, of ’n tuin waaruit hy kan eet nie? En die kwaaddoeners sê: Julle volg slegs ’n betowerde man

Verse 9 — Surah Al-Furqan 25:9

Kyk net watter gelykenisse hulle vir u voorstel ~ hulle het afge- dwaal, en kan die regte weg nie meer vind nie

Verse 10 — Surah Al-Furqan 25:10

Geseënd is Hy wat, indien Hy wil, u iets beters as dit sal skenk: Tuine waardeur riviere stroom. En Hy sal u paleise gee

Verse 11 — Surah Al-Furqan 25:11

Nee, hulle verloën die Uur, en vir hom wat die Uur verloën, het Ons ’n Brandende Vuur voorberei

Verse 12 — Surah Al-Furqan 25:12

Wanneer hulle die Hel vanaf ’n verafgeleë plek sien, sal hulle haar woede en geraas hoor

Verse 13 — Surah Al-Furqan 25:13

En wanneer hulle aanmekaargeketting in ’n nou plekkie daarin gewerp word, sal hulle om vernietiging roep

Verse 14 — Surah Al-Furqan 25:14

Roep nie net een maal om vernietiging nie, maar roep om vernietiging keer op keer

Verse 15 — Surah Al-Furqan 25:15

Sê: Is dít die beste, of is die Tuine van Ewigheid, wat aan die pligsgetroues belowe word, verkiesliker? Die Tuine is vir hulle ’n beloning en ’n toevlug

Verse 16 — Surah Al-Furqan 25:16

Daarin is ewigdurend vir hulle wat hul verlang. Dit is ’n belofte van u Heer waarna gevra word

Verse 17 — Surah Al-Furqan 25:17

En op die Dag wanneer Hy die ongelowiges en diegene wat hulle buiten Allah aanbid, sal versamel, sal Hy sê: Was dit júlle wat hierdie dienaars van My verlei het, of het hulle self van die regte pad afgedwaal

Verse 18 — Surah Al-Furqan 25:18

Hulle sal sê: Heilig is U! Dit het ons nie betaam om ’n ander beskermer as U te neem nie, maar U het hulle en hulle vaders laat geniet totdat hulle die Aanmaning vergeet het, en hulle het ’n velore volk geword

Verse 19 — Surah Al-Furqan 25:19

So sal hulle julle verloën, sodat julle nóg die kwaad kan afwend, nóg hulp sal verkry. En wie van julle kwaad doen, Ons sal hom ’n swaar straf laat smaak

Verse 20 — Surah Al-Furqan 25:20

En nooit het Ons boodskappers vóór u gestuur nie, of hulle het sekerlik voedsel geëet en op die markte rondgegaan. En Ons maak sommige van julle ’n beproewing vir ander. Sal julle dan geduldig wees? En u Heer is Allessiende

Verse 21 — Surah Al-Furqan 25:21

En diegene wat die ontmoeting met Ons nie verwag nie, sê: Waarom is geen engele na u gestuur nie, of hoekom sien ons nie ons Heer nie? Hulle het voorwaar ’n hoë dunk van hulself, en het met ’n groot beroering opstandig geword

Verse 22 — Surah Al-Furqan 25:22

Op die Dag wanneer hulle die engele sal sien, sal daar geen blye tyding vir die skuldiges wees nie, en hulle sal sê: Laat daar ’n groot versperring wees

Verse 23 — Surah Al-Furqan 25:23

En Ons sal Ons na die werke wend wat hulle verrig het, en sal dit soos stof verstrooi

Verse 24 — Surah Al-Furqan 25:24

Die bewoners van die Paradys sal op daardie Dag in ’n beter woonplek wees en ook ’n beter oord hê

Verse 25 — Surah Al-Furqan 25:25

En op die Dag wanneer die hemel met wolke uitmekaar sal bars en die engele afgestuur sal word

Verse 26 — Surah Al-Furqan 25:26

Die koninkryk sal op daardie Dag tereg aan die Barmhartige behoort, en dit sal vir die ongelowiges ’n moeilike Dag wees

Verse 27 — Surah Al-Furqan 25:27

En op die Dag wanneer die kwaaddoener sy hande sal byt, sal hy sê: O, het ek maar liewers die weg van die Boodskapper gevolg

Verse 28 — Surah Al-Furqan 25:28

O wee! Het ek maar nooit so iemand as vriend1 geneem nie

Verse 29 — Surah Al-Furqan 25:29

Sekerlik het hy my van die Aanmaning laat afdwaal nadat dit tot my gekom het. En die duiwel laat die mens altyd in die steek

Verse 30 — Surah Al-Furqan 25:30

En die Boodskapper sal sê: O my Heer! My volk het hierdie Qur’ãn versaak

Verse 31 — Surah Al-Furqan 25:31

En so het Ons vir elke profeet ’n vyand onder die beskuldigdes gemaak, en u Heer is Voldoende as ’n Gids en ’n Helper

Verse 32 — Surah Al-Furqan 25:32

En die ongelowiges sê: Waarom is die Qur’ãn nie voltooid aan hom geopenbaar nie? So is dit, sodat Ons u hart daardeur kan versterk, en Ons het dit duidelik en geleidelik uiteengesit

Verse 33 — Surah Al-Furqan 25:33

En hulle kan u geen vraag stel nie, of Ons het aan u die waar- heid en die beste uitleg geskenk

Verse 34 — Surah Al-Furqan 25:34

Diegene wat op hulle gesigte in die Hel versamel sal word ~ hulle verkeer in ’n slegte toestand en het ver van die regte pad afgedwaal

Verse 35 — Surah Al-Furqan 25:35

En voorwaar, Ons het aan Moses die Boek gegee, en Ons het sy broer Aäron vir hom as ’n helper aangestel

Verse 36 — Surah Al-Furqan 25:36

Toe het Ons gesê: Gaan julle albei na die volk wat Ons tekens verloën het. Daarna het Ons die volk met ’n vreeslike verwoesting vernietig

Verse 37 — Surah Al-Furqan 25:37

En toe die volk van Noag die boodskappers verloën het, het Ons hulle laat verdrink, en van hulle ’n voorbeeld vir die mense gemaak ~ en Ons het ’n smartlike straf vir die kwaaddoeners berei

Verse 38 — Surah Al-Furqan 25:38

En so ook Aad en Thamoed, en die volk van Rass, en baie ander geslagte tussen hulle

Verse 39 — Surah Al-Furqan 25:39

En aan iedereen van hulle het Ons voorbeelde gegee, en ieder- een het Ons met ’n vreeslike verwoesting vernietig

Verse 40 — Surah Al-Furqan 25:40

En hulle gaan inderdaad by ’n stad verby waarop bose reën geval het. Sien hulle dit dan nie? Nee, hulle verwag die weeropstanding nie

Verse 41 — Surah Al-Furqan 25:41

En wanneer hulle u sien, dryf hulle die spot met u: Is dit hý vir wie Allah as ’n boodskapper gestuur het

Verse 42 — Surah Al-Furqan 25:42

Inderdaad het hy ons byna van ons gode laat afdwaal, was dit nie dat ons so geheg aan hulle was nie. Maar hulle sal weldra te wete kom ~ wanneer hulle die straf bemerk ~ wie die verste van die regte pad afgedwaal het

Verse 43 — Surah Al-Furqan 25:43

Het u hom gesien wat van sy slegte begeertes sy god maak? Sal u ’n bewaker oor hom wees

Verse 44 — Surah Al-Furqan 25:44

Of dink u dat die meeste van hulle hoor of verstaan? Hulle is soos vee; nee, hulle het nog verder van die pad afgedwaal

Verse 45 — Surah Al-Furqan 25:45

Sien u nie hoe u Heer die skadu verleng nie? En as Hy wou, kon Hy dit onbeweeglik gemaak het. Ons het die son ’n aanwysing daarvan gemaak

Verse 46 — Surah Al-Furqan 25:46

Daarna trek Ons dit na Ons, en Ons trek dit langsaam

Verse 47 — Surah Al-Furqan 25:47

En dit is Hy wat die nag as ’n bedekking vir julle gemaak het, en die slaap vir rus; en Hy het die dag gemaak om weer op te staan

Verse 48 — Surah Al-Furqan 25:48

En dit is Hy wat die winde as ’n blye tyding voor Sy genade uitstuur; en Ons stuur suiwer water uit die wolke af

Verse 49 — Surah Al-Furqan 25:49

sodat Ons daarmee lewe aan ’n dooie land kan gee en dit as drank gee aan die vee en aan die baie mense wat Ons geskape het

Verse 50 — Surah Al-Furqan 25:50

En Ons herhaal dit aan hulle, sodat hulle dit kan onthou, maar die meeste mense weier alles, behalwe ondankbaarheid

Verse 51 — Surah Al-Furqan 25:51

En as Ons wou, kon Ons in elke stad ’n waarskuwer laat opstaan het

Verse 52 — Surah Al-Furqan 25:52

Gehoorsaam die ongelowiges dus nie, en stry met die Qur’ãn ’n hewige stryd teen hulle

Verse 53 — Surah Al-Furqan 25:53

En dit is Hy wat die twee waters vry laat vloei, die een soet, baie soet, en die ander souterig, bitter. En tussen die twee het Hy ’n afskeiding, ’n onskendbare vesperring, geplaas

Verse 54 — Surah Al-Furqan 25:54

En dit is Hy wat die mens uit water geskape het en daarna vir hom bloedverwantskap en huweliksverwantskap gemaak het. En u Heer is vir ewig Almagtig

Verse 55 — Surah Al-Furqan 25:55

En hulle aanbid buiten Allah dít wat hulle nóg voordeel nóg nadeel kan bring. En die ongelowige is altyd ’n helper teen sy Heer

Verse 56 — Surah Al-Furqan 25:56

En Ons het u slegs as ’n bode van blye tyding en as ’n waarskuwer gestuur

Verse 57 — Surah Al-Furqan 25:57

Sê: Ek vra julle niks in ruil daarvoor nie, behalwe dat hy wat wil, die weg na sy Heer sal inslaan

Verse 58 — Surah Al-Furqan 25:58

En stel u vertroue in die Ewiglewende wat nie sterf nie, en verheerlik die lof wat Hom toekom. En Hy is voldoende Bewus van Sy dienaars se sonde

Verse 59 — Surah Al-Furqan 25:59

Hy wat die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag gevestig. Vra dus omtrent Hom van iemand wat weet

Verse 60 — Surah Al-Furqan 25:60

En wanneer dit aan hulle gesê word: Prostreer voor die Barmhartige, dan sê hulle: En wat ís die Barmhartige? Sal ons prostreer voor dít wat u ons gelas? En dit laat hulle slegs in afkeer toeneem

Verse 61 — Surah Al-Furqan 25:61

Geseënd is Hy wat die sterre in die hemel gemaak het, en ’n liggewende son en maan daarin geplaas het

Verse 62 — Surah Al-Furqan 25:62

En dit is Hy wat die nag en die dag gemaak het dat die een die ander opvolg, vir hom wat verlang om te onthou of wat verlang om dankbaar te wees

Verse 63 — Surah Al-Furqan 25:63

En die dienaars van die Barmhartige is húlle wat ootmoedig op die aarde wandel, en wanneer die onkundiges hulle aanspreek, sê hulle: Vrede

Verse 64 — Surah Al-Furqan 25:64

En hulle wat prostreer, en staande voor hulle Heer die nag deurbring

Verse 65 — Surah Al-Furqan 25:65

En hulle wat sê: Ons Heer! Keer die straf van die Hel van ons af. Voorwaar, die straf daarvan is ’n voortdurende kwelling

Verse 66 — Surah Al-Furqan 25:66

Dit is waarlik ’n slegte oord en laaste rusplek

Verse 67 — Surah Al-Furqan 25:67

En hulle wat, wanneer hulle spandeer, nóg spandabelrig nóg suinig is. En die regte middelweg is altyd tussen hierdie twee uiterstes

Verse 68 — Surah Al-Furqan 25:68

En hulle wat geen ander god buiten Allah aanroep nie en wat niemand doodmaak nie omdat Allah dit verbied het, behalwe ter wille van geregtigheid, en ook nie owerspel pleeg nie. En wie dít ook al doen, sal die straf van sonde tegemoetloop

Verse 69 — Surah Al-Furqan 25:69

Die straf sal vir hom verdubbel word op die Dag van Opstan- ding, en hy sal in vernedering daarin vertoef

Verse 70 — Surah Al-Furqan 25:70

behalwe hy wat berou het en glo en goeie werke doen; vir hulle sal Allah hulle slegte dade in goeie dade verander. En Allah is altyd Vergewensgesind, Barmhartig

Verse 71 — Surah Al-Furqan 25:71

En hy wat berou het en goeddoen, wend hom sekerlik tot Allah met ’n goeie bedoeling

Verse 72 — Surah Al-Furqan 25:72

En hulle wat nie valse getuienis aflê nie, en hulle wat, wanneer hulle iets boos verbygaan, edelmoedig verbygaan

Verse 73 — Surah Al-Furqan 25:73

En hulle wat, wanneer hulle deur die tekens van hulle Heer gewaarsku word, nie daarby doof en blind neerval nie

Verse 74 — Surah Al-Furqan 25:74

En hulle wat sê: Ons Heer! Maak ons eggenotes en ons kinders tot ’n troos vir ons oë. En maak ons leiers vir diegene wat teen die kwaad waak

Verse 75 — Surah Al-Furqan 25:75

Diesulkes sal met die hoogste plekke beloon word, omdat hulle geduldig is, en daarin sal hulle ontvang word met groete en vrede

Verse 76 — Surah Al-Furqan 25:76

om daarin te vertoef. Uitstekend is die verblyf en rusplek

Verse 77 — Surah Al-Furqan 25:77

Sê: My Heer sou vir julle nie omgegee het nie, was dit nie vir julle gebede nie. Nou het julle die waarheid verloën, en weldra sal die straf jul opgelê word