Hy, aan wie die koninkryk van die hemele en die aarde behoort, en wat geen seun vir Homself geneem het nie, en wat geen metgesel in die koninkryk het nie, en wat elke ding geskape het en daarna ’n maat daarvoor verorden het
En hulle neem buiten Hom gode wat niks kan skep nie, terwyl hulle self geskape is, en hulle bewerk vir hulself so geen nadeel of voordeel nie, ook het hulle geen mag oor die dood, of lewe, of die weeropstanding nie
En die ongelowiges sê: Dit is niks anders nie as ’n leuen wat hy versin het, en ander mense het hom daarmee gehelp. So het hulle inderdaad onregverdigheid en valsheid gebring
En hulle sê: Wat se Boodskapper is dit? Hy eet voedsel en gaan op die markte rond. Waarom is ’n engel nie na hom afgestuur om ’n waarskuwer sáám met hom te wees nie
Sê: Is dít die beste, of is die Tuine van Ewigheid, wat aan die pligsgetroues belowe word, verkiesliker? Die Tuine is vir hulle ’n beloning en ’n toevlug
En op die Dag wanneer Hy die ongelowiges en diegene wat hulle buiten Allah aanbid, sal versamel, sal Hy sê: Was dit júlle wat hierdie dienaars van My verlei het, of het hulle self van die regte pad afgedwaal
Hulle sal sê: Heilig is U! Dit het ons nie betaam om ’n ander beskermer as U te neem nie, maar U het hulle en hulle vaders laat geniet totdat hulle die Aanmaning vergeet het, en hulle het ’n velore volk geword
So sal hulle julle verloën, sodat julle nóg die kwaad kan afwend, nóg hulp sal verkry. En wie van julle kwaad doen, Ons sal hom ’n swaar straf laat smaak
En nooit het Ons boodskappers vóór u gestuur nie, of hulle het sekerlik voedsel geëet en op die markte rondgegaan. En Ons maak sommige van julle ’n beproewing vir ander. Sal julle dan geduldig wees? En u Heer is Allessiende
En diegene wat die ontmoeting met Ons nie verwag nie, sê: Waarom is geen engele na u gestuur nie, of hoekom sien ons nie ons Heer nie? Hulle het voorwaar ’n hoë dunk van hulself, en het met ’n groot beroering opstandig geword
Op die Dag wanneer hulle die engele sal sien, sal daar geen blye tyding vir die skuldiges wees nie, en hulle sal sê: Laat daar ’n groot versperring wees
En die ongelowiges sê: Waarom is die Qur’ãn nie voltooid aan hom geopenbaar nie? So is dit, sodat Ons u hart daardeur kan versterk, en Ons het dit duidelik en geleidelik uiteengesit
En toe die volk van Noag die boodskappers verloën het, het Ons hulle laat verdrink, en van hulle ’n voorbeeld vir die mense gemaak ~ en Ons het ’n smartlike straf vir die kwaaddoeners berei
Inderdaad het hy ons byna van ons gode laat afdwaal, was dit nie dat ons so geheg aan hulle was nie. Maar hulle sal weldra te wete kom ~ wanneer hulle die straf bemerk ~ wie die verste van die regte pad afgedwaal het
En dit is Hy wat die twee waters vry laat vloei, die een soet, baie soet, en die ander souterig, bitter. En tussen die twee het Hy ’n afskeiding, ’n onskendbare vesperring, geplaas
Hy wat die hemele en die aarde en wat tussen hulle is, in ses tydperke geskape het, en Hy is op die Troon van Mag gevestig. Vra dus omtrent Hom van iemand wat weet
En wanneer dit aan hulle gesê word: Prostreer voor die Barmhartige, dan sê hulle: En wat ís die Barmhartige? Sal ons prostreer voor dít wat u ons gelas? En dit laat hulle slegs in afkeer toeneem
En hulle wat geen ander god buiten Allah aanroep nie en wat niemand doodmaak nie omdat Allah dit verbied het, behalwe ter wille van geregtigheid, en ook nie owerspel pleeg nie. En wie dít ook al doen, sal die straf van sonde tegemoetloop
behalwe hy wat berou het en glo en goeie werke doen; vir hulle sal Allah hulle slegte dade in goeie dade verander. En Allah is altyd Vergewensgesind, Barmhartig
Sê: My Heer sou vir julle nie omgegee het nie, was dit nie vir julle gebede nie. Nou het julle die waarheid verloën, en weldra sal die straf jul opgelê word