Back to Languages

Afrikaans - Chapter 42 - Ash-Shura

Translation by Imam M. A. Baker — Permalink

Verse 1 — Surah Ash-Shura 42:1

Verse 2 — Surah Ash-Shura 42:2

Verse 3 — Surah Ash-Shura 42:3

Net so openbaar Allah, die Almagtige, die Allerwyse, aan u; en aan hulle vóór u het Hy reeds openbaar

Verse 4 — Surah Ash-Shura 42:4

Aan Hom behoort alles wat in die hemele en op die aarde is; Hy is die Allerhoogste, die Allergrootste

Verse 5 — Surah Ash-Shura 42:5

Die hemele mag byna uitmekaarbars bo-oor hulle, maar die engele verheerlik die lof van hulle Heer en vra vergifnis vir diegene wat op die aarde is. Waarlik, Allah is die Vergewensgesinde, die Genadige

Verse 6 — Surah Ash-Shura 42:6

En hulle wat beskermers buiten Hom neem ~ Allah waak oor hulle; en u is nie ’n voog oor hulle nie

Verse 7 — Surah Ash-Shura 42:7

En Ons het ’n Arabiese Qur’ãn aan u geopenbaar, sodat u die Moeder van Stede3 en wie in haar omstreke is, kan waarsku, en verdere waarskuwings kan uitreik omtrent die Dag van Versameling waaroor daar geen twyfel kan wees nie. Sommige sal in die Paradys wees en sommige sal in die Brandende Vuur wees

Verse 8 — Surah Ash-Shura 42:8

En as Allah wou, kon Hy van hulle een enkele volk gemaak het, maar Hy laat in Sy barmhartigheid toe wie Hy wil. En die kwaaddoeners sal nóg beskermer nóg helper hê

Verse 9 — Surah Ash-Shura 42:9

Of het hulle beskermers buiten Hom geneem? Maar Allah is die enigste Beskermer, en Hy wek die dooies op, en Hy het mag oor alle dinge

Verse 10 — Surah Ash-Shura 42:10

En waaroor julle ook al mag verskil, die beslissing daarvan berus by Allah. Daarom is Allah my Heer; in Hom stel ek my vertroue, en tot Hom bekeer ek my

Verse 11 — Surah Ash-Shura 42:11

Die Skepper van die hemele en die aarde. Hy het julle in pare geskape, net soos Hy die vee ook in pare geskape het, en Hy laat julle daardeur vermenigvuldig. Niks is soos Hy nie; en hy is die Alleshorende, die Allessiende

Verse 12 — Surah Ash-Shura 42:12

Aan Hom behoort die skatte van die hemele en die aarde; ~ Hy vergroot en verkort die voorsiening in vir wie Hy wil. Voorwaar, Hy het kennis van alle dinge

Verse 13 — Surah Ash-Shura 42:13

Hy het aan julle die godsdiens verduidelik wat Hy Noag opgelê het, en wat Ons aan u geopenbaar het, en wat Ons Abraham en Moses en Jesus opgelê het ~ om die godsdiens in ere te hou en nie verdeeld daaroor te wees nie. Vir die heidene is dit ’n moeilike weg waarnatoe u hulle roep. Allah kies vir Hom wie Hy wil en lei tot Hom wie in berou na Hom kom

Verse 14 — Surah Ash-Shura 42:14

En hulle was nie verdeeld nie behalwe nadat die kennis tot hulle gekom het, en slegs deur selfsugtige afguns onder mekaar. En was dit nie dat ’n woord van u Heer dit voorafgegaan het vir ’n vasgestelde tyd nie, dan was die saak tussen hulle sekerlik al beslis. En diegene wat die Boek ná hulle geërf het, verkeer seker- lik in ’n verontrustende twyfel daaroor

Verse 15 — Surah Ash-Shura 42:15

Nooi hulle dan hiernatoe uit, en wees standvastig soos u beveel is en volg nie hulle slegte begeertes na nie, en sê: Ek glo in dit wat Allah in die Boek geopenbaar het, en ek is beveel om regverdig tussen julle te oordeel. Allah is ons Heer en julle Heer. Vir ons ons werke; en vir julle julle werke. Daar bestaan geen argument tussen ons en julle nie. Allah sal ons bymekaar versamel en tot Hom is die terugkeer

Verse 16 — Surah Ash-Shura 42:16

En hulle wat oor Allah argumenteer nadat hulle Hom onderdanig was, hulle smekinge dra by hulle Heer geen krag nie; daar is toorn oor hulle en daar sal ’n streng straf vir hulle wees

Verse 17 — Surah Ash-Shura 42:17

Dit is Allah wat die Boek met waarheid geopenbaar het, en ook die Weegskaal; wat sal u laat begryp dat die Uur dalk naby is

Verse 18 — Surah Ash-Shura 42:18

Diegene wat nie daarin glo nie wil dit verhaas, en die gelowiges vrees dit, en hulle weet dat dit die Waarheid is. Waarlik, diegene wat redekawel oor die Uur, het reeds ver afgedwaal

Verse 19 — Surah Ash-Shura 42:19

Allah is Genadig teenoor Sy dienaars; Hy gee lewensmiddele aan wie Hy wil; en Hy is die Sterke, die Allermagtige

Verse 20 — Surah Ash-Shura 42:20

Wie die oes van die Hiernamaals begeer, sy oes sal Ons vir hom laat toeneem; maar hy wat na die oes van hierdie wêreld verlang, vir hom gee Ons daarvan; maar in die Hiernamaals sal hy geen aandeel hê nie

Verse 21 — Surah Ash-Shura 42:21

Of het hulle dan afgode wat vir hulle ’n godsdiens voorgeskryf het waartoe Allah geen toestemming verleen het nie? En was dit nie dat die woord van oordeel reeds uitgevaardig is nie, dan sou daar sekerlik nou tussen hulle geoordeel word. En vir die kwaaddoeners is daar gewis ’n pynlike straf

Verse 22 — Surah Ash-Shura 42:22

U sal die onregverdiges sien vrees as gevolg van wat hulle verdien het, en dit sal hulle sekerlik tref. En hulle wat glo en goeddoen, sal in die Tuine van die Paradys wees. Hulle sal by hulle Heer vind alles wat hulle begeer . Dít is die groot goedertierenheid

Verse 23 — Surah Ash-Shura 42:23

Aangaande hierdie dinge bring Allah ’n blye tyding aan Sy dienaars wat glo en goeddoen. Sê: Ek vra julle geen beloning hiervoor nie, behalwe dat julle mekaar moet liefhê. En wie goeie dade doen, Ons sal dit vir hom laat toeneem. Waarlik, Allah is Vergewensgesind, Erkentlik

Verse 24 — Surah Ash-Shura 42:24

Of sê hulle: Hy het ’n leuen teen Allah versin? As Allah dit wou hê, kon Hy u hart teen hulle verseël het. En Allah wis die valsheid uit en bevestig die waarheid met Sy woorde. Voorwaar, Hy weet wat in die harte van mense is

Verse 25 — Surah Ash-Shura 42:25

En dit is Hy wat berou van Sy dienaars aanvaar en hulle bose dade uitwis, en Hy weet wat julle doen

Verse 26 — Surah Ash-Shura 42:26

en Hy beantwoord die gelowiges wat goeie werke doen, en gee hulle nog meer uit Sy oorvloed. En op die ongelowiges wag daar ’n streng straf

Verse 27 — Surah Ash-Shura 42:27

En as Allah die voorsiening vir Sy dienaars vergroot het, sou hulle sekerlik op aarde in opstand gekom het; maar Hy stuur dit af met mate soos Hy dit goedvind. Waarlik, Hy is die Allerbewuste, die Siener van Sy dienaars

Verse 28 — Surah Ash-Shura 42:28

En dit is Hy wat die reën afstuur nadat hulle daaraan gewanhoop het, en Hy versprei Sy barmhartigheid. En Hy is die Vriend, die Lofwaardige

Verse 29 — Surah Ash-Shura 42:29

Een van Sy tekens is die skepping van die hemele en die aarde, en die lewende wesens wat Hy in hulle albei geplaas het. En Hy is Magtig genoeg om hulle bymekaar te versamel wanneer Hy wil

Verse 30 — Surah Ash-Shura 42:30

En watter ongeluk julle ook mag oorkom, dit is wat julle hande bewerk het; maar Hy vergewe baie dinge

Verse 31 — Surah Ash-Shura 42:31

En julle kan nie op die aarde ontsnap nie, nóg het julle ’n enkele vriend of helper buiten Allah

Verse 32 — Surah Ash-Shura 42:32

En een van Sy tekens is die skepe wat soos berge op die see vaar

Verse 33 — Surah Ash-Shura 42:33

As Hy wil, kan Hy die wind stil maak sodat die skepe beweging- loos op die see lê. Hierin is waarlik tekens vir elke geduldige en dankbare persoon

Verse 34 — Surah Ash-Shura 42:34

Of Hy kan hulle laat vernietig omdat hulle dit verdien het, maar Hy vergewe dikwels

Verse 35 — Surah Ash-Shura 42:35

sodat hulle wat oor Ons tekens redekawel, tot insig kan kom. Vir hulle is daar geen toevlug nie

Verse 36 — Surah Ash-Shura 42:36

Wat aan julle gegee is, is slegs ’n voorsiening vir die lewe van hierdie wêreld, en wat by Allah is, is beter en van langer duur vir diegene wat glo en hulle vertroue in hul Heer stel

Verse 37 — Surah Ash-Shura 42:37

en diegene wat die groot sondes en die onwelvoeglikhede vermy, en hulle wat vergewe wanneer hulle kwaad aangedoen word

Verse 38 — Surah Ash-Shura 42:38

en diegene wat na hulle Heer luister en die gebed onderhou, en wie se sake deur wedersydse beraadslaging beslis word, en wat bestee van wat Ons aan hulle gegee het

Verse 39 — Surah Ash-Shura 42:39

en diegene wat hulself verdedig wanneer ’n groot onreg hulle aangedoen word

Verse 40 — Surah Ash-Shura 42:40

En die kwaad sal met die gelyke daarvan vergeld word, maar wie vergewe en versoening begeer, sy beloning is by Allah. Voorwaar Hy het die kwaaddoeners nie lief nie

Verse 41 — Surah Ash-Shura 42:41

En wie homself verdedig nadat hy onderdruk is, teen hulle dan is daar geen verwyte nie

Verse 42 — Surah Ash-Shura 42:42

Verwyte is slegs teen die verdrukkers en wie ten onregte op die aarde wanorde stig. Vir hulle is daar ’n smartlike straf

Verse 43 — Surah Ash-Shura 42:43

En wie dan geduldig is en vergewe ~ dit is sekerlik ’n saak van groot beslissing

Verse 44 — Surah Ash-Shura 42:44

Hy vir wie Allah laat dwaal, sal geen beskermer hê buiten Hom nie. En u sal die kwaaddoeners sien wanneer hulle die straf aanskou, en wanneer hulle sal sê: Is daar dan geen uitkoms nie

Verse 45 — Surah Ash-Shura 42:45

En u sal hulle sien as hulle na die Vuur gebring word: veroot- moedig omdat hulle verneder is, terwyl hulle oë neergeslaan is. En die gelowiges sal sê: Die verloorders is húlle wat hul persoon en hul volgelinge op die Opstandingsdag sal verlooor. Kyk! die kwaaddoeners sal ’n blywende straf ontvang

Verse 46 — Surah Ash-Shura 42:46

En hulle sal buiten Allah geen helpende vriend hê nie. En vir hom wat Allah laat dwaal, sal niemand ’n weg kan vind nie

Verse 47 — Surah Ash-Shura 42:47

Luister na julle Heer voordat die Dag van Allah kom wat niemand kan afweer nie. Julle sal geen toevlug op daardie Dag hê nie, nóg enige kans om te ontken

Verse 48 — Surah Ash-Shura 42:48

Maar as hulle weg draai, dan het Ons u nie as oppasser oor hulle aangestel nie. U plig is slegs om die boodskap af te lewer. En waarlik, wanneer Ons die mens Ons barmhartigheid laat smaak, dan verheug hy hom daarin; maar indien ’n kwaad hulle tref as gevolg van wat hulle eie hande vooruitgestuur het, dan is die mens waarlik ondankbaar

Verse 49 — Surah Ash-Shura 42:49

Aan Allah behoort die koninkryk van die hemele en die aarde. Hy skep wat Hy wil. Hy skenk dogters aan wie Hy wil en seuns aan wie Hy wil

Verse 50 — Surah Ash-Shura 42:50

of Hy skenk hulle sowel seuns as dogters; en Hy maak onvrug- baar wie Hy wil. Voorwaar, Hy is Alleswetend, Allermagtig

Verse 51 — Surah Ash-Shura 42:51

Dit is nie aan die mens toegestaan dat Allah met hom sal praat nie, behalwe deur openbaringe, of van agter ’n sluier, of deur ’n boodskapper te stuur om deur Sy gebod te openbaar wat Hy wil. Voorwaar, Hy is Verhewe, die Allerwyse

Verse 52 — Surah Ash-Shura 42:52

En Ons het aan u deur Ons gebod ’n besielende Boek geopenbaar. U het nie geweet wat die Boek was, of wat geloof was nie, maar Ons het dit tot ’n lig gemaak waardeur Ons leiding verleen aan diegene van Ons dienaars soos Ons wil. En voorwaar u lei na die regte pad

Verse 53 — Surah Ash-Shura 42:53

die pad van Allah, aan Wie alles behoort wat in die hemele en op die aarde is. Nou waarlik, tot Allah is die uiteindelike terug- keer van alle dinge